Goeie dag
Ek wil graag uitvind of advies vra oor my pa wat in 2000 oorlede is en sy testament nagelaat het as volg:
Dat sy dogter die huis erf en dat haar stiefma lewensreg op die huis het.
Sy dogter haar broer 'n sekere bedrag moet uitbetaal aangesien sy die huis erf.
Die huis was nooit op my naam gesit nie en my stiefma het daarna die testament gaan verander. Sy leef nog en ongelukkig het ek nie 'n afskrif van die oorspronklike testament nie, my broer het dit weerhou van my.
Kan ek iets doen aangesien dit my pa se wens was en vir my baie sentimentele waarde is aangesien hy en my ma baie hard gewerk het om iets vir die kinders na te laat.
Baie dankie
Maureen Visser


Kommentaar
Maureen, hier's 'n hele paar kwessies ter sprake, te veel om volledig te beantwoord. Net 'n paar goed:
Die ekseketeur van die boedel reeds in 2000, na sy dood, gereël het dat die eiendom in jou naam oorgedra word en dat registrasie hiervan by die aktekantoor geskied.
Die "sekere bedrag" moes dan ook uit die boedel aan jou broer oorbetaal word.
Hierna sou jy die onbetwiste eienaar van die huis wees, met jou stiefma wat lewensreg kon uitoefen tot haar dood. Jou stiefma kon nie die "...testament gaan verander nie ...", behalwe as sy en jou oorlede Pa binne gemeenskap van goedere getroud was en alle bates én laste by sy sterfte in hul gesamentlike boedel geval het.
Die beste raad vir jou: Kry regsadvies by 'n prokureur wat na elke aspek van die saak kan kyk. (Geldige) testamente is dokumente wat nie willekeurig verander of van mense weerhou kan word nie. Jou skrywe illustreer hoe belangrik dit is dat elkeen van ons moet sorg dat sy/haar testament en boedelsake in orde is.
Baie dankie vir die advies, ek waardeer dit baie.
Goeie dag aan mnr Dirk Rigter ek sit met ’n soortgelyke probleem en is desperaat vir hulp. Ek is ’n 32-jarige man wat met my vrou en twee kleuters by my stiefma en haar dogter bly wat eers my eie pa en eie ma se eiendom was. My biologiese ma het gesterf toe ek ’n jaar en drie maande oud was. Ek het ook twee ouer susters, my pa het toe weer getrou en later gesterf toe ek sewentien was. Ek en my stiefma was toe die enigste twee wat in die woning gebly het. Ek het ’n maand later besluit om vir ’n ruk by my oudste suster te gaan bly om my pa se dood te verwerk en met my terugkeer ontdek ek dat ek soos ’n hond van my ouers se huis weggejaag word deur my stiefma.
Ek het begin swerf en boonop getroud geraak. Ek het weer eens terug huis toe gekeer en my struktuur aangebring en met my gesin op my pa en biologiese ma se eiendom gebly. Die probleme begin egter toe my stiefma en haar eie dogter ons baie sleg en onregverdig behandel. My huwelik is stukkend en my kinders lei daaronder. My vrou het intussen verhuis maar ek is nog steeds op die jaart omdat my stiefma ons dreig met uitsetting. Sy maak dit regtig ondraaglik want my gaste is nie welkom nie en so ook my eie bloedsusters. Sy sê die huis is haar huis; hulle is in gemeenskap van goedere getroud. Ek is baie desperaat en het geen heenkome nie. Wat kan ek doen? Wat sê die reg? Ek baklei nooit met haar oor ’n huis nie en soos ek hier sit is my elektrisiteit afgesny. Baie dankie mnr, help asseblief.
Goeie naand, ek wil weet my man het 'n dogter wat aan disleksie ly en deur sekere omstandighede reeds sy eiendom op haar naam gesit, en vir my sy 2 de vrou (1ste vrou oorlede) deur die hof kuratorskap oor haar aangestel, sy kry ongeskikheidspensioen deur die staat, die persoon wat ons testament op gestel het, hy is 'n afgetrede aanklaer, sê dit is ongeldig want iemand sal altyd voordeel put, wat moet ons nou doen?
My Vader her gesterf en bepaal dat sy kapitaal belê moes word en dat my stiefmoeder versorg moet word tot einde van haar lewe. Ons drie kinders is kapitaalbegunstigdes ten einde van haar lewe. Hulle is binne gemeenskap getroud. Dit was ’n gesamentlike testament. My vraag is: Kan sy na my pa se dood die bepalings van die testament gaan verander het?
Kon jy n antwoord kry? Ons sit in dieselfde posisie ook dat stiefma gesorg voor sal wees en met haar dood als tussen ons kinders verdeel sal word! Ek wil ook weet of sy by sy wil moet hou of mag sy ons uit haar testament hou?
