
Deurmekaarlaai
In my ouma se kombuis
onder die gemmerkoekies en die nartjiebak
was ’n skatkislaai vol dit en dat
dié en daai
al ons goedjies na ons laaste vertrek
in en om die huis gevind
Dís hoe ek voel
Melkkoepons, skroefies en
tolletjiebrei. Meccano-parte
elektronika, tol en tou
deur die nefies daar vergeet
en ’n skêr (nie die naaldwerk ene nie)
Ek het my lessenaarlaai omgekeer
en dek vir my ’n nagmaal daarin neer


Kommentaar
Pragtig!
Mooie eenvoud.
Pragtig geskryf.