Kommentaar

Terugblik op 60: Wat wou ek hê?

Shirley Rose Feris 2018-05-15 Amen Marita, "to love and be loved" is ook my 62-jarige self se vervulde wens. Allerbeste wense op jou sestigste; baie dankie vir ure se leesgenot. Mag jy nog daardie oopdakkar ry en die blues in New Orleans beleef.

Wat elke skrywer moet weet: Publikasie-ooreenkomste met uitgewers

Anna S Ahllers 2018-05-15 Outeursreg is belangrik, maar hoeveel tyd moet 'n skrywer 'n uitgewer gee voordat daar uitsluitsel verwag kan word of die roman (of wat ook al) aanvaar is vir publikasie? Is 18 maande 'n redelike tydperk om 'n antwoord te verwag nadat ontvangs van die man

Terugblik op 60: Wat wou ek hê?

Estelle Neethling 2018-05-15 Ek het my verkneukel aan Marita se heerlike 'getuienis' tot liefde vir die lewe by die aanbreek van haar mylpaal.

Kalmte in die malle gejaag deur Johannes Bertus de Villiers

Henrietta 2018-05-15 Wat n fantasies boek. Ek slurp elke bladsy op. Hy least my taal.

Kos wat jou na jou huis laat verlang: Dine van Zyl gesels oor Die Groot Boerekos-boek

Lourens 2018-05-15 Hi Dina, ek het groot respek vir jou kos. Jy wonder nie, jy weet en kan beslis daai lekkerte uit kos haal. Mag ek jou ’n tip gee. As jy kerrievis maak sit altyd jou vis velkant bo in die warm olie. As jy velkant onder sit krimp jou vis inmekaar en sal

Die DA-De Lille egskeiding: wat gaan dit ons kos?

Annette 2018-05-15 Dit is so perfek gestel.

Evolusie, die leuen

Ernst 2018-05-15 Dr Kent Hovind beskryf evolusioniste as "stupid". Ek dink nie hulle is "stupid" nie, maar gaan slegs tekort aan 'n totale onvermoë om logika en feite (Lw FEITE) te begryp - of te wil begryp. Die FEITE synde die onbewysbare "feite" van die evolusieteorie.

Kunsmatige intelligensie

Reusedwerg 2018-05-15 Hans ek hou van jou vergelyking. Dit klink vir my na die KI waarna jy verwys. Die eindproduk is moontlik dieselfde, maar die metodiek om daar te kom nie so lekker nie. Geen wonder die koeie loop rond met sulke laaaang gesigte nie.

Ongetiteld

Gustaf Claassens 2018-05-15 Braaf en bevrydend is hoe jy behoort te voel. Die lewe is daar om geleef te word vir wie en wat jy is. Doen dit met oorgawe. Wat die klomp idiote betref wat ongevraagde opmerkings maak; ag, hulle moer man!

Antieke Griekeland en Rome in Suid-Afrika

Zhi 2018-05-14 Wat nog steeds die gemeenskaplike kultuur van Europa is, is dit (sonder om nou onnodig in kleiner besonderhede in te gaan) wat Europa saambind om die EU daar te stel. Dit is weliswaar so dat daar krake is maar in die groter geheel verkeer die mense vreeds

Jong lesers: Onderwêreld deur Fanie Viljoen

Joe Cloete 2018-05-14 'n Meelewende resensie wat die essensies van Onderwêreld mooi vasvat. Dit voldoen absoluut aan die vereistes van ’n goeie resensie deurdat dit die leser prikkel sonder om te veel weg te gee en so die pret van selfontdekking te bederf. Sien uit daarna o

Kunsmatige intelligensie

Hans Richardt 2018-05-14 Ek is bang om dit KI te noem. Dit kan dalk verwar word met morsige kunsmatige inseminasie van koeie ...

Oor Die ware naarheid

Reusedwerg 2018-05-14 Dylan en Marie, ek is bly vir julle. Geniet die program. Lekker kyk vir julle tweetjies en andere.

Kunsmatige intelligensie

Reusedwerg 2018-05-14 Ek hoor vanoggend oor die draadloos daar is 'n gesprek oor kunsmatige intelligensie. Daar is 'n insetsel gespeel van 'n soekenjin wat 'n haarafspraak maak vir iemand. Help my nou reg. Ek is tien teen een verkeerd met my aanname oor kunsmatige intelligensi

Wonderlus: ’n filmresensie

Rolani 2018-05-14 Ek is op soek na al die fliek se liedjies, kan iemand my asb help daarmee?

Graad 6-wiskundevraestel: kwartaal 1 en 2

LitNet 2018-05-14 Goeiedag! Ons voeg spoedig nuwe vraestelle by van al die vakke waarvoor ons oefenvraestelle in die hande kan kry. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

Graad 8-wiskundevraestel: Junie-eksamen

Corrie Gates 2018-05-14 Baie dankie ek waardeer dit dat baie dat ek nou die vraestelle vir die klein kinders kan aflaai.

Egskeiding: Is ek geregtig op my eks-man se pensioengeld?

Antoinette 2018-05-14 Hoop julle kan my help. Ek wil skei, maar my man is op pensioen en ons is binne gmeenskap van goedere getroud. Ek eis teen sy pensioen.