Goeiemôre, wil graag weet wat gebeur in my geval as my man tot sterwe kom. Hy was voorheen getroud en is geskei. Die egskeidingsooreenkoms tussen hom en sy vorige vrou bepaal die volgende: as hy die huis verkoop, moet daar R190 000 vanaf die koopprys afgetrek word, en ’n derde van die huis se koopsom, moet aan haar oorbetaal word. Ons is getroud met ’n huweliksvoorwaarde kontrak, met die aanwasbedeling ingesluit. Ons is besig om ons testament te laat hersien en wil voorsiening maak dat sy my nie kan dwing om die huis te verkoop, indien my man voor my tot sterwe kom. Hoe bewoord ons die testament dat sy vorige vrou my nie kan dwing om die huis te verkoop nie.
Goeie dag, ek het ook raad nodig asb. My moeder her lewensreg op die huis maar die stiefseun het die huis geërf, nou sê die prokureur dat daar skuld in die boedel is en die huis moet verkoop word, hulle gaan nie veel vir die huis kry nie en as die skuld afgetrek word, moet die geld in vier gedeel word, vir my ma en die seun en sy twee seuns. Wat gaan nou van my ma word? Ons het gedink sy is gesorteer met blyplek tot haar dood, en nou nie. Ons kinders sal vir haar sorg en haar blyplek gee, maar ek wil net weet wat die reg sê. Wat gebeur in so geval?
Na afsterwe is eiendom in agt kinders se naam waarvan een nou vruggebruik het. 1) Wat moet gedoen word indien eiendom verkoop moet word? 2) Moet almal toestemming gee? 3) Vruggebruiker wil nie verder belasting betaal nie. Wil nie verhuur of verkoop nie. Stubbin. 5) As al sewe toestemming gee kan dit verkoop? Dankie.
Goeienaand
My man is oorlede 18 Februarie 2018
Ons woning is geregistreer in 'n trust.
My man her 'n diskresinere testament opgestel by 'n prokureur sodat ek lewensreg op owning het.
Na my afsterwe sal sy kinders 40/40 erf en my dogter 20%. Die boedel is afgehandel.
Kan ek die huis verhuur vir 12 maande sonder julle toestemming vir ander blyplek?
My pa is in 2000 oorlede. Testament is weerhou van ons kinders. Alhoewel prokureur tydens begrafnis ons aangesê het ons moet hom kom sien oor testament. Na kontak met prokureer wil dit voorkom testament is weg en hy kan nou niks verder uitrig want my vervreemde ma het dit versoek. Hoe kan ek n afskrif van testament bekom asb?
Goeiedag,ek het huis geerf maar 3 kleinkinders het lewensreg. Kleinkinders het huis vir 10 jaar bewoon sonder maintenance of enige betaling van dienste en belasting. Ek wil graag die huis oordra op my naam, maar wil he kleinkinders moet eers hul lewensreg afteken. Hoe doen ek dit? Ek wil graag die huis behou vir my kinders en bemaak aan hulle. Hoe handel ek met die kleinkinders wat nou al groot is en nie meer in die huis bly nie? Hulp asb.
Kan 'n stiefpa jou uit jou moeder se huis sit as hul binne gemeenskap van goedere getroud is? Geen kinders is uit hul huwelik gebore nie en hy het die kinders kom kry in die huis.
Let wel sy het afgesterwe.
Goeie dag. Ek en my twee susters het ons ouers se huis geërf. Die oudste suster het vruggebruik ook geërf, word die huis dan op my en my ander suster se name geplaas, of is my oudste suster ook die eienaar en die vruggebruiker tergelyk?
Ek soek asb. verheldering: Eiendom se waarde is verdeel tussen 3 kinders, 2 kry 25% en 1 kry 50% sou die huis verkoop word. Intussen bly die dogter wat 50% gaan kry in die huis, want sy het ook lewensreg en vruggebruik. Desembervakansies verhuur sy die huis uit, vir haar eie sak, maar as die krane of 'n geyser vervang moet word, is sy vinnig om te sê dat al drie kinders moet bydra, terwyl ons geen voordeel uit die huis trek nie, en boonop ons eie huise het om te onderhou. Wat beteken lewensreg en vruggebruik in hierdie geval?
Ek het my moeder se huis geërf en my ma het my suster aangestel as ekseketeur. Weens ons geskille het sy nie haar pligte nagekom nie en haar dogter in die huis geplaas terwyl ek in 'n houthuis bly met my vrou en kinders in 'n informele nedersetting. Die testament het spoorloos verdwyn, maar ek kon 'n afskrif kry by die betrokke prokureursfirma. Wat kan ek doen om eienaarskap te kry?
Goeiemôre. Ek is weer getroud, met 'n huwelikskontrak sonder die aanwasbedeling. Ek wil graag die huis aan my twee kinders bemaak en vir my vrou 10 jaar vruggebruik gee. Hoe kan ek bepaal dat die huis na 10 jaar verkoop word en die opbrengs tussen my vrou en twee kinders verdeel word?
