Kommentaar

Die nuwe kabinet: Hoe lank gaan die RNE hou?

Cochenille 2024-07-03 Nee ek dink nie mens kan sommer so aflei dit is wat 'die meerderheid' wou he nie. Na afloop van die verkiesing het die gewone mens geen inspraak in die keuses wat die politici maak nie. Hoe weet ons dat daardie 40 % ANC kiesers almal so regering wou hê?

Die nuwe kabinet: Hoe lank gaan die RNE hou?

Raed-na-Gael 2024-07-03 Ag ja, pessimiste! Wees positief, gee dit 'n kans. Dis (die rne) soos die meerderheid ( 72% nè) dit wil hê. Ek dink die groot ou het 'n goeie job gedoen - natuurlik gaan daar dwarstrekkers en beterweters wees - dis mos so in die politiek.

Regsalmanak: 'n Grusame botsing en die waarde van deskundige getuienis

R Steele 2024-07-03 Die Jacobs-saak se bespreking oor deskundige getuienis ... in 'n geregtelike doodsondersoek het ek pas gesien hoe die vervolger wat sy suster se ongeluksdood in moord probeer omskep, twee deskundiges betaal het om blatant sy saak te sterk.

Elders gesien: Gee die agbare minister Gayton McKenzie ’n kans om homself te bewys

Mich 2024-07-03 Stem saam, hy gaan ons nog aangenaam verras.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die ontbinding van die Weste – ’n oorsig oor Emmanuel Todd se La défaite de l’Occident

Waldemar Gouws 2024-07-03 Magistraat! Baie dankie, prof. Rossouw. Die kompleksiteit waaraan hier aandag gegee word, laat mens besef hoe dapper Todd nie moet wees nie om sy greep so wyd en so diep te waag. Kan dit waar wees, soos hy dit stel, dat die krisis van die Weste die krisis

Afrikaanse koerante het lank gelei en mislei, nou is dit tyd vir vorentoe kyk

Henning 2024-07-03 In 'n stadium was ek byna drie maande lank in Nieu-Seeland en kon later nie meer wag vir 17:00 die middag om 'koerant' te lees nie. 'n Goedgeskrewe Afrikaanse teks op enige van die beskikbare blaaie het my met heimwee gevul, soms het trane spontaan opgewe

Die nuwe kabinet: Hoe lank gaan die RNE hou?

Thomas 2024-07-03 Ek is net bekommerd oor die minderwaardige poste wat die DA gekry het, aangesien hulle die tweede sterkste politieke party is.

Afrikaanse koerante het lank gelei en mislei, nou is dit tyd vir vorentoe kyk

Sanda Pretorius 2024-07-02 Ek dink die wêreld sal 'n beter plek wees as die banale, sensasiebehepte Rapport nie meer elke Sondag in elke winkel en kafee lê nie. Huisgenoot kan ook maar toegemaak word, want dit is nou swakker as wat dit ooit was.

Maalvleis deur Karen Hart: ’n onderhoud

Christelle 2024-07-02 Baie dankie vir die vroue wat hul resepte deel. Ek is nie 'n bobaaskok wat die games geërf het om uit my kop uit te kook of bak nie. Ek soek altyd 'n resep om te kan kos maak.

Afrikaanse koerante het lank gelei en mislei, nou is dit tyd vir vorentoe kyk

Joan Hambidge 2024-07-02 Inderdaad ‘n bitter pil. ‘n Paar ander kwessies: Waarom moes koerantmense in die pers verneem dat 400 mense hul werk sou verloor? Geliewe daarop te let dat van hierdie mense weerlose mense is sonder ander inkomstes. As dit nie vir Moneyweb was nie, so

Kortliks met Stefaans: 1 Julie 2024

Petro Pienaar 2024-07-02 Ek wonder wat Crito se kommentaar gaan wees. Nie dat dit belangrik is nie, want Crito se anonieme fascisme is meer lagwekkend as enigiets anders. Asof net sy weet wat goeie letterkunde en goeie resensies is. LOL.

