Kommentaar

Hoe vergewe mens iemand gesien die konteks waarbinne hy geleef het?

Bertie du Plessis 2015-07-18 Baie maklik! Baie maklik Chris, dink net daaraan dat iemand in die toekoms jou weer gaan moet vergewe. Die hede is nie die eindpunt van morele ontwikkeling nie. 'n Bietjie nederigheid doen die ding, Boet. Jy ken mos die gesegde van "hindsight..."

Traak-my-nie-agtigheid: “the most insidious danger of all”

Anthony Wilson 2015-07-18 Bettina ek wil vir jou dankie sê vir ʼn baie profound artikel. Jammer maar die woord diepsinnigheid gee of het net nie dieselfde waarde nie. Glo my ek kyk uit vir jou artikels met elke eksemplaar. Jy en Jason Lloyd is twee mense wie ek nie graag mis wil

Nuwe Stories 3: Onderhoud met Carien Smith

Carien Smith 2015-07-18 Baie dankie! :)

Nuwe Stories 3: Onderhoud met Carien Smith

Carien Smith 2015-07-18 Baie dankie, Juffrou Hill! :)

Die derde graf deur Calvyn van Niekerk

Johan Coetzer 2015-07-18 Nou net die Derde Graf klaar gelees en terdeë geniet, hoop daar is nog op pad.

Traak-my-nie-agtigheid: “the most insidious danger of all”

s.devenish 2015-07-18 Want daar het nog nie 'n leier opgestaan wat meer oortuigend is as die media oor die magteloosheid van die individu nie. Sal jy ons lei? Ek belowe jou ek staan reg agter jou! As jy my kan oortuig dat jy Zuma en Putin kan verhoed om kernkragsentrales t

Nuwe Stories 3: Onderhoud met Carien Smith

Leslie Hill 2015-07-17 Vang jongs af het Carien onderhoude met bekendes uitgevoer. Dit het vir haar goeie insig gegee van ander se gevoelens, ondervinding en opinies. Nou gebruik sy die kennis kreatief. As voormalige onderwyseres ek baie trots op haar en haar prestasies.

Oor Pluto, Jupiter en spirituele dillusie

Thomas 2015-07-17 Kobus As ek jou reg verstaan is die totale wetenskaplike wêreld met een massiewe bedrogspul besig. Om te wat? Jou repliek is so ongesubstasieerd en sonder enige logiese redenasie dat dit nie 'n antwoord waardig is nie. Groetnis daar in Kammalnd

Help – ek soek liefde!

Johan 2015-07-17 Ek is 34 jaar oud en is op soek na ware liefde.

Onderhoud met Francois Smith: Om Kamphoer te skryf

Charlene 2015-07-17 Die boek Kamphoer het my in die hartseer en verniel van 'n vrou in my Afrikaner-geskiedenis ingetrek. Fiksie en geskiedenis het een geword. Die karakters kan nie vergeet word nie. Welgedaan aan Francois Smith.

Kerke dop die gaytoets

Jacob Badenhorst 2015-07-17 Toe ek 'n vorige keer gesê het dat die "nuwe teologie" doodgewoon ONGELOOF is, het Jean gesê ek moenie so "aggressief" wees wees nie. In hierdie artikel kom hyself uit die ongeloofkas om te sê dat die Bybel 'n doodgewoon menslike boek is sonder enige g

"Beloftes maak skuld" by Zan-Mari Vosges

Mari-Louise Joubert 2015-07-17 Soos altyd 'n inspirasie.

Oor Pluto, Jupiter en spirituele dillusie

Kobus de Klerk 2015-07-17 Nee, Thomas, ek het nêrens gesê dat daar nie sulke planete soos jupiter ens bestaan nie - ek sê hoe weet jy dit wat jy dink is jupiter, ens, is werklik jupiter oor daardie massiewe afstande? Bewys dit. Oor jou bewering van die wetenskaplike metodes

Hoe vergewe mens iemand gesien die konteks waarbinne hy geleef het?

