Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

  • 33

Stel jou voor. ‘n Opgeskote ongeletterde tiener boerseun van sewentien, ‘n Hugenoot in Pontaix, Dauphine, Frankryk saam met sy broer Dawid.

Hulle familie kerkbywoning ‘n Hugenote-tempel op die oewer van die sanderige vlak “Die-rivier” wat vandag steeds bestaan. Afstammeling van die Waldense vanaf 1175, wat later in die Hugenote-geloof ingelyf is. Op ‘n naburige bult ‘n tiende-eeuse wrak van ‘n kasteel wat ook vandag steeds bestaan. In die mistige verte die berge wat Frankryk van Italië skei. Die Franse heerser die sonkoning Lodewyk die XIV, seun van die homoseksuele koning Lodewyk XIII; Willem van Oranje, Stadholder van Holland, pas koning van Engeland, veroweraar van Ierland. Hul dialek is Occitaan Frans.

Die twee besluit om na Holland toe te verkas om die vervolging van Hugenote deur Katolieke te ontwyk. Hulle vlug via Switserland en Duitsland. Ek dink dit was eerder die vooruitsig van avontuur, ‘n nuwe lewe, ‘n nuwe land en heenkome eerder as die godsdienstige sy, want die res van die familie het agtergebly. Afskeid van ma, pa, ander broers en susters wat Louis nooit weer in sy hele lewe daarna sal sien of selfs kontak mee sal hê nie. Die hartversteurende verlange en hartseer van beide ouers daarna tot hulle afsterwe, nooit om te weet hoe dit met hulle seun sou vaar nie. Beide Louie en Dawid Fleury bevind hulle in Texel Holland. Hulle gaan gereeld kerk toe en is in die Waalse gemeente se register opgeskryf.

Lewe in Holland is nie soos verwag nie. Hulle twee gryp die aanbieding om na die Kaap toe te emigreer. 27 Jul 1688 klim beide aan boord die “Wapen van Elkmaar” ‘n Spiegelschip gebou in 1671, ‘n handelskip wat eers in die Ierse see met die Isle of Man en Ierland handel gedryf het, alvorens dit daarna Kaap toe gevaar het. Dit is die dat die gewone reis van vier maande ses maande geneem het om 27 Jan 1689 in Tafelbaai aan te kom.

Die skip, terwyl in Ierland, het boet Dawid ‘n mooi Ierse meisie ontmoet, en besluit om af te klim en in Ierland agter te bly om die stamvader van al die Fleury’s van Ierland te word. Louis is toe alleen Kaap toe.

Daar aangekom, nou 19 jaar oud, is hy ‘n stuk grond aangebied om te bewerk. ‘n Klompie boumateriaal en implemente gegee om mee te begin. “On arrival gets the equivalent of R160; pepper; olive oil; vinegar; iron pot; 2 spades and a 60 morgan farm”. Sy stuk grond in die Wagenmakersvallei (Wellington area), noem hy toe “De Slangerivier”, vandag se “Linton Estates”. Hy woon die Franse kerk by met Louis Simond as predikant, dieselfde predikant wie se afstammeling, Paul Revere, die onafhanklikheid van die VSA van die Engelse sou beredder het.

Louis Simond verhuis terug Holland toe met sy familie en 11-jarige seun, welke seun ‘n miljoenêr in Engeland word, met sy eie handelskepe, oa ‘n skip genaamd “Le Simond”. Simondsberg is na Louis Simond vernoem. Skinderstories in die Kerk. Onder andere ‘n moord op ‘n man genaamd Henri Lecrévent (Lekkerwyn), waar die moordenaar binneland toe gevlug het en toe nooit weer gesien nie. ‘n Ander lidmaat waar sy vrou en hy ‘n “threesome” met hul slaaf gereeld geniet het, uitgevind en onder sensuur geplaas is.

Hy ontmoet Susanna Cordier, dogter van Louis Cordier en trou met haar. Hulle het tien kinders. Susanna sterf in 1715. Nie lank daarna nie, trou die 46-jarige Louis met die 17-jarige Anna Jourdaan, dogter van Louis Jourdaan. Sy ouer kinders van Susanna is selfs ouer as Anna. Anna het twaalf kinders van Louis. My direkte voorouer, Stephanus, was die 21ste kind, tweede jongste van Louis. Louis het die meeste kinders van al die koloniste gehad, plus hy was pleegouer van sy skoonpa Louis Cordier se minderjarige kinders. Hy is geskiedkundig opgeskryf en beboet omrede hy nie genoegsame sorg vir hierdie kinders gegee het nie.

Anna Jourdaan is as jong meisie deur hul slaaf, Antony van Mosambiek verkrag. (Volgens K Schoeman, “Armosyn van die Kaap”, p 599, toe Anna Jordaan 'n 14-jarige meisie was in 1712 was sy deur Antony van Mosambiek met 'n mes gedreig. Sy was toe twee keer verkrag deur Antony toe sy kos vir die slawe in die veld geneem het. Antony se vonnis was: "Liggaam op vier plekke [heelwaarskynlik twee oë, tong, en geslagsdele] met gloeiende tang geknyp, geledebraak, op wiel vasgemaak, onthoof, kop op paal by plek van misdaad geplaas”.)

Louis het geen sin vir wynbou of landbou gehad nie, eerder veeboer. Dit was verbode gewees dat vryburgers met die KoiSan handel dryf. Louis het homself nie hieraan gesteur nie. Hy het beide handel met hulle gedryf, asook veediefstal teenoor hulle gepleeg. Sy kudde was selfs groter as die van goeweneur Willem van der Stel. Hy was uiteindelik van onder die rykste boere in die kolonie getel. Hy het sy mede-Hugenote teegestaan in hulle versoekskrif aan die Here Sewentien om die korrupte goewerneur van sy pos te onthef. Dit wil voorkom dat Louis moontlik self korrup en ‘n opportunis was, want sy plaas is persoonlik deur Willem van der Stel aan hom oorgedra. Die oorspronklike titelakte is steeds vandag in Linton Estates se gebou te besigtig. Die ongeletterde Louis het dit met ‘n kruis onderteken. Sy naam is as Louis Fleurij op die titelakte gespel. Van sy kinders is as Florit, Fleurij en die jongste klomp as Fourie gedoop. Vir die Hollandse administratiewe amptenare het die Occitaanse gebrei van Fleurij soos Fourie geklink. Later is al sy kinders as Fourie uitgeken.