Trompie

Hans Richardt 2018-05-14 Reusedwerg, goed gestel. Suid-Afrikaners het in Mandela-era aan grootheidswaan begin ly. SA se sg grondstowwe is deur Britte uitgeput. SA het weinig militêre strategiese waarde, nadat Reagan-regime se volmag-oorlog in Angola verby is. Daarby voel Trump o

Graad 6-wiskundevraestel: kwartaal 1 en 2

petro niemand 2018-05-14 Ek soek Junie 2017 se vraestelle vir natuurwetenskap en tegnologie asb.

Video en foto's: Bekendstelling van Ingrid Jonker – ’n biografie deur Petrovna Metelerkamp

Ronel Dunn 2018-05-14 Petrovna, weet jy van die keer toe Ingrid uit die see by Drieankerbaai gered was deur 'n polisieman van Seepunt-polisiestasie? Sy naam was Patric (Pat) Pietersen. Pat het ongelukkig op die grens gesterf.

Wiskunde: Hersieningsvraestelle vir graad 12 (2015)

LitNet 2018-05-14 Hallo Tanya, hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dis ingedeel volgens graad. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

Leer lees en skryf vir graad 1, 2 en 3 deur Mart Meij: ’n resensie

LitNet 2018-05-14 Hallo Dalorice, ek stel voor dat jy die uitgewer direk kontak. Hier is die besonderhede: http://www.bestbooks.co.za/contactus. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

Pharos Afrikaansgids deur Nicol Faasen: ’n resensie

LitNet 2018-05-14 Hallo Mantie, hier is nog inligting rondom die boek: http://www.pharos.co.za/. Dit lyk my bestellings word deur die volgende groepe hanteer: http://www.pharos.co.za/Orders/. Ek dink verder dat jy by enige goeie boekwinkel hieroor sal kan navraag doen en h

Ongetiteld

Theola Hector 2018-05-14 Wow Talentvolle jongman, so trots op jou Mon-Lee! Daai glimlag is wat ek nog altyd by jou raak gesien het. Stunning. Remember God made you and accept you for who you are.

Hoe veilig is ons bejaardes?

Corrie van der Laan 2018-05-13 Ons het 35 jaar op ’n plot gewoon, Maar toe ons 73 jaar is besef ons, dit is gevaarlik vir ouer mense om so alleen op ’n plot te bly. Hartseer besluit ons toe om die plot te verkoop en in Montana-aftreeoord ((Pretoria) ’n huis te koop. Baie dankbaar

Ongetiteld

Tamaryn 2018-05-13 Jy is soveel meer as jou omstandighede ... baie trots op jou! My hart se punt. My motivation!

Wat elke skrywer moet weet: Publikasie-ooreenkomste met uitgewers

Robert Sadler 2018-05-13 Dit is 'n goeie oorsigtelike opsomming, maar bevat ook verskeie aannames rakende die uitgewersbedryf wat nie noodwendig vanselfsprekend is nie.

Raaisel twee

Reusedwerg 2018-05-13 Jan ek dink dit gaan hier oor skuldgevoel. Wie van die twee het die grootste skuldgevoel. Dit laat my dink aan 'n Churchill-gesegde: "if you are 20 and not a liberal, you have no heart. If you are 40 and not a conservative you have no brain."

Trompie

Reusedwerg 2018-05-13 Politiekery en die media is soos vinkel en koljander. Trompie soos jy beweer is die vark in die verhaal van die Amerikaners of die vrye Westerse wêreld. Ek verskil van jou oor sy (Trompie) mislukkings en suksesse. Obama is nie eers werd om genoem te word

Ongetiteld

Glodina Taylor 2018-05-13 Hoe wreed is die mense en die lewe!😢

Hoe veilig is ons bejaardes?

Jan Farmer 2018-05-13 Dis bly vir my absoluut onverstaanbaar dat menselewens wat so kosbaar is, so maklik sommerso beëindig word, so asof hulle netnoumaartjies weer sal wakker word. Hoekom ouer mense wat meestal waardig probeer lewe en weerloos is, teiken? Gemeenskappe, veral

Ongetiteld

Jeanette 2018-05-13 Here,wat doen mense aan mekaar? Karakter moet al maatstaf wees - seksuele oriëntasie is 'n natuurlike gegewe. Amal oordeel nie - wees jouself, jy kan dig.

Leer lees en skryf vir graad 1, 2 en 3 deur Mart Meij: ’n resensie

Dalorice 2018-05-13 More stel belang graad 2 en 3 asb

Jong lesers: Onderwêreld deur Fanie Viljoen

Alexa vW 2018-05-13 Dis baie goed geskryf, en dan is dit nog sy eerste resensie! Wel gedaan.

Oor Die ware naarheid

Dylan 2018-05-12 Ek stem saam met jou Marie. Die show is great! 1. Alles in die lewe het nie ontleding nodig nie, after all dit is 'n TV-program. Dis jou eie keuse of jy dit wil kyk of nie ...

Vat jou hele hart deur Elkarien Fourie: ’n onderhoud

Marthie Klynveld 2018-05-12 'n Absoluut wonderlike boek! Sterk aanbeveel vir reisigers na daardie kontrei ... en verpligte leesstof vir ouers van jongelinge wat in China wil gaan skoolhou vir n jaar of twee! Baie geluk met jou kosbare bydrae tot ons Afrikaanse reisliteratuur, Elkar
Top