Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
LitNet2008-06-18
Redakteur, In 'n onlangse onderhoud het Pres Mbeki, op 'n vraag rakende die persepsie van 'n leierskapvakuum in SA, onder andere gesê dat almal in die land leiding moet neem om die "challenges" van die land aan te spreek. Met die ...
LitNet2008-06-18
Hulle is die naweek toe weer hier verby. Elfduisend van hulle. ʼn Semi-komatose mensegewriemel. ’n Mobiele beswyming.Die Kom Rits is die enigste resies op aarde wat niemand wil wen nie. Of amper niemand, om darem nou regverdig te wees.Ek ...
LitNet2008-06-13Maya, jy vra “Hoe dink jy gaan ʼn vrou voel as sy vir nege maande lank, elke minuut van die dag, elke sekond van die dag, herinner word aan haar verkragting? Dink jy, my ou, dat sy goed gaan voel daaroor? Dink jy sy gaan vrede maak ...
LitNet2008-06-13
Sovele van die waarhede wat sovele gelowe verkondig is ou ou kennis. Ek het soveel waarhede uit monde van mense gehoor wat nog nie eens van Boeddha of enige ander filosoof gehoor het nie. Mense wat in baie gevalle nie kon lees of skryf nie. Die ...
LitNet2008-06-13Pro-Dink, die meeste van die boeke wat ek al gelees het oor die onderwerp is dit juis eens dat daar 'n universele ervaring is van alle mense wat NDE's gehad het – ongeag ras, taal en kultuur. Dit is die een van die lig en die tonnel (of ...
LitNet2008-06-12
Jan Maarschalk se skrywe oor die tak in die bos het my aan die dink gesit. Wat hoor 'n mens as 'n tak in 'n bos breek waar niemand is om dit te hoor nie? Die antwoord is niks. Maar vir my is dit wat die gesprek self van ons sê ter sake. ...
LitNet2008-06-11
Ek praat vandag as ʼn Engelsprekende wat in Pretoria baie lank gelede groot geword het. Om te kan speel in die buurt, moes ek die taal aanleer. Dit was nie moeilik nie. Dit maak sin en is nie gebonde aan duisende onnodige taalreëls en ...
LitNet2008-06-11
(… dan soek ek in die maanlig al die mooiste plekkies uit waar ek kleiosse gemaak het as ʼn kind. Toon van den Heever: IN DIE HOËVELD)
Runderpes en ’n tweede vryheidsoorlog, net voor die sprong van eeu agtien na eeu ...
LitNet2008-06-09
Oom Gawie was die storieverteller van die familie. Baie aande het ons in die gesinskamer gesit, die hele familie bymekaar, en geluister na sy fabels van slange, spinnekoppe en die Weermag. Oom Gawie was 'n RSM in die SAW, met 'n vertelsverbeelding ...
LitNet2008-06-08
Hierdie is 'n debat oor die doodstraf, maar ek wil nie sê hoekom ek daarteen is nie, maar eerder vertel van my dag by Old Sparky. Old Sparky, vir dié wat nie weet nie, is die bynaam van die elektriese stoel en die een waarop ek kon ...
LitNet2008-06-06
Doer in die depressiejare het die moeilikheid al begin en tot na die groot oorlog finaal sy gat gesien het in 1945 se koers, was dinge vir die mense in alle dele van die wêreld nie so hunky dory nie. Wat ookal gedoen was, om die oorlog te ...
LitNet2008-06-06
Mag mens hoegenaamd die hele aardverwarming-feit in twyfel trek? Ek meen, as selfs die bekendste mense die feite so ooglopend noem, wie is ek, gewone mens om die magdom bladsye te betwyfel? Tog ruik ek hond. Ek meen, dit is die buzz-woord deesdae ...
LitNet2008-06-05
Toe ek as kind in Marabastad opgegroei het, het veral een ding my opgeval. Die tradisionele getooi van Ndebele-vrouens op 'n Sondag, en mans met hul fietse "spick & span", wat die ntombi’s wou beïndruk. Deesdae is dit ...
LitNet2008-06-04
Toe my suster my ewe opgewonde verlede week uit Plettenbergbaai bel, het ek gedink sy sien gesigte pleks van 'n klomp walvisse. Dis mos te vroeg, en buitendien sien ons elke jaar walvisse hier in Kleinmond net mooi 'n week voordat hulle die ...
LitNet2008-06-03
Ek weet nie hoe bekend is julle met die suide van ons land nie? Dis mos maar 'n karige, kaal wêreld op beste van tye en 'n plek waar die skaap amper met 'n fiets van bossie tot bossie moet ry. In die droogmaande voor die reën dan kan ...
LitNet2008-06-02
Vega, in jou brekfisbrief vra jy oor die Meksikaners se 'weggee-kultuur'. Dis vreemd en opwindend hoe mense en kulture verskil, maar origens wil dit my voorkom asof almal, van oos tot wes en suid tot noord, so graag hulle kultuur en gewoontes wil ...
LitNet2008-06-01
Mense sien nie noodwendig politieke partye meer as die primêre of enigste spreekbuis waardeur hulle hul politieke wil kan uitdruk nie. Dit is 'n onbetwisbare feit. Mense konformeer ook nie meer in alle dinge aan die ideologiese pakket wat ...
LitNet2008-05-31
Toe ek en my man ’n paar jaar terug in Meksiko was om ’n konferensie by te woon, het al die konferensiegangers saam in die hotel waar dit aangebied is gebly. Een oggend kom sit ’n Meksikaanse paartjie wat ons al voorheen leer ken ...
LitNet2008-05-30
Luister maar as die manne begin gesels, die een of ander tyd gaan dit oor spoed. Hier by ons praat hulle oor hoe vinnig jy kus toe kan ry, Kaap toe of Gauteng toe. Die motorvervaardigers speel saam en al lekkerder voertuie kom op die mark om ...
LitNet2008-05-29
My ou Duitse Herdershond het homself een middag langs my lessenaar gaan neerlê en teen die aand was dit duidelik dat hy nooit weer daar sou opstaan nie. Ek het swaar gesluk aan die besef dat die vyf weke oue wolbondel wat ek destyds in my ...