Afrikaanse koerante het lank gelei en mislei, nou is dit tyd vir vorentoe kyk

Francois Verster 2024-07-02 'n Uitstekende oorsig, met diep insig. Die invloed (reikwydte) en trefkrag (oorredingskrag) van die digitale variante moet nog eers beleef word om beoordeel te word. Ek wonder byoorbeeld wat die rol en invloed van spotprente voortaan gaan wees, en gaan da

Fresh off the press: Commando: A Boer Journal of the Anglo-Boer War by Deneys Reitz, edited and annotated by Fransjohan Pretorius

Magda Laurens 2024-07-01 Sien uit daarna om dit te lees. My kleinkinders moet ook weet wat in ons land gebeur het, anders gaan dit verlore.

Kortliks met Stefaans: 1 Julie 2024

Surene 2024-07-01 Stefaans, ek hou van wat jy hier doen. Ek het gewonder hoe maak mens waar daar reeds baie lesersindrukke/ resensies geskryf is? Mens wil immers steeds aanbevelings maak..

Wat gebeur met die taal as Afrikaanse koerante sluit?

Hans Richardt 2024-07-01 Nee wat, taal is nie gebonde aan Media24-koerante nie, dit was net misbruik vir propaganda van agendas van redaksies. In stede sal streekdialekte beter herleef in gemeenskappe.

Forged in battle by Jan Breytenbach

HJ Bestbier 2024-06-30 Goeie dag Waar is dié boek beskikbaar? Is dit te koop in Namibië ook?

Wat gebeur met die taal as Afrikaanse koerante sluit?

Henning 2024-06-30 Bettina, mense glo vreemde dinge en dis 'n helse probleem. Geld moet 'n vervaldatum hê, dan, dalk net, stop die waansin. Gewone mensies se geld hou 'n maand of wat, want het die jirre dan nie met rede 'n aartappel gemaak om 'n maand te hou nie. Oe. Gil d

The book & the sword deur Jan K Coetzee: ’n dinamiese sinergie

Alta-Marie Venter 2024-06-30 Hierdie is 'n baie unieke uitstalling! Dit is voorwaar boeke/stories en kuns wat mekaar op so 'n uitsonderlike manier aanvul. Nog nooit so 'n uitstalling van boekkuns gesien nie. Die uitstekende detail van die beeldhouwerk en die diepte en insig van die

Kyk hoe ver het ons gekom: ’n gedig- en kortverhaalkompetisie

Marita Nieuwoudt-Pieterse 2024-06-30 Sal graag wil deelneem met gedigte sowel as kortverhaal.

Wat is op jou bedkassie? Loammi Wolf antwoord

Petrus Strijdom 2024-06-30 Vier-uur in die oggend ontdek ek Loammi Wolf op my selfoon deur haar briljante Daily Maverick-artikel oor John Hlope se onwettige toetrede tot die Parlement. Die naam Loammi interesseer my geweldig weens my studie oor die profeet Amos (en tydgenote soos H

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die ontbinding van die Weste – ’n oorsig oor Emmanuel Todd se La défaite de l’Occident

Chris Marnewick SC 2024-06-29 Ek het lanklaas 'n verhandeling so met aandag gelees en geniet. Baie dankie vir die weke, maande en energie wat dit geskep het.

Bokdrolletjies en boeke: 'n Jong leser se indruk van Springboekie deur Fanie Viljoen

Magda Laurens 2024-06-28 Liam, so trots op jou. Min kinders kan so opsom. Jy gaan nog 'n skrywer word.

Kyk hoe ver het ons gekom: ’n gedig- en kortverhaalkompetisie

Aniki Joseph 2024-06-28 Ek sal graag inskryf!

Wilgenhof: quo vadis, Willows?

Rupert Worsdale old Simonsberger 2024-06-28 This was a failure of the University authorities and they should be “shut down”.

Wat gebeur met die taal as Afrikaanse koerante sluit?

