Kommentaar

Ongetiteld

Marina Bessinger 2018-05-12 Pragtige deernisvolle woorde en reference gesig. Weet net daar is baie mense wat wel verstaan en nie oordeel nie. Baie ouer mense, selfs in 70's en 80's weet van en het deernis. Vergewe maar die wat nog nie verstaan nie, die meeste sal nog arrive. Gaan gr

Trompie

Hans Richardt 2018-05-12 Ag tog, nog 'n politieke korrekte ...

Wiskunde: Hersieningsvraestelle vir graad 12 (2015)

Tanya 2018-05-12 Hello het julle dalk 2015 se rekord eksamen vraestele vir wiskunde gauteng provinsie?

Jongleserskompetisie: wenners aangekondig!

Hannatjie Vorster 2018-05-12 Heerlike idee om jong lesers resensies te laat doen. Kan gerus ook vir jong skrywers skryfkompetisie uitloof, maar streng eie werk! Ook oop onderwerp waar leerder sy eie verbeelding kan weergee en nie gebind aan vervelige onderwerpe wat grootmense uitdink

KKNK 2018: ’n Fees van kontraste

André Louw 2018-05-12 Deeglike en omvattende besinning, puik taalgebruik. Riversdal is trots op jou!

Spanners

Charles 2018-05-11 Klepstoters? Dan is 'n double adapter seker ook 'n tweestukaftakkontakdoos. Dis hoe Afrikaans verneder word - hierdie onnosele, onverbiddelike vereiste dat die soepel tong van die liefde ook in alledaagse tegniese taal ingewurm moet word.

Trompie

Raed-na-Gael 2018-05-11 Elke hond, comrade Yuri, het nie sy dag nie. Daar is baie honde, comrade Yuri, wat baie lekker lewe. En Trompie en Trump dien hul mense op 'n unieke wyse.

Leer lees en skryf vir graad 1, 2 en 3 deur Mart Meij: ’n resensie

Elma Visser 2018-05-11 Waar kan ek daarvan kry? Ons is twee vroue met geen onderwysopleiding nie wat kinders by Hoogekraal-skool help om te lees. Ons het geen hulpmiddels nie en het baie uitvalle opgetel. Met dank Elma Visser.

Antieke Griekeland en Rome in Suid-Afrika

Jan Rap 2018-05-11 Wat was die gemeenskaplike kultuur?

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die Afrikaners deur Herman Giliomee

Natie van Vuuren 2018-05-11 Ek het baie uitgesien na Giliomee se boek Die Afrikaners maar is ongelukkig oor die feit dat daar geen woord oor resente gesê is nie, bv geen woord oor die Zuma-era nie. Verstaan mooi, ek is ’n groot bewonderaar van HG en besit seker al sy boeke. Dr

Leer lees en skryf vir graad 1, 2 en 3 deur Mart Meij: ’n resensie

Annatjie van Niekerk 2018-05-11 Dit sal baie help met die kindertjies.Sal graag wil weet waar kan mens dit koop.Sal dit beslis in my skool gebruik.

’n Resep vir leesliefmaak

Christien 2018-05-11 Bravo! My gedagtes tot op die laaste letter.

Ongetiteld

Riekie Human 2018-05-11 Wees net jouself! Het jou gedig vreeslik geniet!

Video en foto's: Bekendstelling van Ingrid Jonker – ’n biografie deur Petrovna Metelerkamp

Petrovna Metelerkamp 2018-05-11 Dankie Simone - en jy laat ook haar naam voortleef!

Pharos Afrikaansgids deur Nicol Faasen: ’n resensie

Mantie Smith 2018-05-11 Is dit by alle boekhandelaars te kry? Hoeveel kos die gids?

Kennisgewing: Bedanking van die besturende direkteur – ATKV-MSW

Breytie 2018-05-11 Dit is die eerste keer dat ek die naam ATKV-MDW sien en in bogenoemde aankondiging blyk dit iets anders te wees as die ATKV. 'n Mens moet dan seker die afleiding maak dat dit die naam is van die nuwe, uiters liberale organisasie. Mag ons weet of die ATKV

Hoekom?

Zhi 2018-05-11 Raed-na-Gael Stem saam met jou sentimente, maar my standaarde is nie so hoog nie. Wyn teen enige prys bly 'n bargain.

Raaisel twee

Zhi 2018-05-11 Dagsê Uiteenlopende karma sal ek sê ... indien ek verkeerd is moet ons maar die Gode (geen spelfout; dat hoofletters gebruik nie, want myns insiens is al die Gode geregtig op gelyke behandeling) soos die God, Allah, Brahma en al die ander Gode nader vi

Trompie

Zhi 2018-05-11 Ironies somtyds is dat die volgende president gaan sit met die gebakte pere wanneer die gort behoorlik gaar is en die mense se moere suur is. Terloops Trump laat my baie dink aan die strokiesfiguur Richie Rich (alhoewel ek die seuntjie as gaaf en vriende

Antieke Griekeland en Rome in Suid-Afrika

Zhi 2018-05-11 Salvé Die EU en die RR is/was/sal nie 'n paradys wees nie, maar ten spyte van struwelinge, grensgevegte (die Romeine het voortdurend grensprobleme en interne onluste belewe) etc bly die sosio-politiese orde nogtans voortbestaan. Owergesetsynde; die stru

Trompie

Gerhard Venter 2018-05-11 Het jy ooit die Trompie-boeke gelees? Hy was 'n ondernemende knaap met leierseienskappe en wat omgegee het vir ander mense. Hy was glad nie soos die selfbehepte Trump nie.