Louis het ook ‘n plaas in die Gouritz-gebied genaamd “Zeekoevlei” aangekoop. Louis het blykbaar ook ‘n voorliefde vir Nederlands eerder as Frans gehad, want hy het al sy kinders Hollandse name, behalwe vir Louis, gegee, asook sy twee plase in teenstelling met die ander Franse vryburgers wat beide plase en kinders Franse name gegee het.

Louis sou nooit weet dat hy uiteindelik die patriarg van omtrent 40 000 hedendaagse Fouries in SA sou word nie sonder telling van die wat ander lande toe emigreer het nie plus hulle nageslag. Van sy nageslag was drie Boere generaals, ‘n Afrikaner held by name Jopie Fourie, een van die Bybelvertalers, vele sportmanne en politici, gesiene kunstenaars en letterkundiges, selfs ten tye van die eerste gay huwelik in Suid Afrika, ook diegene wat oor die kleurgrens kinders gewek het en vele ateïste. En ja. Daar is ook ongelukkig die skurke, slapgatte en misdadigers onder hulle te tel, gelukkig die minderheid.

Louis is op sy plaas De Slange rivier oorlede. Hy is of op sy plaas begrawe, wat ek twyfel, want die plaas is onmiddellik na sy dood verkoop om in die boedel onder die kinders te verdeel, of in die gronde van die NG-Grasdakkerk (Hugenotekerk) te Paarl wat die gewoonte van die tyd was.

Jaco Fourie

  • 33

Kommentaar

  • Baie interessant.  'n Oom van my (met een van my ma se susters getroud) was Louis Fourie, ons het hom geken as Oom Lewies.

  • Avatar
    Ester Fourie Delport

    Dankie vir deel van geskiedenis.
    Ek is tans besig om die Fouries aan my kant se Register saam te stel maar ondervind nogal probleme met die laaste +- jaar se familie. Dit lyk asof hulle nergens opgeteken is nie. Miskien is dit `n geval dat ek op die verkeerde plek soek?
    Ek het `n CD van die Genealogiese Vereniging in Stellenbosch ten duurste aangekoop en vind daarop ook geen noemenswaardige inligting aangaande my oupa, pa ens nie.
    Het jy vir my raad?

    Groete
    Ester Delport

    • Avatar
      Neels Loubser

      Hallo Esther. Ek het tans die volgende boekie deur Louis Fourie te koop. Dalk sal dit u help. Die titel is: "L'espoir est ma Force". Louis Fourie (1666 - 1750). Die boekie is uitgegee deur die Louis Fourie Stigting. Baie goeie toestand. 56 bladsye. Geen datum van uitgawe nie.

      • Avatar
        Ester Fourie van Schalkwyk (Delport)

        Hi Neels. Sien eers vandag jou boodskappie! Sorry!
        Waar woon jy en hoe sal ek die boekie in die hande kry?
        Ek bly in Namibië maar gaan heel dikwels Pretoria toe.

        Groete

      • Avatar
        Marina Scholtz

        Hi Neels ek is Marina Fourie (Scholtz) en het toevallig op jou terugvoer van Ester afgekom. Ek is ook 'n Fourie en sal graag ook wil hoor van die boekie oor Louis Fourie. Groete

  • 'n Google soektog het my gelei na inligting oor die Fouriesburg Fouries en 'n inskrywing van 'n Amsterdamse skeepsregister waarvolgens afskeid geneem is van Louy Flaurit. Volgens die artikel was die Flaurit-familie oorspronklik van Livron, 43km wes van Pointaix, waar daar op 'n stadium hewige gevegte was en net die buitemuur van 'n kerk oorgebly het. Was die res van die familie nie dalk vermoor nie? Om 21 kinders in die wêreld te bring en die meeste groot te maak wil gedoen wees; dalk was Louis nie net die Hugenoot met die meeste kinders nie maar ook 'n groot gees. Sy kinders het meesal Bybelname gehad en Joodse navorsers sal begin praat van Issaskar... Hoe sal 'n mens weet?

  • Ben.

    Pas jou twee response gelees. Sal more meer breedvoerig uitwei. Nou te moeg na 'n lang uitputtende oorsese vlug.

    Feitlik. Louis Fourie self het nie geweet hoe sy van gespel hoort te gewees het nie. Die huidige spelling van die van is eg Afrikaans en nie Frans nie.

  • Is daar 'n moontlikheid dat hy nie sy van op 'n bepaalde manier wou skryf uit vrees vir vervolging nie?

  • Ek was self eenkeer in Pontaix en die burgemeester het my 'n aantal inskrywings van Faure in die kerkregister van die Temple gewys (geen Fourie nie). 'n Dame met rooi hare in die toeristewinkel het gepraat van 'n vlug via Switserland en vir verdere verwysing sou 'n mens die genoemde artikel moet lees.

  • Die herbergier in die nabye Pontaix was duidelik negatief oor 'n Louis Fourie van daardie omgewing. Ekself onthou 'n déjà vu-ervaring op die stasie van Valence, so die misterie oor sy herkoms verdiep.

  • Vanne soos Fourie, Marais,ens word nie foneties gespel nie, dus is Fourie nie Foerie nie. Foneties hoort Marais, Mare met kappie op die "e" gespel te word.
    Fleurij - Flourie (Florit) - Fourie. Net soos die "s" in Marais nie uitgespreek word nie, is sekere letters in Occitaanse Frans (dialek van Dauphin) ook stil. Met moderne Frans is die "h" stil. Die Fransman sal bv in Engels sê (h)ous. Luister gerus na die Malmesbury brei as voorbeeld waar die "r" stil is. Onthou dis 'n Hollandse klerk wat die spelling Fleurij op die titelakte aangebring het weens sy eie fonetiese waarneming hoe Louis Fourie dit aan hom oorgegee het. Louis Fourie was ongeletterd en kon hom nie reghelp nie.
    Met bedoeling Fourie is eg Afrikaans, is bedoel die spelling het in Afrika wortel geskied en nie in Frankryk nie.