Charl Adams 2024-06-28 Die ongemaklike waarheid is dat jongmense besef dat Engels 'n voorvereiste is vir 'n suksesvolle loopbaan. Volgens Tyla Dallas (2022) is Afrikaans die moedertaal van 7,4 miljoen Suid-Afrikaners (12%), waarvan meer as die helfte nie-wit is. Hierdie propors

Mites oor die Afrikaner en Afrikaans

Kosie 2024-06-28 Dit is baie maklik om feite te manipuleer en verdraai en wanneer dit uit die pen van 'n bekende vloei, is dit natuurlik waar. Emily Hobhouse word nie vereer of hoog aangeslaan agv haar politieke siening nie, maar omdat sy hulp verleen het, gedurende en oo

Wat gebeur met die taal as Afrikaanse koerante sluit?

Bosluis Bruwer 2024-06-28 Naspers is 'n maatskappy. Maatskappye se eerste en enigste motief is wins. Die Naspers maatskappy is wel begin om Afrikaners en hulle taaltjie se belange te bevorder, maar tye het onherroeplik verander. Die Afrikaner het nie meer leiers nie, het nie meer

Reënboogrant Maats deur Maritha Snyman: ’n jonglesersindruk

Barend van der Merwe 2024-06-28 Ek het baie van skool gehou, maar soos meeste mense, dit eers besef toe my skooljare verby was. Tog, jongmense van vandag het dit gewis swaarder. Die druk op jongmense om te presteer neem jaar na jaar toe, daarom kan ek nie my eie jongmensjare vergelyk me

Luisterverhale: Sewe & sewentig stories oor ’n clown deur Fransi Phillips, voorgelees deur Tobie Cronjé

Dalene Oertel 2024-06-28 Baie dankie Fransi en Tobie en die span. Dit is so lekker om net te ontspan en te luister.

Luisterverhale: "’n Poort deur die koue" deur Jan Spies, voorgelees deur Tobie Cronjé

Nico 2024-06-28 Dit was heerlik om na Tobie se voorlesing te luister .. dit het my terug gevoer Na my kinder jare .. heerlik !

Luisterverhale: "Moeder koei" deur Jan Rabie, voorgelees deur Tobie Cronjé

Dalene Oertel 2024-06-28 Uitstekende verhaal en baie mooi voorgelees. Dankie hiervoor.

Kyk hoe ver het ons gekom: ’n gedig- en kortverhaalkompetisie

Eldorene Lombard 2024-06-27 Ja sal graag n gedig stuur

Om ’n resensie te skryf: Is platvloers skryf dan die teenoorgestelde van "pretensieus"?

Joan Hambidge 2024-06-27 Wyle Johan Combrink het beweer ‘n mens kan alleenlik uitsprake maak oor anglisismes as jy Afrikaans ken tot voor die 17e eeu. Hilaries ‘n anglisisme? Funeste en navrant staan in woordeboeke en sinoniemwoordeboeke. Volksvreemde taal? Miskien ken ek

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die ontbinding van die Weste – ’n oorsig oor Emmanuel Todd se La défaite de l’Occident

gert vd w 2024-06-26 Johann, jy is die deeglikste leser wat ek ken. Hierdie ontleding is twee doktorsgrade werd!! Gegewe Todd, wat is die rol van Afrika-aristokrate in die herwinning van die algemene goedheid van die mensdom en die natuur hier ter plaatse?

Jaco Jacobs (1980–)

Reatlegile 2024-06-26 I love your books.

Mites oor die Afrikaner en Afrikaans

Connie Kerkmuis 2024-06-26 Nee maar mooi, ek is bly vir hom. Letterkundiges en filosowe is egter nie noodwendig kenners van die linguistiek nie. Titels se ook nie iets nie. Daar is mense sonder titels wat veel meer weet as baie ander met titels. Daar is 'n sekere soort mens wat deu

Om ’n resensie te skryf: Is platvloers skryf dan die teenoorgestelde van "pretensieus"?

Joan Hambidge 2024-06-26 Wyle Johan Combrink het beweer ‘n mens kan alleenlik uitsprake maak oor anglisismes as jy Afrikaans ken tot voor die 17e eeu. Hilaries ‘n anglisisme? Funeste en navrant staan in woordeboeke en sinoniemwoordeboeke. Volksvreemde taal? Miskien ken ek
Top