Kommentaar

Ontnugtering

Petro Viljoen 2020-06-24 Wyse woorde.

Ontnugtering

Margaret Cordier 2020-06-24 Dankie Cas vir woorde wat dig verweef die verskrikking en ontnugtering in sy net moet vang. laag buig voor Hom Aleph Tav woorde ge-anker aan Sy Woord -- ontplof nuwe lewe uit die stof laag buig voor Hom die brandhout en die offer

Onderhoud: Leon Wessels gesels met Jean Oosthuizen oor die spoke van apartheid

Charl Adams 2020-06-24 Interessant hoe Wessels ( en Jean) se koppe werk. Ek sou graag die antwoorde van 'n senior ANC-lid wou hoor op dieselfde vrae. Ek skat die verskille sal hemelsbreed wees. Ons het hier te make met twee opponerende groepe, die een met universele moralite

Van Afrikaans gepraat en Finding Afrikaans deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe 2020-06-24 Is Afrikaans werklik 'n "Afrika-taal"? In menige ensiklopedie word Afrikaans beskryf as 'n "Wes Germaanse" taal. En ek kan u verseker dat, wanneer ons politici praat van "African languages", dan sluit hulle nie Afrikaans daarby in nie. Die ironie darem ma

Onderhoud: Leon Wessels gesels met Jean Oosthuizen oor die spoke van apartheid

Ralph Barnard 2020-06-23 Groot waardering vir Leon Wessels se eerlikheid en wysheid. En dankbaar dat Naledi in 'n rateltaai tyd vir uitgewers dit gewaag het met hierdie boek.

"Sou ék?" I en II deur Jannie Pretorius

Dries van der Walt 2020-06-23 Baie mooi Jannie... Ek weet nie of N.P. van Wyk Louw dit nav Koning Dawid en Batseba se Bybel verhaal geskryf het nie ... En of dit uit n persoonlike konteks/ervaring is nie... Dit bly egter nietemin aangrypend.

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Willem 2020-06-23 Hoekom maak ouers van Scheepers nie gou ete met die oorskiet vleis en groente nie? Dis so maklik!! Nou bly hulle honger!!!

Ontnugtering

Louis Pienaar 2020-06-23 Uitstekende gedig van Cas Vos in hierdie donker tye waarin onsself bevind, waar ons net nog aan hoop moet vaskleef.

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Isabel 2020-06-23 Le Rouxs pa moet ophou inmeng en sing asb!

Onderhoud: Leon Wessels gesels met Jean Oosthuizen oor die spoke van apartheid

Lidia Theron 2020-06-23 Dankie, Jean. Dit is 'n goeie onderhoud. Mens moet soms diep in die verlede delf om in die toekoms te kan sien.

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Donovan 2020-06-23 Die Opsigter moet nie dat die deelnemers die boodskappe van buite af kan lees nie dit kan spanne bevoordeel. Go Adriaan en Austin!

Ontnugtering

Hennie Smith 2020-06-23 Verstommend, Cas, jy het wilde woorde opgesaal en ingetoom om ver deur die lewe te verken.

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Willem 2020-06-23 Opsigter, ons verwag antwoorde op ons bogenoemde vrae. Dit sal lekker wees om antwoorde te kry.

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Eduan 2020-06-23 Hoekom die gefluister in die Scheepers huis?? Of mikrofoon kastig onder toppie of pienk kombersie? Dan kan ons net sowel ophou om te kyk. Ons wil nie net die gesing sien nie, ons wil gesprekke ook hoor. Gesprek in kamer om meisies se onderonsie uit te sor

Ontnugtering

Susan Vorster 2020-06-23 Meesterlik Cas. Ek leef saam met jou deur die geskiedenis. Van vêr in die verlede tot by die ontnugterende hede.

Onderhoud: Leon Wessels gesels met Jean Oosthuizen oor die spoke van apartheid

Hanno Visagie 2020-06-23 Vir 'n breër perspektief, lees gerus ook die resensie deur Leon Lemmer: Leon Wessels oor hoe om ‘n verloopte Afrikaner te word by http://praag.co.za/?p=47187

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Eduan 2020-06-23 Moet daar heeltyd gesing word in die Scheepers huis? Dit raak boring. Nog nooit sulke chaos in 'n kombuis gesien nie, party maak kos, ander eet poeding (voor ete!), Jada doen die minimum!

Korona is erger na rook

Marian Robertson 2020-06-23 Ek is sommer jaloers! Mooi vir julle.

LitNet-spens: Monoloog uit Die Bethlehem-ster

LitNet 2020-06-23 Hallo Carel Hier is die skakel: https://www.oulitnet.co.za/newlitnet/pdf/spens/beth_ster_lena.pdf Vriendelike groete Remona Voges

Korona is erger na rook

Elsabé Olivier 2020-06-23 Jakaranda-leeskring, veels geluk dat julle t.s.v. die inperking steeds voortgaan met jul boekbesprekings deur tegnologie in te span! Doe zo voort!