  • Ben
    Oorsprong van die naam “Fleury – “Fleurij” op Louis Fourie se titelakte:
    Firstly it may derive from the medieval given name "Fleuri", from the Old French "flur", Middle English "flo(u)r", flower. This was also a conventional term of endearment in medieval romantic poetry, and was the name borne by a 3rd century saint martyred in Nicomedia under Decius. The surname may also be a French locational name from any of the various places in northern France which get their names rom the Gallo-Roman personal name "Florus", (Louis Fourie se “Floris en Florit”) with the local suffix "acum". Finally, the surname may have derived from the Old French "fluri" (Titel Akte se “Fleurij”), flowered, variegated, and would have been a nickname denoting someone who dressed in an extravagant mixture of colours. The surname is first recorded in the early 13th century and can also be found as Fleury, Flory and Flury (Ons Patriaarg Louis se Fourie).
    Read more: http://www.surnamedb.com/Surname/Fleury#ixzz3xg2IG5u8
    Terwyl in Pontaix, moes jy eintlik oor “Fleury” en nie Fourie uitgevra nie. Faure en Fleury/Fourie is nie verwante vanne nie.

  • Daar is twee benaderings tot die ondersoek na die oorsprong van die Suid-Afrikaanse Fourie-van.
    1. Vanuit die leeu se bek self. (dws hoe Louis homself geag het). Die mees skreiende bewys vir “Fleury” is die titelakte van sy plaas deur Willem Adriaan van der Stel aan hom oorgedra, vandag steeds sigbaar. Die titelakte is deur ’n Hollandse klerk opgestel wat die ongeletterde Louis gevra het wat sy van was, en dit foneties soos hy dit van hom aangehoor het, as “Fleurij” geskryf, wat Louis glad nie bevraagteken het nie, maar wel onderteken.
    Om dit verder te onderskraag, “die amptenare van die VOC, sowel as die Franse en Hollandse predikante, het in dokumente sy van aangeteken as Florit, Florij, Fleurij, Flori, Flourij en uiteindelik as Fourie”.
    2. Ekstrapolasies gemaak vanuit bronne rakende vanne wat soortgelyk as Fourie klink, en weersprekend as feitlik aangegee, vanne soos bv Faure en Faurite, beide nie aan mekaar of Fleury verwant nie.
    Hierdie benadering word vanuit rekords Faure in Livron (Dauphin) en Faurite in Schaufhouse (Switzerland) ekstrapoleer. In beide word die argument weergee as versterking dat Louis Faure and Louis Faurite dieselfde benamings vir hulle kinders gegee het as wat die kinders van Louis Fourie heet (sic!). Louis se kinders met dieselfde name was nie in Europa gebore nie, wel almal in die Kaap. Maggies! omtrent al die Franse aan die Kaap het hul kinders binne ’n beperkte keuselys dieselfde name gegee. Inteendeel, die tendens is omtrent sowat 50 jaar gelede onder Afrikaners eers van afgewyk!
    Toe is die muntstuk deur hierdie ondersteuners gekant teen die van “Fleurij”in die lug gegooi, en die kop daarvan het toe op “Faurite” geval, en is dit toe bepaal dat dit Louis se vorige van is! Verder gesoek, vind hulle dat ’n “Faurite” met die skip “Borsenburg” Kaap toe is, in teenstelling met:-
    Rekords wat deur Colin Graham Botha weergee word, ’n voormalige argivaris van die Kaapse Argiewe, in die Den Haagse Argiewe ondersoek is:-
    From various records in The Hague Archives the following particulars were obtained: —
    Daniel Couvat, or Bouvat, came from Dauphine in 1688 as a soldier in’t (die skip) “Wapen van Alkmaar”. Jean Gardiol came from Provence. Louis Fourie came from Dauphine.
    Wat vergeet word is dat baie vanne op argiewe-rekord wat Kaap toe is, nie onder Afrikanervanne vandag te vinde is nie. “Couvat”, en “Gardiol” wat op die skip “Wapen van Alkmaar” en “Faurite” wat op die skip “Borsenburg” Kaap toe is, is nie te vinde nie. ’n Groot persentasie Hugenote op pad Kaap toe is op die skepe oorlede, en vele na hul kontrakperiode in die Kaap verstryk, weer terug Holland toe verhuis het. Die eerste Hugenote-predikant “Louis Simond” is ’n voorbeeld hiervan, asook Van der Stel, beide geskiedkundige vanne nie onder Afrikaners vandag te vinde nie.

