Hoe ver is ver?

  • 1

Ek en my kleinnig se lewensmaat sit nou die dag op die sypaadjie en drink oa koffie en gesels. Hy is eintlik Ingels maar praat baie goed Afrikaans. So nou en dan slaan hy oor Ingels toe wanneer hy uit woordeskat raak en dan val hy weer terug Afrikaans toe.

Hy en kleinnig is op pad Ingeland toe om vir haar dogter en sy bejaarde moeder en familie te gaan kuier. Die besoek is voorheen weens kleinnig se siekte afgestel en hy is tans besig met nuwe reisreëlings vir September of Oktober. Hy en sy sus wat in Ingeland woon is besig om so tussen die gesels deur mekaar te whatsapp. Die gesprek gaan oor hoe lank is die kuier en wat beplan hulle alles en einde ten laaste wil die sus weet nou wanneer kom hulle doerie kant toe.

Kleinnig se lewensmaat laat weet sus oorkant die water toe met die watsapp, so die 18de, 19de, 20ste September.

My genugtig laat sus weet nou wat se vlug vat so lank doerie kant toe. Kleinnig se lewensmaat sê toe net hy wonder nou oor sy suster.
Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top