
Foto: Canva
oreganum
voer my
na Griekse
eilande
na witgekalkte
huisies en
die poet-poet
van bromponies
op stofpaadjies
ek spit die nat
van grond om
in my tuin
dit neem my
na modder
by rivierpoele
waar die
glad van
paddavisse
in my
toegevoude
hande lê
ek kraak die
binneskil
van waatlemoen
dit ruik na
varsgesnyde gras
dit ruik na
Pa en
Saterdagoggende


Kommentaar
Jeanne, jou werk is vir besonders mooi. Hierdie een tref my diep en resoneer. Soveel gesê met so min woorde. Baie dankie dat jy dit deel.
Baie dankie, Willem, ek het groot waardering vir jou kommentaar.