Jongleserskompetisie: wenners aangekondig!

  • 5

LitNet het passievolle inskrywings vir hierdie kompetisie ontvang. Die redaksie spreek hul waardering uit ook teenoor onderwysers en ouers wat die moeite gedoen het om jong lesers se indrukke aan te stuur.

Die kompetisie is nou gesluit en pryse sal nie meer toegeken word nie, maar aan almal wat deelgeneem het, of leerders wat nie hierdie slag betyds kon inskryf nie: stuur gerus vir LitNet jou indrukke van 'n boek wat jy geniet het om te lees, of 'n boek waaroor jy graag iets wil sê. Dui asseblief jou ouderdom of graad daarby aan. Ons bied graag 'n platform vir jong lesers wat wil vertel watter stories tot hulle spreek.

Die wenners van hierdie kompetisie is: Ellard Rademeyer, Abigail Tollig, Renaldo van der Merwe en Wynand Wessels. Baie geluk aan die wenners!

Lees die inskrywings vir die kompetisie hier.

As jy vir LitNet 'n jonglesersindruk wil stuur, gebruik asseblief hierdie adres: jonglesers@litnet.co.za.

  • Lees ook Henriëtte Loubser se wenke vir jong lesers wat resensies wil skryf:

Jong lesers: Dink hieraan as jy ’n boek resenseer

 

  • 5

Kommentaar

  • Hannatjie Vorster

    Heerlike idee om jong lesers resensies te laat doen. Kan gerus ook vir jong skrywers skryfkompetisie uitloof, maar streng eie werk! Ook oop onderwerp waar leerder sy eie verbeelding kan weergee en nie gebind aan vervelige onderwerpe wat grootmense uitdink nie.

    Dink selfs aan afdeling waar kinders op LitNet kan publiseer. Skoolopstelle verbode!

  • Sieta Labuschsgne

    Wat van 'n kompetisie vir studente? Hulle het altyd sakgeld nodig. Daar is ook literatuur wat hulle kan resenseer. Weet nie van jongmense wat so baie lees soos myne nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top