Korona is erger na rook

Nandi Lessing-Venter 2020-06-23 Wat 'n wonderlike leeskring! So lekker om hierdie soort terugvoer te lees!

Egskeiding: Is ek geregtig op my eks-man se pensioengeld?

Babie 2020-06-23 Kan ek rente op agterstallige onderhoud van my eks man se boedel eis? Kan ek dan saamgestelde rente of enkelvoudige rente eis?

In memoriam: Amanda Botha onthou vir Elsa Joubert

Oba 2020-06-23 Baie dankie Amanda lekker gelees. Suid van die Wind het ek op skool leer ken.

’n Wenk vir die regering op Maandag

Hans Richardt 2020-06-22 Raed-na-gael, is dit nou boom van die kennis? Dan is dit mos nie die moeite werd om universiteit by te woon nie. Jy kan net 'n paar zolle rook as daar nie "saliva" op is nie...

Koorsstilpunt

Jan du Plessis 2020-06-22 Was dit nie vir dubbel porsies genade van B0 nie, sou die deurdagte weergawe van jou as deurwinterde woordkunstenaar dalk net die annale van die hiernamaals gehaal het. Jou draai op die drumpel van die ewigheid, laat my andermaal besef hoe ons ingeperkte

Watter God?

Phillip 2020-06-22 Jaco Ek sien hierdie goedjies toevallig vandag raak opsoek na inligting oor iets ander. Aanvanklik wou ek niks sê nie, aangesien ek beslis nie deur al die oomerkings gegaan het nie. Ek voel tog ek wil net een of 2 goedjies regstel wat ek dink jy miski

Video: NP Van Wyk Louw-gedenklesing ‒ Jeremy Vearey (18 Junie 2020)

Nico M Ferreira 2020-06-22 Beslis baie interessant en 'n aanbieding wat meermale gelees/geluister kan word. Nou wonder ek net: hoeveel lesers weet wat 'Kaantie" in die titel beteken? Dit laat my dink aan 'n roman wat ek nou tydens grendeltyd gelees het: Toring se baai - so 'n mengs

Graad 4: Afrikaans Huistaal – Junie-hersieningsvraestelle en memorandums

LitNet 2020-06-22 Goeiedag! Die meeste van ons skoleinhoud is in Afrikaans beskikbaar. Hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Laai die PDF's almal gratis af deur op die skakels te kl

Bestemming: die Arktika

Jacques le Roux 2020-06-22 Ek het so pas weer my reis op die MS Nordkapp die Arktiese sirkel in herbeleef, maar met n verskil, geen Noorderligte ervaar nie. Dankie vir die fantastiese 'meedeling'.

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Ronelle 2020-06-22 Die Le Roux-familie kry my stem, definitief die beste. Ook baie netjieser as ander familie. Wonder ook wanneer die Scheepers-hond gevoer word?

LitNet-spens: Monoloog uit Die Bethlehem-ster

Carel Botma 2020-06-21 Hoe gaan ek te werk om hierdie monoloog (Betlehemster) se teks in die hande te kry? Baie dankie

Jong lesers: Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster

LitNet 2020-06-21 Goeiedag Junita Ek hoop dit gaan goed. Soek op Audible na ’n audio-boek? Vriendelike groete

Danie van Spoegwolf opgewonde oor debuutdigbundel

LitNet 2020-06-21 Goeiedag Jolize Ek hoop dit gaan goed. Kontak vir Danie du Toit: https://bit.ly/2NheBWX Vriendelike groete

Die digkuns van Johann de Lange met spesifieke verwysing na Nagsweet

A Lemmer 2020-06-21 Cul de sac Doodloopstraat Dood Loop Straat Doofstomstraat Doof Stom Straat Cul de sac

Koorsstilpunt

Maree Grobler 2020-06-21 Dear Gérard, a masterpiece! Your pain, angst and final release so brilliantly put into perspective. You are an author of note. And the final release of silence, sun and eventual light. You took us on a journey of what, I think, everybody goes through wit

Media24 Boeke Literêre Pryse: WA Hofmeyrprys vir Afrikaanse fiksie

Carla van der Spuy 2020-06-21 Baie geluk aan al die wenners.

In memoriam: Amanda Botha onthou vir Elsa Joubert

Annarita Louw 2020-06-21 So ’n mooi huldeblyk, dankie Amanda. Baie oor haar werk geskryf, veral nou na haar dood. Hierdie skrywe gee egter ’n effens anderse perspektief en laat jou met ’n diepe waardering vir Elsa die mens asook haar werk.

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Marie Dunstan 2020-06-21 Hoekom kry net een gesin ’n treadmill? Dis mos onregverdig.

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Marie Dunstan 2020-06-21 Scheepers-familie die beste! Eks net bekommerd oor die ou hond, want waarheen gaan hy na die 2 maande? Nog nooit gesien dat hy kos kry?
Top