  • Die gevaar met heraldiek, is dat dit aan “ancestor worship” grens. ‘n Klompie jare gelede het omtrent elke Afrikanerfamilie met trots ’n “familiewapen” teen sy sitkamermuur laat pryk, nie een van hulle outentiek nie, maar destyds ’n winsgewende inkomste vir die vervaardigers daarvan. Afrikaners het dit toe, en vandag steeds, gelowig aangekoop soos Katolieke stukkies van die kruis aankoop. Die romantiek daaragter was en steeds is, dat hulle voorvaders van adele afkoms is (sic!). Die teenstelling was waar, voorvaders wat van die Europese burger-stand afkomstig is.
    Bv die Fourie Familiebond se skild, omtrent 10 jaar gelede ontwerp, is by die heraldieke instansie geregistreer teen hoë koste. Die Fourie-spelling het sy oorsprong in SA gekry. Pleks van Afri-sentries (soos die taal en van) is dit Euro-sentries opgestel. Dan die paradox van ’n eenvoudige bruin Protestantekruis met die katolieke koninklike vervolger se geel “Fleur de Lilie” wat met prominensie op die punte van die kruis pryk! Die Slagspreuk “Fourie glo in God”! Wel gelukkig verteenwoordig hierdie skild amptelik nie alle Fouries in die land nie, myself inkluis, maar uitsluitlik klub-lede van die Fourie Familiebond.
    Die romantiek agter heraldiek, is om die van se beste voet vorentoe vir die gemeenskap te sit. Die realiteit word merendeels geignoreer.
    Bv na vele navorsing het ek tot die persoonlike gevolgtrekking gekom dat het Louis Fourie vandag gelewe, hy heel waarskynlik sy agterent laggend op die hele affêre afgevee het.
    Hy het as enkellopende, ongeletterd en brandarm snuiter by die Kaap aangekom, wat hy as sy “El Doret” aanvaar het. Nominaal godsdienstig (nooit ’n amp in die kerk beklee nie, in teenstelling met sy ouderling eerste skoonpa Louis Cordier), maar oorwegend materialisties en winsbejag ingesteld. Selfs lojaliteit was ondergeskik aan hierdie eienskappe (hy het sy mede Hugenote se regmatige griewe in die Van der Stel saak teengestaan om sy plaas van die goewerneur te kon bekom, asook die Cordier-kinders in sy sorg erg verwaarloos, waaroor hy beboet is). Hy het onwettig met die KoiSan ruilhandel gedryf, selfs van hulle afgevat om sodoende ’n kudde, groter as die van Van der Stel op te bou, om een van die ryk mans onder die koloniste getel te word.
    Wel. Ek is nogmaals dankbaar vir hom, want was dit nie vir hom nie, sou ek en vele ander wit en bruin Fouries nie vandag hier gewees nie.

  • Jaco, ek lees vandag weer jou antwoorde. In die gemelde verwysing na die Fourie Familie webblad word 'n afskrif gegee van die gemeentelys van die Waalse Kerk in Amsterdam en daarvolgens word Louy Faurite pour le Cap aangegee net onder Pierre Lombard (van Pointaix), gade en moeder se name. Ook word die vlugtelingsroete van Hugenote deur Switserland en Duitsland gegee, asook rekords van vlugtelinge wat hulp van die Switserse Hervormde Kerk ontvang het. Daarvolgens was daar geen hulp verleen aan 'n Louis Fourie / Fleury / Faure nie, maar die naam van Louis Faurite van Livron kom wel voor, met hulp wat hy in Schaffhaus en Frankfurt ontvang het (voor die tog na Nederland). Livron is digby Valence, so 43km wes van Pointaix, en ek wonder altyd oor 'n déjà-vu ervaring van my in Valence. In die Grootboek en joernaal van die skip Borssenburg is daar 'n inskrywing vir 'n "Louis Fori van Livorn in Dauphine, vrijman vide Caapse vrijb." Daar is nie 'n dorp Livorn nie en dit moes stellig geskryf gewees het: Livron.
    Ek verstaan, jou artikel beeld die patriarg uit as 'n gewone mens ook met gebreke. Ek haal my hoed egter af vir iemand wat 21 kinders kan grootmaak, dan ook vir pleegkinders moet sorg, en dan voer alle lewende kinders 'n normale, suksesvolle bestaan in 'n nuwe, ongetemde land. As 'n mens die Issaskar-storie wil glo, is die Vriese dalk eerder jou broers en sal jy selfs taal prysgee, gedagtig aan Deut 38 en Sef 3, wat dalk meer vir jou beteken, soos getoon in die feit dat omtrent al jou kinders Bybelname het.
    Ek het altyd gedink die spul Fouries, soos ek, is maar plebs, en dalk was Louis ook werklik maar gewoon en vatbaar vir oppervlakkige emosies soos gierigheid. Op die gemelde familie-webwerf word inligting egter ook gegee van vele transaksies en gebeure wat getoon het dat hy meesal wettiglik te werk gegaan het. Wel geprotesteer teen die afskaffing van vry slagting van vee aan die Kaap.
    Protestante in Frankryk was op 'n stadium die reg op skoling ontsê tensy hulle Katoliek geword het, en 'n mens wonder ook of dit 'n rede vir ongeletterdheid was. Dalk het jy ook jou regte van verdoesel om verdere vervolging te voorkom. In Livron, wat eens 'n Protestantse bastion was, was daar hewige gevegte en net 'n tempelmuur het oorgebly. So, ek dink nie oppervlakkige godsdienstige oortuigings was hier die geval nie.

