Jong lesers: Onderwêreld deur Fanie Viljoen

  • 4

Onderwêreld
Fanie Viljoen
NB-Uitgewers
ISBN: 9780624046691

Onderwêreld is ’n jeugroman met ’n kinkel. Dis ’n fantastiese boek om hedendaagse kinders se konsentrasievermoë te verskerp. Die boek is uniek weens die manier waarop dit geskryf is, die konsentrasie wat dit benodig en die intensiteit van besonderhede.

As ’n huidige 15-jarige kan ek onthou hoe ek twee jaar terug mooi moes konsentreer – toe ek die boek vir die eerste keer lees – om by te bly. Dis weens die terugflitshoofstukke wat verskyn, wat meer agtergrond gee oor afgelope gebeure.

Die boek handel oor ’n leerder, Eckardt Wilken, wat in sy matriekjaar by Lawson-kollege aansluit. Aan die begin van die boek is daar konflik tussen hom en die hoofseun, Greg Owen, maar na ’n tyd word hulle goeie vriende. Greg word geïnteresseer deur wat Eckardt doen in sy vrye tyd. Eckardt is ’n hacker en Greg het uit nuuskierigheid aan hierdie aktiwiteit begin deelneem, as ’n “withoed”. Eckardt het ’n agenda en verdwyn na ’n ruk. Die verhaallyn loop af in ’n ontsyferende speurverhaal. Die leser moet kophou met gebeure om self te probeer uitvind wat met Eckardt gebeur. Die boek handel oor meer as net dit – alledaagse realiteite soos druk wat tieners ervaar en gerespekteerde mense wat met kwaad te doen het, verskyn.

Ek beveel hierdie boek aan vir almal, jonk en oud, om te probeer agterkom wat met Eckardt Wilken gebeur het en watter geheime rondkinkel in albei karakters se lewens. Die boek neem jou in na ’n ander realiteit en is perfek vir as jy ’n blaaskans vanaf die wêreld wil neem. 

Ekstra

Verskoon hoe informeel dit is. Dis die eerste keer wat ek, Renaldo van der Merwe (15), ’n resensie skryf. Ek het dit net gedoen weens die liefde wat ek vir Fanie se boeke het. Sy boek Uit het my ’n passie gegee vir lees wat tot vandag toe by my is. Skrywers soos hy doen ’n ongelooflik goeie werk en het die krag om mense se lewens te verander.

Klik hier vir die kompetisie-inligting.
Klik hier om nog inskrywings te lees.

  • 4

Kommentaar

  • 'n Meelewende resensie wat die essensies van Onderwêreld mooi vasvat. Dit voldoen absoluut aan die vereistes van ’n goeie resensie deurdat dit die leser prikkel sonder om te veel weg te gee en so die pret van selfontdekking te bederf. Sien uit daarna om dit self te lees (moes al lankal!). En na meer inspirerende resensies van hierdie vars resensent. Joe Cloete.

  • Dis die beste resensie deur 'n 15-jarige geskryf wat ek al gelees het. Sien veel meer uit om Onderwêreld te lees. Puik

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top