Graad 11-wiskundevraestel: vraestel 1

LitNet 2018-05-11 Hallo! Kyk na hierdie indeks - al die verskillende grade word hierop aangedui: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/ Graad 12 is onderaan die lys; kyk watter materiaal is alles hier beskikbaar! Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet 2018-05-11 Hallo Petro, blaai gerus deur hierdie lys - die vraestelle is ingedeel volgens graad. As die vraestelle waarna jy op soek is nog nie by LitNet se inhoud gevoeg is nie, kan jy hierdie indeks dophou. Ons voeg spoedig nuwe inhoud by! Groete, Naomi Meyer, inh

Rympies vir kleintjies en kleuters, saamgestel deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit

LitNet 2018-05-11 Hallo Elsie, hier is 'n skakel na nog inligting omtrent die boek waaroor die resensie hierbo handel: http://www.nb.co.za/Books/20137. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

Jongleserskompetisie: wenners aangekondig!

Michiel 2018-05-11 Goeie idee om kinders boeke te laat recenseren.

Confessions oor kerkwees deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk

Matt Heyns 2018-05-11 Die ewige waarhede is die mensdom nie beskore nie. Ons dans om 'n vuur en verbeel terwyl ons met blatante publieke leuens aflate insamel om ons leefstyl te finansier. Nie waar nie?

Spade Reën Sending (Blourokke)

Moria 2018-05-11 Spade Reën het my in my donkerste uur wysheid, kennis en insig gegee. Ek self staan in die amp van die profeet en dis vir my wonderlik om Christus se werk uit te dra. Die lig is inderwaarheid ’n veilige hawe. Ek het ook eers aan die begin vinger gewys

Wat elke skrywer moet weet: Laster en die skending van persoonlikheidsregte

Zesta Vorster 2018-05-10 Baie dankie, PEN Afrikaans en LitNet! Uiters insiggewend, duidelik - en noodsaaklik om te weet!

Wonderlus: ’n filmresensie

Johanna 2018-05-10 Ek het die fliek baie geniet. Ten minste word die Here se naam nie gebruik nie. Dit is 'n groot pluspunt.

Leer lees en skryf vir graad 1, 2 en 3 deur Mart Meij: ’n resensie

Anna Wicomb 2018-05-10 Ek stel belang.Ek glo ons kinders sal beslis baat vind by die werkboekie .Baie dankie

’n Taalplan vir Afrikaanse skole: ’n reaksie

Hans Richardt 2018-05-10 Theuns en FW kan maar hul agtergeblewe Afrikaanse skole self finansier. Ek het ook nou genoeg van politieke korrektheid.

Joernalistieke pogings tot vrede deur geregtigheid

Estelle Kruger 2018-05-10 Wat 'n voorreg en inspirasie was dit om in Willem de Klerk se klasse te wees, voorgraads in Filosofie sowel as nagraads in Sielkunde honneurs by PU vir CHO.

Hoe maak jy jou kind lief vir lees? Wenners aangekondig!

LitNet 2018-05-10 https://www.litnet.co.za/hoe-maak-jy-jou-kind-lief-vir-lees-ouers-deel-hul-wenke/

Winnie Mandela se dood ontbloot ons almal se donker kant

Stuiwer 2018-05-10 Ek glo hoegenaamd nie in heldeverering nie, dus het ek geen sielewroeging oor die geleenthede waar die 'engel' sy of haar vlerke deur die roet gesleep het nie. Party mense gaan so op in die gebruik dat dit later word: My held is tog beter as jou held.

Pharos Afrikaansgids deur Nicol Faasen: ’n resensie

Rina 2018-05-09 Ek hou van Afrikaansgids, soos ook van Engelsonderwyser (die vak is "Engels", nie "Engelse" nie). 'n Afrikaanssprekende onderwyser kan 'n Afrikaans- of Engelsonderwyser wees!)

Video en foto's: Bekendstelling van Ingrid Jonker – ’n biografie deur Petrovna Metelerkamp

Simone 2018-05-09 Fantastiese werk Petrovna. Weereens dankie en wel gedaan!

Darling Collection word dARTling

Pat Beckman 2018-05-09 Dit was vir my 'n wonderlike ervaring. Kan nie glo dat talent so verborge kan wees nie. Wel gedaan Laura en jou span. Julle het werklik mense laat uitstyg.

Hoe maak jy jou kind lief vir lees? Wenners aangekondig!

Martelize Faber 2018-05-09 Waar kan ons sien wat hulle raad was?

Kasterolie

Reusedwerg 2018-05-09 Ek ken nie van kasterolie nie. Ek ken van Borstol, en paragora en witdulsies. Wintergreen (Vicks en Camphor cream). Moenie van Horses Liniment and abrocation vergeet nie. Die medisyne was aan die orde van die dag. Jy het dit gedrink of gedooi.

’n Resep vir leesliefmaak

Wynand 2018-05-09 Excellent stuff ... welgedaan mev Vorster.
Top