  • Ben
    Ek gaan nie weer herhaal nie. Wat ek geskryf het is feitlik bewysbaar. Jou alternatiewe teorie, nie. Ek het al die skakels wat jy genoem het opgevolg. Die persoon wat julle vir Louie Fourie wil misgis, is nie hy nie.
    Die Kaapse Hugenote was alles behalwe vroom mense gewees. Onder die sestigtal Franse families was daar 'n moordenaar, asook 'n man en vrou wat gesamentlik met 'n manlike slaaf gereeld seks gepleeg het (’n gereelde orgie). Buite-egtelike geboorte is opgeskryf, ens. Die eerste en enigste Franse predikant, nl Pierre Simond is na 14 jaar gefrustreerd terug Holland toe.
    Ek is vir die afgelope ses jaar besig met intensiewe navorsing van my direkte lyn, terug na die dae van die Waldense, die Hervorming, tot in die Kaap en die hede. Indien ek ooit klaarkry, sal ek my navorsing aan die Hugenote-museum skenk.
    As voorbeeld van my navorsing, kwoteer ek die volgende. Taalkundig is dit befoeterd en nog nie gekorrigeer nie:
    Louie and the Church:
    “Pierre Simond, born in Nion 1650 in the Dauphine province of France, a student of the academy of Die, persecuted as a Huguenot, fleeing France in 1686 to Holland; was the first pastor of the Huguenot congregation in the Cape Drakenstein district, preaching exclusively in French during his term of investiture there. He arrived in the Cape in 1688 the same year as Louis, him being 38, yrs old, and Louis 19 and unmarried at the time. When Pierre Simond left the Cape on 9 April 1702, fourteen years later, Louis was 33 years old. During his term, Pierre Simond had overseen the married of Louis to Susanna Cordier and christened Louis’s first five children, the 4th and 5th, ie Martha and Gideon on the same day 27 March 1701.
    Pierre Simond served his congregation well, being their leader and spokesman with the Cape Government. He was well liked by both his congregation as well as two successive governors of the Cape, ie. Simon and his son and successor Willem Adriaan van der Stel. He did however have his moments of crisis, especially with one of his parishioners, the wealthy farmer de Savoy, who had tried to discredit Pierre, him rather preferring to join the Dutch congregation at Stellenbosch, than being part of Pierre’s flock. When the first compulsory five years stay at the Cape was over, De Savoy sold up and left the Cape, leaving no successor to Afrikanerdom, his name disappearing into the oblivion of history, as well as being historically discredited for his actions towards Pierre Simond. The congregation remained solidly behind Pierre during the time of this crisis.
    During Pierre’s leadership, the congregation banded together as French speaking Africans, not wishing to integrate into the Dutch community, desiring to maintain their own identity separately. This was in direct contradiction with the official Dutch policy of integration, and the eventual phasing out of the French language. The Dutch authorities interspersed the French farms with the Dutch farms to such an extent that the Huguenots were thinly spread over a wide area, making cohesion amongst them difficult to maintain. When Pierre Simond eventually left the Cape in 1702, leaving the French leaderless, this “resistance” collapsed to such an extent, that the French language was dead by the third generation; the second generation speaking both French and Dutch, and the third generation understanding French, but speaking only Dutch.
    When Pierre eventually left the Cape, back for Holland, he slid into impoverishment, serving various Walloon congregations there, eventually emigrating to London where he died a pauper. On leaving the Cape, he also broke all ties with his congregation, never once communicating with anyone there thereafter again.. Like de Savoy, the name Simond too was never perpetuated into Afrikanerdom. On the other hand, it is questionable that had Pierre remained at the Cape to his dying day, that Pierre the younger would have been so successful, as was the case with the turn of events transpiring in London as enumerated below.
    His son Pierre (born at the Cape, and leaving it with his parents at the age of 11 yrs), on the other hand, together with his partner Benezet, eventually became a millionaire by the time he was 29 years old, with his own ship the Le Simond trading in the east. He was a friend and London agent to the philosopher Voltaire and helped to finance the latter’s works, the Henriade. Pierre also helped to finance the burgeoning Irish Linen industry, started there by the French Huguenots. The younger Pierre Simond died in London at the age of ninety four in 1785, French having remained the language of his company to his dying day. His children married into well known English aristocracy. During his lifetime, Pierre the younger remained an unselfish provider for his brothers and sisters families.
    A direct descendant of Pierre Simond, Paul Revere was instrumental in saving the United States from British re-occupation, and cementing the independence thereof from Britain in pepertuaty.
    My bibliografie tot dusver:
    1. “A History of France” by Andre Maurois, translated into English from the French by Henry L Binsse – 1949. (Jonathan Cape, Thirty Bedford Square, London).
    2. History of the Decline and Fall of the Roman Empire (Vol I, Ch I, part III) – E. Gibbon
    3. The Earliest History of the Allamans – Richard J Henry
    4. “Tucker’s Eunuchs”, from the excerpt, “Castration as Punishment”, him quoting Tomkins; refers to the castration of admiral Coligny and the Catholic priests of Metz and Beltreme.
    5. “History of South Africa” GM Theal
    6. S.A. Genealogy – Heese
    7. Old S.A. Surnames - Parma
    8. “Geskiedenis Van Suid Afrika” HJ Van Aswegen
    9. “Die Distrik Oudtshoorn tot die tagtigerjare van die 19de eeu: ‘n sosio-ekonomiese studie” by A. Appel (Die Staatsdrukker, Pretoria, 1988) (thesis for graduation)
    10. Baptism Register of the Dutch Reformed Church – Oudtshoorn, entry 1601/1405, IRO the baptism of DH Fourie, born 30.05.1885.
    11. “Ligbaken aan Grobbelaarsrivier” a history of the Dutch Reformed congregation, Oudtshoorn, 1853 to 1979. By A. Appel. (Private printing for the DRC Church)
    12. The Huguenot Museum at Franschoek in the Cape
    13. The Archives at the Nel Museum at Oudtshoorn (regarding various topical items relating to this script).
    14. The “Oudtshoorn Courant” (regarding various topical news items).
    15. “The Winelands” by Jose Burman
    16. “The Small Karoo” by Jose Burman
    17. Readers Digest Illustrated History of South Africa – The Real Story
    14 SA History by Wallace G Mills
    15 History of South Africa – Wikipedia Encyclopedia
    16 Regional Tourism Office – Central Karroo (Beaufort West)
    17 SA Museum – on line – short articles written by various authors on South African history, culture, archaeology and paleontology.
    18 SA Museum – South African Time Line
    19 SA Museum – Past Human and Cultural Development (short articles by various authors)
    20 SA Museum – Fossil Reptiles of the Karroo – MA Cluver
    21 SA Museum – Khoisan Hunter Gatherers
    22 SA Online Travel Guide
    23 Stories of the Trekbokke – Lawrens G Green
    24 “Trek Boer” Nicholas Janse van Rensburg (on line) by AM van Rensburg
    25 The History of the Waldensians JA Wylie
    26 The Waldensian Movement from Waldo to the Reformation – Dennis Mc Callum
    27 Waldensian Confession – Editor @ EverydayCouncelor.Com
    28 The Great Trek of South Africa – John Tiffany
    29 The Rise and Decline of Afrikaner Ethnism – Paul Bullen (1990)
    30 Forgotten Frontiersmen – Alf Wannenburg. (An interesting and unbiased account of the Coloured peoples of the Cape).
    31 Finding the Lost Cities – The golden age of Archaeology by Rebecca Stefoff
    32 Die Cillie Document
    33 Armosyn Van Die Kaap – K Schoeman
    34 The Internet – Too many short excerpts which would take up too much space here.

  • Andre
    Jammer ek antwoord jou nou eers. Met respek gesê, ek wil graag my anonimiteit hier op SêNet behou. Indien u iets oor die Fouries wil sê of vra vir openbare belang, sal ek dit waardeer dat van SêNet vir die doel gebruik gemaak word. Groete, die uwe, Jaco.

