Bokomo-brekfisbrief; 29/06/08: My vriend Chigurh

  • 0

ʼn Gelowige ou Tannie gaan staan elke dag soos klokslag op haar voorstoep, bid hardop en bedank die Here vir alles wat sy uit Sy hand ontvang. Die ongelowige man wat langs haar bly luister na haar gebede en telkens as sy klaar gebid het, snou hy haar toe: "Daar is geen God nie, jy bedank Hom verniet!" Eendag gebeur dit dat die Tannie begin noustrop trek en daar omtrent niks meer kruideniersware in die huis oor is nie.

Sy maak die feit aan God bekend in haar gebed die volgende oggend, waarop die ongelowige man weer skree dat daar geen God is nie!

Die volgende oggend toe die Tannie buite kom, staan daar ʼn groot sak met kruideniersware. Dadelik bid sy en bedank God vir die voorsiening wat Hy gemaak het. Direk daarna spring haar ongelowige buurman uit sy skuilplek uit en sê vir haar: "Ek het die kruideniersware vir jou gekoop, nie jou God nie! Daar is geen God nie!" Dadelik bid die Tannie hardop en bedank God dat Hy nie net vir haar kruideniersware gekoop het nie, maar sowaar selfs die Duiwel laat betaal het daarvoor!

Groetnis.

Neels (Husky) Visser

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top