Dirk Laurie 2015-07-17 Ek wonder hoeveel mense wat Totius op grond van "Kafferlied" as rassis kenteken ooit verby die titel lees. Die gedig is niks minder as 'n profesie nie, met slotsom: ja, die wittes is nou in beheer, maar die swartes se beurt gaan kom. Daniël Hugo het al o

Retensiereg en die Beechcraft 90

Gustaf Pienaar 2015-07-17 Beste Frikkie - met verskoning vir die vertraging: dankie vir jou navraag alreeds van 11 Julie. Soos met ander navrae van hierdie aard moet ek jou teleurstel: ek durf nie vir jou regsadvies gee nie; dit is nie die doel van "Regsalamanak" nie. Met dit ges

Oor Pluto, Jupiter en spirituele dillusie

Thomas 2015-07-17 Kobus Die bestaan van Pluto en Jupiter en hulle onderskeie mane is streng volgens die wetenskaplike metode bewys en geverifieer. Die teorie oor hulle bestaan kan hulle bewegings verklaar en voorspel. Die foto's van NASA is slegs verdere bevestiging. W

Afspraak

Christo Meyer 2015-07-17 Baie pragtig!

Geloof en fisiese kontrole ... volgens Kobus de Klerk

Kobus de Klerk 2015-07-17 Thomas, As jy bietjie minder naïef nadink oor die probleme waarmee NASA sit, sal jy dadelik besef dat hulle juis massas geld en hulpbronne bestee op 'n mog-het-troffe basis... hulle kan nie anders nie. Dit is nie asof hulle in die vliegtuig kan klim e

Vir Dirk oor onder andere emigrasie

Dirk Rigter 2015-07-17 Weet jy Jan, enige persoon wat na PW Botha en kie as "liberales" verwys se politieke denkraamwerk is só verwronge, dis geheel en al onmoontlik om 'n intelligente debat met so iemand te voer. Het jy dalk politieke harsingskudding opgedoen? En toe in 19

Geloof en fisiese kontrole ... volgens Kobus de Klerk

Kobus de Klerk 2015-07-17 Angus, Ja, natuurlik kan niks tot stand kan kom sonder die beplanning en skepping deur ʼn intelligente wese nie. In die geval van die hemel en aarde in die volle omvang daarvan, die onbegrensde, verbysterende Intelligensie van God die Skepper. Bring

Geloof en fisiese kontrole ... volgens Kobus de Klerk

Angus 2015-07-16 Beste Kobus, Wie God gemaak het, is nie my probleem soos jy te kenne wil gee nie; dis Christene en jou probleem. Ek het dit tog duidelik gestel, dat ek weet wie het God gemaak. Hy is ʼn fiktiewe karakter geskep deur storievertellers en fiksieskrywers du

Resensie: Boekstaaf deur Nini Bennett

Nicolette 2015-07-16 Diepgaande en gefundeerde resensie. Die konsep van "evidence-based" is beslis hier van toepassing en die resensent verdien vermelding daarvoor. Ek stem saam met Mellet dat slegs 'n bundel met diepte en waarde so 'n volledige resensie voorafgaan. Boekst

Kerke dop die gaytoets

Hennie 2015-07-16 Ek is 'n mens wat in hedendaagse terme beskryf en ge-label kan word as 'n gay man. Die konteks, kultuur, en samelewing waarin ek grootgeword het se boodskap aan my was dat om te voel wat ek voel verkeerd en 'n sonde is wat in die hel gaan opeindig. Ek wa

"Love" by Khayelihle Khumalo

khayelihle 2015-07-16 Great message in this lyrics. We need more songs like this one in South Africa to inspire people and remind us that we are human.I wish LitNet can pitch these lyrics to a recording artist so the world can hear this message and help this lyricist so he can

Dis vis en tjips

Varkspek 2015-07-16 Ek wag wragtig nie so lank vir snoek nie, hou nie daarvan nie. Nie oor die vis nie, maar oor die grate. Die vis self kan nogal lekker wees, maar dis vir my 'n onbegonne taak om tussendeur die grate klein stukkies vleis uit te grawe. Ek eet eintlik maar ne

Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?

Louis Oosthuizen 2015-07-16 So baie spasie wat gebruik word, gelukkig was dit nie op papier nie, want onnodig baie bome sou sterf daarvoor. Mens hoef net te kyk na die bibliografie om te sien dat die artikel effens na links leen. Nêrens stry hulle teen die mense soos Henry Nouwen n

Kerke dop die gaytoets

Louis Oosthuizen 2015-07-16 Die artikel lewer niks nuut nie. Hy gooi dieselfde argumente oor die Ou Testament en Jean verstaan glad nie hoekom dit gedoen is en die redes daaragter nie, en die feit dat hy dit self gestop en al die pyn op sy seun uitgestort het. Ek is verdraagsaam te

Fokusberoep: Onderwyseres

Sylvia 2015-07-16 Ek wil graag iets beter as 'n onderwyser word,maar ek het geen ander keuse nie.Ek wil graag 'n Dokter word, maar almal plaas baie druk op my om onderwys te swot ... enige raad vir motivering asb.