    • Avatar
      Andre Fourie - oud-politikus - Kaapstad

      Dankie, Jaco
      Jou navorsing uiters insiggewend gevind juis omdat ek self die bloutjie geloop het in Pontaix - wel die sleutel van die kerkie in die Middeleeuse dorpie gekry en besoek.
      Geen rekords beskikbaar - Hugenote het hul eie dokumente blykbaar vernietig uit vrees vir vervolging.
      Ek het my Fourie-lyn volledig vanaf Louis Fourie, David by Anne Jourdan, Stephanus, Andries, Willem Christiaan, Andries, Jan, myself - ek het nie seuns nie maar my een kleinseun is Andre Fourie gedoop plus ons volledige familierekords vanaf my pa en sy vyf broers en vier susters se gesinne tot vandag se nageslag.
      Interessant vir my die spelling: Fleury - maak sin want met my besoek aan Pontaix het ek ook Poet Laval besoek waar die Hugenote Museum van Pierre Faure (President) is. Hulle het toevallig die betrokke naweek die roete bekend gestel waarlangs Pierre Simmond sy volgelinge na Holland vergesel het. Daar was ook geen Fourie naam te vind nie - en, ek het nou op internet kontroleer: Ook niks van Fleury nie.
      Twee ander interessanthede in jou navorsing wat my aandag getrek het is Louis se broer Dawid (toevallig die tweede geslag waarvan ek afstam is ook Dawid) wie in Ierland agter gebly het. Sal nogal wou vasstel of daar nog Fleury's in Ierland is. En dan jou navorsing dat Louis nooit 'n wynboer was nie maar 'n 'vee-smous'. Linton wie nou de Slangerivier besit bemark 'n paar wyne onder Louis Fourie se naam - 'n lekker Cabernet Sauvignon en 'n Chardonnay.
      Weet darem nou Louis se pa was Francois maar verder terug blyk nie maklik opspoorbaar nie.
      Dankie nogmaals - elke stukkie help om die prentjie vollediger in te kleur.
      Fourie Groetnis
      Andre Fourie

      • Andre.
        Om die van “Fourie” in perspektief te stel, is die volgende van toepassing:
        Louie Fourie was ongeletterd, en het die transportakte van sy plaas “De Slange Rivier” met ’n kruisie onderteken. Die transportakte-prokureur moes ooglopend die inhoud van die transportakte aan hom gelees het, alvorens hy dit onderteken het. Het die van foneties nie korrek geklink het nie, sou hy dit nie onderteken, want dan sou die plaas nie sy besitting geword het nie. Hy was ook met die doop van sy kinders opgeteken as “Florit” en “Floris”, klankgewys na aan “Fleury” en met die laaste twee geboortes, as “Fourie” opgeteken, welke van die ouer kinders toe later ook as hul s’n aanvaar het.
        Die spelling “Fourie” is suiwer Suid-Afrikaans. Faure en Fourier is tipiese Franse vanne foneties na aan “Fourie”, tog nie aan “Fourie / Fleury”, laasgenoemde ook ’n tipiese Franse van, verwant nie. Die enigste “Fourie” in Frankryk opgeteken voor 1900 is ’n bekende skilder-kunstenaar Albert Auguste Fourie (met kappie op die “e”) 1854 – 1937. Alhoewel in Parys gebore, is ek van mening dat sy familie oorspronklik van die Kaap afkomstig was, soos wat die Fourie van, vanaf Suid-Afrika afkomstig, vandag in omtrent elke Westerse land vandag opgeteken te vinde is sedert 1994.
        Die plaas De Slang Rivier is onmiddellik na Louis se afsterwe aan Cillie verkoop, met verskeie eienaars daarna, met vandag se eienaar ’n Engelse lord wat die naam na Linton Estates verander het. Die pragtige herehuis op die landgoed, waar Louis se oorspronklike transportakte teen die sitkamer muur pronk, en wat ek self besigtig het, het sodanige woning gedurende Louis se leeftyd nooit bestaan nie. Sy beskeie woning is lankal in die verskiet. Met Louis se afsterwe het die kinders uitmekaar gespat. Van die kinders het hulle in die “land van Wavering” (Tulbach) gevestig, ander in Swellendam, en ander weer in die Klein Karoo merendeels in die Oudtshoorn en Calitzdorp gebiede.
        ’n “Smous” is ’n tussenganger, sonder ’n vaste besigheidsperseel, wat produsente se produkte aan verbruikers verkoop. Louis was beslis nie ’n “veesmous” soos jy hom hierbo beskryf nie, wel opgeteken as ’n veeboer (produsent) van aansien, tot sodanige mate dat sy kudde groter as die van die goewerneur s’n was. Hy het ’n tweede plaas in die Gourits-omtrek gehad wat ook vir dieselfde doel gebruik was. Indien hy ’n wingerd gehad het, was dit vir hom maar ’n bysaak gewees. Die feit dat die plaas onmiddellik na sy dood verkoop was, is aanduidend dat sy kinders as veeboere grootgemaak was, want die streke waarna hulle van mekaar uitgespat het, was nie tradisionele wynboergebiede nie. Linton Estates bemark Louis Fourie-wyne as ’n bemarkings-foefie. Die vorige Cillie-familie en daaropvolgende eienaars het beslis nie “Louis Fourie” wyne bemark nie. In teenstelling het Louis Fourie se skoonpa, Pierre Jourdan, se plaas Cabriere as wynboer begin; met die plaas ononderbroke in familiebesit tot vandag nog, as wynplaas bedryf.
        Dit is opgeteken dat beide Louis en sy broer tesame vanaf Texel in Holland vertrek het, maar dat Louis alleenlik by die Kaap aangekom het. Daar bestaan dus twee moontlikhede. Of Dawid is op pad oorlede en ter see begrawe soos met vele ander Hugenote gebeur het, of hy het langs die pad afgeklim. Die skip “ Wapen van Alkmaar” het vereers in die Ierse See handel gedryf alvorens dit Kaap toe was, die dat die reis maande langer as normaalweg geduur het.
        In Ierland is die graf van ’n Dawid Fleury te Cork te vinde met die aantekening van sy leeftyd as 1667 tot 1720. Louis het geleef vanaf 1669 tot 1750, twee jaar verskil in geboortedatums. Nou ek wil nie hiermee beweer dat hierdie persoon wel Louis se broer was nie, want die graf vermeld verder dat Dawid vanaf Torchandt, Normandië in Frankryk afkomstig was, en dat sy ouers James Fleury en moeder Louise le Marchand was. “James” is geensins Frans nie, maar wel “Jacques” wat vir my sê dat Dawid se grafsteen, heel waarskynlik jare, selfs geslagte later deur Iere of non-Franse afstammelinge opgestel was en dat hulle inligting dienooreenkomstig nie noodwendig eerstehands was nie, miskien mondelinge oorleweringe, en dit moontlik met die van sy vrou se familie verwar het.
        Die Fleury’s in Ierland is nie deur ’n enkele stamvader afkomstig, soos die geval met alle Fourie’s nie, maar wel deur verskeie Hugenote Fleury-families wat na Ierland oor verskeie datums gevlug het. Terloops, Hugenoot-vlugtelinge vanaf Normandië het per see vanaf Frankryk gevlug, en nie oorland soos die geval met vlugtelinge vanaf Dauphine en Provence nie. Louis se twee skoonpa’s, een vanaf Dauphine (Louis Cordier) die ander vanaf Provence (Pierre Jourdan) was afkomstig vanaf gebiede waar Occitaanse Frans gepraat was. Die Hugenote aan die Kaap het dus nie almal dieselfde dialek gepraat nie, miskien ook ’n rede hoekom Frans aan die Kaap na die eerste geslag so vinnig uitgesterf het.
        Ek sal dit hoog op prys stel as jy jou inligting mbt Louis se vader, asook die vlugverhaal van Pierre Simond met my sal wil deel.
        My familie-register:
        Louis Fourie getroud met Anna Jourdan
        Stephanus getroud met Helena Geertruy Lategan
        Dawid Hermanus (saam met Piet Retief vermoor) getroud met Johanna Hendrina Heyns
        Stephanus getroud met Hester Cecelia Olivier
        Okert Petrus getroud met Johanna Hendrina Barnard
        Daniel Hendrik getroud met Wilhelmina Ignasina Muller
        Michael Muller Fourie (my vader) getroud met sy niggie Cornelia Hendrietta Barnard.
        My broer Daniel Hendrik getroud met Jacoba Fransina Makins; en ek Jacobus as ongetroude laatlammertjie.
        Ek het geen kinders, maar my broer wel drie, die jongste in Pretoria, die ander twee ouer broers in Engeland vir die afgelope sestien jaar; een in Manchester, die ander in Hemel Hempstead. Ouboet Danie se kleinkinders in Engeland is Afrikaans geensins magtig nie, een met ’n Mancom-dialek, die ander twee Cockney. Hulle aksente is sodanig sterk dat ek hulle skaars kan verstaan.
        Groete aan ’n mede-Fourie.

