Uitnodiging: Leeskringe in Suid-Afrika

  • 4

LitNet wil jóú leeskring aan ons lesers bekendstel!

LitNet publiseer inligting en programme van leeskringe om ’n groter bewustheid van leeskringe en hul aktiwiteite te skep. Die inligting is hier beskikbaar: https://www.litnet.co.za/leeskringe-suid-afrika-2018-jaarprogramme-en-inligting/.

Ons wil graag die leeskringprojek na ander dorpe uitbrei. Die doel is om ’n netwerk van bestaande leeskringe uit te bou en ook om lesers aan te moedig om by ’n leeskring aan te sluit of om meer inligting oor ander leeskringe se aktiwiteite te bekom. Uiteindelik wil ons tersaaklike materiaal beskikbaar stel om leeskringe met hul boekbesprekings te help.

Is jy betrokke by ’n leeskring of weet jy miskien van iemand wat is? Ons wil graag ook jou leeskring tot ons lys toevoeg. Stuur asseblief die inligting na leeskring@litnet.co.za of voltooi die onderstaande vorm.

Ek behoort aan ’n leeskring en kan die leeskring se inligting verskaf.

* Verpligtend

  • 4

Kommentaar

  • Laurette van Zijl

    Die Lindense Leeskring het as ons sosiale verpligting die laerskool op Makwassie, wat Afrikaans as voertaal gebruik, aangeneem.
    Ons het aanvanklik boeke vir 'n biblioteek (wat nie bestaan het nie), geskenk. Verlede jaar het ons al die boekpryse vir die jaarlikse prysuitdeling geskenk.
    Makwassie se skool groei tans uit sy nate en ons is besig om ondersoek in te stel na 'n verskepingshouer wat as beide 'n biblioteek en klaskamer gebruik kan word.
    Enige hulp in hierdie verband sal waardeer word. Ons word gekortwiek met skenkings van groot maatskappye aangesien ons nie as 'n nie-winsgewende organisasie geregistreer is nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top