Oor Pluto, Jupiter en spirituele dillusie

Kobus de Klerk 2015-07-16 Mens is gevaarlik as jy vra vir bewyse waarin jy blindelings glo sonder enige bewys, Thomas? Vir God is daar natuurlik legio bewyse, soos reeds telkemale uitgewys. Die feit dat jy dit in jou agnostiese toestand nie kan begryp nie, doen daar egter geen afb

Probleme bolangs

George Bekker 2015-07-16 Reusedwerg, dankie vir jou kommentaar. In die laaste plek is die groot probleem Mammon: GELD. Sal graag iemand wil ontmoet wat voel hy het genoeg geld. Dit sal lekker wees om saam met die persoon tee te drink en net te luister wat hy/sy meedeel. Hoe meer

Kerke dop die gaytoets

Jean Oosthuizen 2015-07-16 In die gesprek oor homoseksualiteit is hier interessante kommentaar gelewer. Mens raak soms moeg vir die gesprek maar dit is goed om te sien hoe die gety tog stadig maar seker besig is om in die rigting van groter verdraagsaamheid draai. Tien jaar geled

Geloof en fisiese kontrole ... volgens Kobus de Klerk

Kobus de Klerk 2015-07-16 Angus, hierdie vraag van jou, naamlik wie God geskep en tot stand gebring het, is nie logies nie. Hoe kan jy wil voorgee dat die oorspronklike Skepper, ook 'n skepper moet hê? Waarom is dit nodig? Dit is ook onlogies. Verbasend dat julle sommer net aa

Geloof en fisiese kontrole ... volgens Kobus de Klerk

Kobus de Klerk 2015-07-16 Jy's vas, Rigter, duidelik nie ek nie. Jy kan niks sê omtrent waarmee jy gekonfronteer word uit dit wat ek weergee nie, of is jy in staat om iets redelik kompleks sonder intelligensie en beplanning te skep en tot stand te bring of bewys te lewer dat so

Geloof en fisiese kontrole ... volgens Kobus de Klerk

Thomas 2015-07-16 Kobus So, jy glo dat NASA honderde miljoene dollars spandeer op 'n mogge-se-troffe manier en nie eers seker is dat Pluto Pluto is nie. Hoekom stuur jy nie vir NASA 'n briefie met jou teorieë nie? Die antwoord is eintlik baie eenvoudig. Jy het 'n totale

Leesbegripoefening vir Graad 7-leerlinge

Ronél le Roux 2015-07-16 Henk, wonderlike werk. Dankie! Ek sal graag op hoogte wil wees van nuwe plasings.

Die noodsaaklikheid van 'n totaal “ander” teologie

Angus 2015-07-16 Vee sommer die Bybel ook van die tafel af. Dis 'n gevaarlike boek vol moord en allerhande skelmstreke.

Die noodsaaklikheid van 'n totaal “ander” teologie

Angus 2015-07-15 As jy sê jy gebruik die Bybel as rigtingwyser, dan het jy beslis nie die Bybel gelees nie. Daarmee bedoel ek die hele Bybel, van voor tot agter; nie net Ps. 23 en Johannes 14 nie.

Kerke dop die gaytoets

ML 2015-07-15 As God en die Bybel nie meer relevant of modern genoeg is vir vandag se mense nie, wat is volgende in die wêreldlinge se visier?

Geloof en fisiese kontrole ... volgens Kobus de Klerk

Angus 2015-07-15 Dis mos wat ek ook wil weet. Wie het die Christen se God geskep en tot stand gebring? Volgens Kobus moes dit mos 'n intelligente wese gewees het wat so 'n kompleksiteit kan beplan en skep? My antwoord is dat God 'n fiktiewe karakter is, geskep deur pui

Kerke dop die gaytoets

Kobus de Klerk 2015-07-15 Veel, veel eerder die sogenaamde 'gaytoets' dop as God se toets vir gehoorsaamheid. Al die kunsmatige argumente om iets te probeer goedpraat wat deur God as 'n gruwel, 'n abominasie, beskou en beskryf word, doen aan die feit van God se afkeur daaraan, a
Top