  • Andre
    Ek vertrek more na die Czech Rep met vakansie en sal na 3 Jan ’17 terug wees om jou vrae te beantwoord. Beste vir die Kersseisoen.

  • Avatar
    Hendrik Jacobus Fourie (Hennie)

    Dagsê, Ek is Hennie Fourie,
    Ek is tans besig om die Fourie Familie na te vors en ek haak vas by my oupa Josef Johannes Cornelis Fourie en my Ouma Margaretha Issabelha Esmeyer ( Fourie) sy was die suster van Jan Henderik Esmeyer die destydse politikus. Ek het ’n sterk vermoede dat Louis Fourie op een of ander manier die stamvader kan wees omrede Jopie Fourie my oorlede vader se kleinneef was. Ek is tans besig om die Fourie-familie aan my kant na te vors en haak egter vas by my oorlede vader se voorgeslagte. Dit wil vir my voorkom of hy van Louis Fourie ’n afstammeling is. Hy en sy vrou was van Port Alfred af en het getrek met sy vee na Kroonstad, Henneman, Koppies se omgewing. Sal graag wil weet of daar iemand is wat my kan help.

  • Jaco, ek dink aan bogenoemde skrywes en implikasies. Aan die een kant is dit straks nodig om 'n gebalanseerde mensbeeld van pioniere te skets, waar dit voorheen dalk te veel opgehemel is. Aan die ander kant moet 'n mens myns insiens versigtig wees om jou sieninge nie deur 'n eie permissiewe lewensuitkyk te laat vertroebel nie. Om 21 kinders groot te maak, waar jou mense in Frankryk dalk uitgemoor was - en nadat jy met niks in 'n nuwe land aangekom het nie - toon buitengewone integriteit en geeskrag. Kan jy van dieselfde getuig? Indien nie, bly eerder stil. Ek noem weer dat in die Waalse kerkregister melding gemaak is van 'n "Louys Fauritte pour le Cap", saam met die inskrywing van Pierre Lombard en familie.

