- Lees meer oor Nama in die LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel, “Afrikaans as lingua franca in Namibië, ca 1800–1920” (Gerald Groenewald, 2010).
Die afgelope naweek was die “Khoekhoegowab in die kollig”-gesprek gehou by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands. In ’n gebou wat voorheen bekend gestaan het as die “Huis den Nederland”. En dit is nogals iets histories dat daar op hierdie dag en plek in diepte sou gepraat word oor die “revival” en “reclamation” van ons Khoetale by ’n plek waar mense hulself beywer vir die voortleef van die Nederlandse en Vlaamse tale en kulture in Suid-Afrika. En tog: al het ons dieselfde doel, is dit ook waar die similarities end, want ons het nie naastens die support wat ons wou hê nie. Ek betree die gebou met ’n bietjie jaloesie dat ons Khoe-mense nie self so ’n struktuur het nie. Vir dié wat nog nie die SASNEV-gebou besoek het nie, maak gerus ’n draai.
Hierdie vergadering, wat gefasiliteer word deur die !Alom Aboriginal Customary Council, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is hoekom ons hier is, want een van die eerste dinge wat die koloniale tog gedoen het, was om die inheemse mense van hulle tale en kulture te beroof. Ons ǂGūrokam Khoen of Eerste Nasie was no exception.
En hier is ons nou. En die Afrikaanse Taalraad, verteenwoordigend van ’n klomp Afrikaanse organisasies, is saam in gesprek om ons Khoetale terug te vat. Het Afrikaans, of dié met die resources, ’n verantwoordelikheid teenoor ons Khoetale? Ek dink so.
En jy begin so ’n dag en wonder net dat dit nou al 23 jaar is na Suid-Afrika se eerste democratic elections, en dat daar nog steeds nie een Khoetaal as amptelike taal erken word nie. Dat in Afrika-maand, word die taal wat tog meer Afrika is as enige ander, steeds nie erken, asook wat nou gedoen word, nie.
Ek kyk toe na die mense wat teenwoordig is en onthou gou die iets wat die persoon die ander dag gesê het: dat “ons moet ophou praat met onsself” (met verwysing na akademici en hulle gesprekke).
En ek scan toe nou die kamer, want veral in sulke kontekste vind jy dikwels dieselfde mense in dieselfde gesprekke, wie hulself repeat.
Kuru of bou mens dan ’n movement as jy dit in sirkels bou, as die sirkel nooit deure create vir ander mense om in te kom nie? En ek remind myself tog van die gebou wat nooit gebou was vir ons nie, maar tog gebou was met die sweet van ons Khoe en slaafmense, waar die deure nooit oop was vir ons nie, tot nou.
Ek was excited om te luister na Mr Pedro Dausab, Khoekhoe-taalkundige en persoon wat die “Leer jouself Nama”-boekie (uitgegee deur die Wes-Kaapse regering) saamgestel het.
Hy kom dus met ’n wêreld van ervaring oor die Khoekhoetaal. Hy is iemand wat die Khoekhoetaal van geboorte af al praat, en dit was great om finally hierdie oom te ontmoet.
Sy talk sluit dan sy evaring van die Khoekhoetaal in, dat hy vir die eerste keer op 11-jarige ouderdom aan Afrikaans expose was. Hy het ook gepraat oor apartheid se effects in Namibië en hoe Namas, ’n Khoekhoegroep, geskei was van “kleurlinge” (waar, volgens my, “kleurlinge” vandag in Namibië, Suid-Afrika en Botswana steeds voel dat hulle beter is as Namas weens die segregation, even though hulle dieselfde bloed het) en hoe Namas maar sleg geskool was deur die system, ook hoe Christian missionaries hulle geteach het.
Hy vertel ook die een hartseer storie van hoe ’n onderwyser aan sy hare gevat het om vas te stel of hy nou Nama is of geklassifiseer kon word as ’n “kleurling”, en ook hoe families opverdeel sou word in die proses. Hierdie segregation duur steeds violently voort in ons communities.
Ek glo ons moet altyd luister na ons “elders”, en daar was ’n paar goed waarmee ek 100% saamgestem het, en ’n paar goed waarmee ek nie kon saamstem nie. Maar ek kom later by dit.
Dan was daar ook Chief Karel King. Nou enigeen wat my ken, weet ek is nie gaande oor die Chiefs en Kings nie. Ek en baie ander glo dis nou tyd vir nasiebou en vir kawakawas of restoration van ons tale, kulture, identiteit en menswees. Ons het nie nou tyd om mense op ’n pedestal te sit nie. Die issues is te groot en te veel om nou nog vasgevang te word in ego en search vir power.
