LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie April.
![]() |
Lekker & Gesond 3:1 Diabetes-vriendelike poedings en gebak Mense met diabetes wil ook soms iets lekkers eet. Geniet gerus af en toe, sonder om skuldig te voel, ’n gereg uit dié boek. Jy mag maar! Al dié gunstelingresepte het ’n lae glukemiese indeks (GI) én ’n lae versadigde (dier-)vetinhoud en is dus geskik vir die hele gesin. |
![]() |
Healthy & Tasty 3:1 Diabetes-friendly desserts and baking People with diabetes also want to enjoy an occasional treat. They are allowed to enjoy the dishes in this book without feeling guilty. All these recipes have a low glycaemic index (GI) as well as a low saturated (animal) fat content, making them suitable for the whole family. |
![]() |
Lekker & Gesond 3:2 Gesonde kosblikke Ons is ál meer tyd weg van die huis af weens ons gejaagde lewenstyl. Die gevolg is ongesonde eetpatrone. Kitskos en energiedrankies word wyd en syd bemark as die antwoord op dié tameletjie. Helaas, dit dra juis by tot die ontwikkeling van leefstylsiektes weens die hoë inhoud van verfynde koolhidrate (suiker), sout en verwerkte vette, asook kunsmatige kleur-, geur- en preserveermiddels. |
![]() |
Healthy & Tasty 3:2 Healthy lunchboxes We spend more and more time away from home because of our frantic lifestyle. This inevitably leads to unhealthy eating patterns. We are inundated by slick marketing campaigns that sell fast food and energy drinks as the answer to this dilemma. Unfortunately, this contributes to the development or lifestyle diseases due to the high content or refined carbohydrates (sugar), salt and processed fats, as well as artificial colourings, flavourings and preservatives found in these foods. |
![]() |
Huweliksklokkies op Jakkalswater Twee splinternuwe Sarah du Pisanie-stories word hier gebundel. Dit volg op die verhale Jakkalswater, ’n Vrou vir Herman en Piet se Beurt wat deel is van die geliefde Jakkalswater-reeks. Ben en Faan is 'n identiese tweeling en die jongste Van Rensburg-broers wat op en om Jakkalswater woon. In hierdie twee stories kry hulle hul pasmaats. |
![]() |
Lawwe Geluide: Die wiele van die bus Ses geluide en ’n kindervriendelike teks gedruk op duursame karton. |
![]() |
Lawwe Geluide: Ou oom Klasie het ’n plaas Kom kuier by oom Klasie op die plaas, druk die knoppies en hoor ses geluide! |
![]() |
Lawwe Geluide: Raserige diere ISBN: 9780799372717 Kom swaai saam met Arno Apie tussen die takke rond terwyl hy die raserige diere leer ken, daar is ses geluide vir wat klein vingertjies wat kan knippies druk! |
![]() |
Lawwe Geluide: Raserige voertuie Pragtige illustrasies en ses geluide terwyl jy saam met Tommy Taxi en sy raserige maats deur die stad ry. |
![]() |
Onmoontlike mansmens Karien Kruger trou met Hugo Steyn omdat hy dan die beplande ontwikkeling van haar tuisdorp sal stopsit. Die saketransaksie beweeg egter gevaarlik na aan haar hart wanneer sy besef sy het gevoelens vir Hugo ontwikkel. |
![]() |
Perfek vir haar Karla Minnaar is heimlik verlief op Doktor Johan Cloete. Sy vergesel hom na die Karoo op een van sy navorsingsekspedisies. Maar net toe sy dink om haar gevoelens aan hom bekend te maak, verskyn sy eks-verloofde op die toneel ... |
![]() |
Plasenta Teen die einde van die derde boek, Waar boosheid broei, is Thys Krige se loopbaan by ’n laagtepunt. In Plasenta tel hy die stukkies op en besluit om die laaste hoofstukke van sy troebel verlede af te sluit. Thys kyk sy demone in die oë en begin die ontvoering van sy halfsuster, Karen Borijn, én die dood van sy minnares, Robyn Arendse ondersoek. Karen is meer as vyftien jaar gelede, op twaalfjarige ouderdom ontvoer. Die vraag is of sy nog leef, en indien wel, in watter toestand sal sy wees as hy haar opspoor? Jong meisies word vir die sekshandel ontvoer en Thys weet dit. Sy speurvernuf bring hom op die spoor van ’n Turkse sluipmoordenaar wat hom na Maputo toe lei vanwaar ontvoerde meisies verskeep word na Pakistan. |
![]() |
Verspeelde tyd Moira weier om haar tienjaar matriekreünie by te woon. Deetlef het haar destyds verneder deur haar ’n week voor die matriekafskeid mee te deel dat hy eerder vir Nata soontoe sal vergesel. Nou wil Deetlef opmaak ... |
![]() |
Vlerke vir jou hart Bronwen Lindeque raak verlief op die sjokolateur, Sylvain Dubois, by wie sy ’n sjokolateurskursus in Frankryk loop. Sy stem in om sy duiwe op te pas, maar toe een wegraak, vertroebel hulle verhouding. |
Besoek LAPA se webtuiste hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.
















Kommentaar
Op soek na boek wat ’n ma geskryf het oor haar dogter wat outisties geraak het na breinvliesontsteking. Sy is ’n sielkundige en het ook twee seuns. Wat is die skrywer se naam en boek se titel? Sy was ook op Kwêla.