  • Ben
    Ek sien jou skrywe het 'n venynige wending ingeslaan. Wees asseblief so vriendelik om te verduidelik asook om te bewys vanuit my skrywes hierbo, hoe my "sieninge (in sake Louis Fourie) deur 'n eie permissiewe lewensuitkyk vertroebel is." Inteendeel jou respons toon uiterse subjektiwiteit in al jou stellinge sonder enige sweem van objektiewe waarneming en bronstawing nie.
    Louis Fourie, het meer as 21 kinders grootgemaak. Hy het ook van die kinders van sy afgestorwe skoonpa Louie Cordier grootgemaak, wat opgeskryf is dat hy die verwaarloos het en deur die weesheer van die tyd beboet is (argiewe te besigtig in die Hugenote-museum). Van die jonger Cordier-seuns asook Louis Fourie se jonger seuns het in die Klein Karoo saam rondgetrek (A Appel se geskiedenis van Oudtshoorn)
    Mbt tot Fauritte in jou respons, mis jy die punt geheel en al. Louis was totaal ongeletterd, en het met 'n Frans-Occitaanse aksent (soortgelyk aan 'n Malmesburg-aksent) gepraat wat daartoe gelei het dat verskeie Hollandse aanhoorders sy van as Florit, Fleurij, Fauritte, ens aangehoor, en is so ook onder verskillende bronne sodanig aangebring. Weens sy ongeletterdheid kon hy hulle nie reghelp nie.
    Net soos ek, 'n Fourie en jy ook 'n Fourie blykbaar geen ooghare vir mekaar het nie, moenie dink dat indien jy Louis Fourie persoonlik geken het, jy hom so slaafs soos nou sou bewonder het.
    Argiewe-feite toon Louis as persoon: 'n kerkganger, met geen noemenswaardige bydrae tot die kerk gemaak nie, soos wat sy skoonpa in teenstelling getoon het. Hy was nie lojaal teenoor sy mede-Hugenote nie, wat deur die bank 'n aanklag aan die Here Sewentien teen die goewerneur Simon Van der Stel aanhangig gemaak, welke aanklag die Here Sewentien die goewerneur van sy pos aan die Kaap onthef het. Louis het sy plaas persoonlik van die goewerneur ontvang, ten gevolg sy moontlike weiering om die aanklagskrif te onderteken.
    In my brief hierbo, het ek objektief beide Louis se positiewe asook sy negatiewe eienskappe uitgestippel, verkry vanuit die bronnelys onderaan my brief geheg. Jy inteendeel wil Louis suiwer in 'n positiewe lig sien sonder enige aanvaarbare bron van inligting gestaaf nie. In elk geval, wat het my persoonlike lewe met die saak te doen? My lewenswyse doen geen afbreuk op my objektiewe waarnemings en studies nie.
    Die probleem met geslagregisters is dat hulle 'n vorm van voorvaderlike aanbidding by sekeres geword het.

  • Jaco ek lees jou reaksie nou eers. Oor die stamvader se lojaliteit: vanuit 'n geestelike oogpunt gesien dink ek baie mense het eenvoudig volgens Bybelse opdragte die gesag wat oor hulle gestel is gerespekteer en sou daarom nie sommer 'n klagskrif onderteken het nie.
    Ek het van jou ander skrywes op LitNet gelees en verstaan jou styl. Ek speur wel 'n element van sinisme en vind die lees daarvan soms teenproduktief. LitNet val myns insiens in 'n tipiese humanistiese kader. Kom ons laat dit daar asb.
    Ook: om vir 21 kinders te sorg is nie 'n grap nie en as hy oor wanvoeding aangekla is kan 'n mens ook vra, wel, doen dit beter.
    Ek krap nie geraamtes uit die kas nie en het ook nie 'n geïdealiseerde heldeverering nie. Speur wel 'n vergeestelikte persoonlikheid omtrent hierdie man sonder om "spoke te wil opjaag".
    Ek vind die Faurite-teorie op myfamilie.co.za/?p=60 interessant en dit strook met eie ervarings in Frankryk. Met intuïsie of "a-ha" oomblikke is dit eenvoudig so, 'n mens heg waarde daaraan of nie en kan nie noodwendig aan ander verduidelik waarom jy voel wat jy voel nie. Afgesien hiervan is hierdie webwerf die enigste na my wete wat skakels na outentieke inligting in Switserland, Duitsland en Amsterdam (sien die afskrif van die dokument van die Waalse gemeente oor sy tog na die Kaap - na my wete is die van Faurite geensins in die Kaap opgeteken nie, en was dus daar anders gespel) omtrent sy herkoms gee.

  • Ek moet sê dat ek graag soveel van my voorsate af sou wou weet soos die twee here Jaco en Ben maar ek is ongelukkig dog duidelik nie so belese en berese soos hulle nie. Ek vind dit so interessant dat daar 'n Dawid Hermanus was wat saam met Piet Retief vermoor was aangesien dit ook my eie name is. Ek is in 1955 in Bloemfontein gebore en my vader was Barend Jacobus Alexander. Ek het nooit die voorreg gehad om hom te ken nie omdat hy reeds in 1956 aan asma oorlede is toe ek maar tien maande oud was. Ek twyfel egter of ek die name van die ontslape Dawid Hermanus dra want ek weet ten minste dat ek na my oom Dawid (aan moederskant 'n broer) vernoem is. Hy is kort voor my geboorte in 'n treinongeluk dood. Die Hermanus is ook 'n familienaam want dit was my oupa aan moederskant se tweede naam. Hy was Jakob Hermanus Albertus Nieuwenhuys en toevallig was sy vrou (my ouma aan moederskant) ook 'n nooi Fourie wat uit die Dordrecht-omgewing gekom het. Ek woon reeds 43 jaar in Kroonstad en het twee dogters, ongelukkig geen seuns nie. Musiek loop baie sterk in my bloed en ek het al baie gewonder waarvandaan ek dit geërf het. 'n Goeie vriend het my op hierdie skakel gebring en ek volg dit graag verder aan.
    Groete en sterkte met die navorsing.
    Dawie Fourie

  • Dagsê al die Fouries! Adinie (Fourie) Scheepers van Bethlehem het in 2011 'n boek - Fouriesburg en sy mense in die Brandwaterkom - die lig laat sien. Sy is nou 87 jaar en het my gevra om die boek vir haar te herskryf en 'n nuwe baadjie aan te trek met nuwe, bygewerkte inligting. Fouries wat in Fouriesburg en omgewing grootgeword het is welkom om hulle familiebesonderhede vir my te stuur sodat ons die stamboomregister op datum kan kry of kontak te maak by joernalis@bethnet.co.za. Hulle kan ook vir Adinie bel by 082 448 8032. Die boek vertel die verhaal van die Fouries wat hulle in Fouriesburg en omgewing kom vestig het en pioniers was in die landboubedryf. Dit is afstammelinge van Louis Fourie b6. Van die nasate boer steeds met sukses op plase wat in die 1800s geregistreer is. Ek hoor graag van u! Stories, staaltjies, grootwordherinneringe en dan inligting rondom u eie familiegeskiedenis tot en met in 2019 ook welkom. En kiekies met volledige besonderhede. Groete, Susan Maré.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top