Die loep van ’n gewee’
Vrênds, roumans, kantriemin.
Lend me your ear,
Want dié issie ’n kakstorie nie, die het regtag gebee’
Ek was siewe jaa’ oud
En kyk my mos vas innie loep vannie gewee’
Die hele se poelieste skop af o’sse deu’
Op soek na ’n klein stukkie pampie’tjie in my pa se kas …
Wie is Nelson Mandela?
Ek ken hommie, Menee’
“Hou jou bek, jou klein terroris”
Sê die poeliesman, ek swee’
Da’ fly my ma se penties en agte daai, die bra’s
Die kas se deure oep en toe en maak mos ’n moe’se geraas.
My oudste broe’ steps in front of me.
Ek wys hom: kom o’s moer die jongens, ons is mos nou twie!
Hy wys my: is djy befok?! Het djy gesien hoe bedonne’d lyk daai elstations in haai hok
Ha buite innie vên
All the while soekie poelieste pampiertjies of ienagiets om my pa te bên!
Die gewee’ se loep nou tienan my gesig
Ek moes beginte bitit, maar instead onthou ek toe ’n gedig
Daai een van die jirre wat geskommelit
Of iets soes daai
Die woore ontgaan my toe
Want die klap deur my gesig was te kwaai.
Ek was siewe jaa’ oud, ma’nie op my bek geval
Ek wys hom: Vi’wat klap djy? Djy’s mos lekke mal!
Nog ’n klap en somma ’n belt agte’na
Die vark hou ee’s op toe sy commanding officer sê hulle is nou klaa’.
Voetsek!
Julle het tog fokkol gekry.
En vidag staan my pa nog once in die pension lyn!
Ek was siewe jaa’ oud, not a word of a lie
En met die woore: one day is one day het ek myself gepaai.
Kommentaar
Geen wonder nasie-verhoudinge is agv blanke 'gesag' tydens daardie fase in die land se geskiedenis onomkeerbaar vertroebel nie.
Die gedig is vir my te wonderlik.
Dis absoluut klassiek en eg! Dit weerklink in my ore en laat mens sien en voel!