Indien jy 'n wettige testament in jou besit het waar jy die huis erf, mag jy begin om reëlings te tref aangaande die oordrag van huis op jou naam of moet dit na ouers se dood eers gedoen word. Let wel: my moeder is amper 2 jaar weg van die huis en ek is al persoon wat sorg vir die huis. Wat staan my te doen?
Goeienaand. Ek is ekseketeur in my ouers se aangeleenthede. Ek het die afskrif verloor van die testament en die prokereurs wil nie 'n afskrif gee nie. My ouers is nie in staat om te bevestig waar die oorspronklike testament is nie. Help en dankie.
Ek en my vrou was vir 9 jaar getroud. Sy is nou 2 jaar oorlede en ek wil die huis verkoop. Ek het die wettige testament in my besit waar ek die huis erf. Wat staan my te doen?
Hi, ek en my twee susters het ons ouers se huis geërf. Ek en my vrou is binne gemeenskap van goedere getroud, nou wil ek graag weet of haar naam ook op die titelakte aangebring word as mede-eienaar, en sou ek tot sterwe kom voor haar en haar naam is op die titelakte, behou sy dan 'n derde van die eiendom?
Dankie vir die geleentheid om advies van u af te kry.
Ek will weet: Hoe gaan ek te werk om die huis van my naam af te kry en op my drie dogters se naam te sit? Wat is die koste daaraan verbonde? Is dit beter om dit net in een se naam te sit?
Ek wil ook asseblief raad hê oor boedelbelasting. Ek het net die huis en twee begrafnispolisse van klein bedrae.
Ek is bekommerd my kinders sal nie die kostes kan dra nie.
My man is in 2009 oorlede.
Ek is 72jaar oud.
As u vir my kan raad gee, sal ek dit waardeer.
Baie dankie.
Rose
My dogter is oorlede. Sy het twee seuns. Ek het my testament opgestel deur Absa, dat my seun alles erf. Na sy afsterwe sal die kleinkinders by hom erf. Ek het net die twee kinders. Nou wil my skoonseun die boedel beveg na my dood dat my seun nie alles moet erf nie. My seun sal my huis erf en dit op sy naam oordra, maar my skoonseun wil my seun dwing om die huis onmiddellik te verkoop sodat die kleinkinders dadelik moet erf. Die skoonseun is weer getroud. Mag my skoonseun dit doen?
Dringend advies nodig. My broer is oorlede 2021. Testament sê dat die huis na sy seun toe gaan, nog minderjarig, en dat die ma in die huis mag bly tot sy weer trou. Nou wil sy die huis verkoop om saam met die boyfriend 'n plot te koop. Wat staan die kind te doen. Daar is en was geen skuld sodat dit moet geskied nie. Asb as ons die regte advies kan bekom?
Goeiedag! Dankie vir die navraag. Ek stel voor dat jy regsadvies bekom. Indien prokureurskoste 'n probleem is, is daar ook gratis regsadviesdienste beskikbaar (jy sal kan google om iemand op te spoor). Groete en sterkte, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Myself and my wife are married out of community of property, but the property is registered in her name and will go to her son as per her will. I will have life-rights on the property.
Question 1: must the life right be registered as part of the title deed even if it is specified in the will?
Question 2: as I will have life rights on the property, can her son sell the property while I'm still alive?
My lewensmaat van 10 jaar en 9 maaande is twee weke gelede oorlede. Ons het as lewensmaats in die huidige eiendom saam gebly. Hy het 'n testament en makelaar en het Sanlam as eksekuteur aangestel. Al die meubels in die huis het ek en hy (die oorledene) saam gekoop en bymekaargemaak. Ek was ook afhanklik van sy voertuig, aangesien ek nie een besit nie. In die testament staan dat ek die onroerende bates erf, die restante gaan na sy seun, en dit sluit al sy polisse in. Sy seun is egter vele male voor getuies en vriende en familie meegedeel dat hy net die TV-kas uit die huis mag verwyder. Maar dit is nie so in die testament gesê nie. Aangesien ek en sy oorlede pa so lank saamgebly het as lewensmaats, en alle meubels saam gekoop het, en ek nie ’n voertuig het nie, en afhanklik was van die voertuig om by my werk te kom, mag ek aanspraak maak op ons meubels en voertuig, of nie?
Huis gekoop en alles betaal, maar het die huis op my seun se naam gesit. Wat gebeur as hy voor ons te sterwe kom?
Ek soek raad, asb. My ma wil haar huis aan my bemaak in haar testament, maar haar sussie gaan lewensreg hê op die huis. My bekommernis is dat hulle nie verantwoordelikheid vir die instandhouding van die huis gaan neem nie. Is dit dan nie beter om ’n dokument op te stel waar ek ’n ooreenkoms aangaan om eerder elke maand vir haar ’n persentasie te gee as ons die huis uitverhuur nie?