So ek respect dan die oom. Hy het iets profound gesê: daar moet geleer word om die knowledge te deel, so as jy iets leer moet jy nie wag om dit eendag aan ander te leer nie. Of totdat jy capable is – teach dit onmiddellik. Hy het so ’n “pay it forward”-konsep wat ek nogals like en saamstem dat dit moet gebeur.
En ek was ook fortunate om so ’n presentation te doen. Dit was net om te emphasise dat geen universiteit of government institution navorsing doen oor inheemse gemeenskappe se “language loss” nie. Ook nie wat die nagevolge in gemeenskappe is wie nie hul voorouers se tale praat nie: dat dit lei tot increased selfmoordneigings, geweld en dwelmmisbruik weens die waardes wat verlore gaan. Maar dit was ook om te emphasise dat Afrikaans en dié wie die invloed en resources het in Afrikaans en die kerk ook ’n rol moet speel om ons Khoetale terug op ons tonge te sit.
Hoe sou die Christian missionaries dan vir die “bosjesmannen” kinders van God maak as ons hulle nie kan verstaan nie?
Agterna was ons in kleiner groepe opverdeel. Elke groep is gevra om te praat oor die rol vorentoe itv die verkiesing van ’n interim committee, die doel van die committee, ens.
En in die groepie het die vraag opgekom wat die taal genoem moet word in Suid-Afrika. Die twee ouer Nama-ooms wil dit die Nama-taal noem, en ek sê ons kan dit nie die Nama-taal noem nie. Suid-Afrika is nie in Namaland waar Nama, tog nie dialek van Khoekhoegowab, gepraat word nie. Ons kan nie toelaat om dit die Namas se taal te noem nie, want dan sluit ons al die ander Khoekhoegroepe, soos die Attequa, die Haisequa, die Outeniqua, die Inqua, die Gorinaiqua, die Chainoqua, die Sonoqua, die Cochoqua en ander uit wat ook hierdie Khoetaal gepraat.
Tog, as ons gemeenskappe Khoekhoegowab praat, sal ons nie die Namataal praat nie; ons gat Khoekhoegowab vat en iets eie aan ons maak. Selfde hoe Afrikaanssprekendes mekaar kan verstaan, want ons praat almal Afrikaans, maar oppie Cape Flats, Boland, Karoo is daar iets kwai en different wat gedoen word met die taal: dit wat eintlik die taal lewend hou, wat eintlik die taal laat groei, en dis presies tog wat gaan gebeur.
Toe word ’n interim committee gekies. En van die begin af het ek sterk gevoel dat Khoevroue ons Khoetale moet push. By wie leer jy dan immers taal? Jou ma of jou pa?
En ook: ons moet jeug involve by ons Khoetale. Jeug is immers die toekoms van ons Khoetale. Ek was toe baie gelukkig dat die committee bestaan uit sterk taras of Khoevroue asook jeug. Beslis die hoogtepunt van die dag.
Kai gangans dan weer aan die sterk Khoevroue wat ons almal bymekaar gebring het, vir Estelle le Keur van !Alom Aboriginal Customary Council en Ria Olivier van die Afrikaanse Taalraad en ook almal wat gekom het.
All in all is ek excited virrie pad vorentoe. Ons leer van die verlede en ons laat dit ons harder push vorentoe. Hierdie committee glo ek sal ons vorentoe push.
Lees ook
https://www.litnet.co.za/indigenous-khoisan-languages-interview-menan-du-plessis/
https://www.litnet.co.za/ont-taling/
https://www.litnet.co.za/wie-ons-sonder-ons-tale/
https://www.litnet.co.za/wat-n-land-haar-moedertale-nie-erken-word-nie/
https://www.litnet.co.za/n-eersteklas-byeenkoms-vir-suid-afrika-se-eerste-nasie/
Kommentaar
Geagte mnr Breda,
Ek het respek vir mense wat hul moedertaal vertroetel en uitbou. Jy is reg met jou gevoel dat die Khoevroue die Khoetaal moet "push". Maar vergeet nie die Khoe-oumas nie.
Die Khoekhoegowab se tyd is inderdaad nou. "Just do it." Voorspoed en mag enigeen, ongeag afkoms en kultuur, wat 'n liefde het vir die Khoekhoegowab, dié taal vrylik gebruik sonder die nodigheid van wetgewing nie. Die liefde vir Khoekhoegowab moet uit die hart kom, nie wetboeke nie.
!Alom Aboriginal Customary Council - hoekom is die naam Engels?
Mnr Breda se stuk is vrot van die Engels.