Kom kook en geniet op kykNET

  • 19

Kook en geniet het geen bekendstelling nodig nie. Dié eg Suid-Afrikaanse kookboek, wat ook die grootste verkoper in ons land se geskiedenis is, kry nuwe lewe en sal vanaf 5 Julie as ’n reeks op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai word.

Ons verwelkom ook vir Lise Swart terug op kykNET as aanbieder van hierdie watertandreeks wat voorgesit word deur die gesoute vervaardiger Riaan Badenhorst (Boerekos) en Blixem Produksies. Lise hou van onopgesmukte, eerlike kos en is van nature nuuskierig. Sy is dus die ideale aanbieder om kykers op hierdie nuwe Kook en geniet-avontuur te vergesel. Sy gaan weekliks by verskillende mense aanklop om resepte en wenke uit dié boek, wat sedert 1951 elke kook-entoesias, sjef en amateurkok met meer as 700 beproefde resepte inspireer. Kykers sal ook vir Eunice en Heleen, die dogters van die bekende Kook en geniet-outeur SJA de Villiers, ontmoet.  

Dit is vir kykNET ’n voorreg om dié ikoniese resepteboek se geskiedenis weer nuwe lewe te gee in ’n reeks waar almal die storie van SJA de Villiers kan aanhoor. Lise sien uit daarna om haar kookvernuf op te skerp, aangesien sy nou self ’n Kook en geniet besit.

“Ek is nie ’n voorslag in die kombuis nie. Inteendeel was dit nog altyd vir my ’n duistere wêreld, maar selfs ék besit ’n Kook en geniet wat my ma vir my present gegee het. So in my beperkte kos-kosmos is ek deeglik bewus van hoe bekend en verreikend Kook en geniet is. Om dan nog die persoon te wees wat die storie agter hierdie boek te moet vertel, is niks minder as ’n eer nie. Wat kykers wel na kan uitsien, is hoe ongelooflik SJA de Villiers se storie is!”

Kook en geniet: Woensdae op kykNET, DStv kanaal 144, vanaf 5 Julie 2017.

Klik hier vir ’n voorsmakie van aanbieder Lise Swart agter die skerms tydens verfilming.

Gesels saam:

#KookenGeniet

Facebook: @kyknet @kykNETkie @kykNETNOU 

Twitter: @kykNETtv @kykNETNou

Instagram: @kyknettv @kyknetnou

  • 19

Kommentaar

  • Estelle Coetzee

    Dankie vir die ou herinneringe. Ek het ook `n Kook en geniet, lyk my dit is die 1992 hersiene druk. Dit is `n groot bruin boek, nie `n kort vette nie. Voorop staan “50 goue jare” en ek het gaan loer of een van die resepte wat julle bespreek het daarin is (Kent se kerrie) en ek kon nie glo dat ek dit nog nie gemaak het nie, want ek is lief vir kerrie.
    Groete
    Estelle

    • Hi, ek soek ook asb daai resep van die tert met die tennisbeskuitjies wat in lae gepak word ...

  • Ek soek die resep vir die tert wat hulle gemaak het op die program wat heruitgesaai is op 28/07. Jy maak lae van tennisbeskuitjies en 'n tipe vla, amper soos 'n Jode-tert.

  • Sal graag Heine se gesondheidskoekie se resep wil hê wat vanaand op kook en geniet was. Dankie.

  • Hallo daar was op 15 Augustus n frikkadelresep wat Mev Niehaus gemaak het. Waar kan ek dit kry asb?

  • Sonja Campbell

    Please help me I am looking for the recipe of the souttert of 19 September KykNet programme. The Teeparty. Can you please help me?

  • Jaretha van der merwe

    Ek soek die resep wat 'n boekklub van Stellenbosch op die program gemaak het. Ontbeende varknekrol.

  • Estelle Coetzee

    Ek wil net graag weet of Kook en Geniet nog uitgesaai word. Hoe laat, watter dag, en watter kanaal?
    Kook en Geniet-groete
    Estelle Coetzee.

  • Marieta spies

    Ek sal graag die resep van die ou vrou onder die kombers en ook die soet patats wil hê.

  • Hi Dagse Kook en geniet span hoop dit gan goed.

    Ek is Godfrey Davids 36 van die Paarl. Ek wou graag geluister het of ons na nog n seisoen van kook en geniet kan uit sien in die toekeoms. Ek was no op die webwerf, en sien dat die show 2017 laas op die lug was. Ek myself n kos liefhebber hou van sulke programme en veral Suid afrikaanse programme. Ek het al twee kom ons braai's op Via gewen en het al saam met Chris Smit van geure uit die valley n episode gedoen. So sien uit om van julle te hoor.

    Friendelike Groete

    Godfrey Davids

  • Prof. Ina Fritz

    Help asb. Ek weet Kook en Geniet word uitgesaai op kanaal 144...
    Watter dag van die week en watter tyd van die dag ?
    Baie dankie en seënwense.
    Amper vergeet ek. Die resepte op TV, watter jaar "druk" gebruik u?

  • Hanlie Lancaster

    Goeienaand. Ek ken “Japie se gunsteling” al vandat ek klein dogtertjie was. My ma het dit graag gemaak. Dis nog altyd my gunsteling. Maar myne maak nie daardie lekker vla-lagie onderin nie. Ek sien julle het Woensdagaand ’n dieper bak gebruik. Ek gebruik gewoonlik ’n vlak Pyrex-bak. Kan dit die probleem wees? Ek hoor graag van u. Groete.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top