Ek is Rosa Parks

  • 4

Monn-lee Geduld en Rosa Parks (Foto: Wikimedia Commons)

Ek is Rosa Parks

Ek klim oppie bus.
“RESERVED FOR HETEROSEXUALS”
staan oppie swart seat in wit geskrywe.
Ek weier om hie op te staan.
Ek wil veby die taxi-rank loep
sonne om een kee bang te wies om gequestion te wôd.
Ek wil oek langs die rugbyveld staan
sonne om snaaks aangekyk te wôd.

Ek will my plek oek reserve hê oppie bus.
“RESERVED FOR HOMOSEXUALS”
moet oppie seat uitgekrap word met rooi.
Ek will ’n Rosa Parks wies
sonne om gerestrict te wôd oo wat om an te trek
sonne om gerestrict te wôd oo hoe ek moet act.

Ekke sal dai lipstick & nailpolish aansit.
Ekke sal dai kopdoek opsit.
Ekke sal op dai swart seat met wit geskrywe sit
Niemand gat my kô afgooi met “moffie” nie.

Ekke sal ’n Rosa Parks wies.
Ek is Rosa Parks.

* Nota: Rosa Parks was ’n swart Amerikaanse burgerlike aktivis wat geweier het om haa seat van die bus op te gie vi die wit passenger nadat die wit afdeling vol was (Wikipedia, 1955)

  • 4

Kommentaar

  • Tony van den Berg

    Niks nuut nie. Niks om oor huis toe te skryf nie. Net nog iemand wat sy sekuealiteit as 'n wapen wil gebruik.

  • Rosien Keyser

    Net so aangrypend! Jy is mens in eie reg, wees vir niks skaam nie, hou jou kop omhoog en omarm wie jy is.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top