Bokomo-brekfisbrief; 13/07/08: My vriend Kobus – die laaste brief

  • 0

Beste Kobus,

In die paar maande wat ons hier gedagtes uitruil het ek 'n ietwat teensinnige deernis met jou ontwikkel. Jou onlangse briewe dui al meer op 'n man wat wanhopig aan idees/gedagtes/tye vasklou wat finaal in die niet verdwyn het.

Deur die dun lagie van selfversekerdheid was dit nog altyd duidelik dat jy kwesbaar is, maar dit het ons Krokkie geneem om met 'n geniepsige sweepslag jou Pandora-kissie te ontsluit. Nieteenstaande jou ontkennings laat daardie een brief jou steeds soos 'n gewonde buffel rondstorm.

Soos die ou mite dat wysheid met ouderdom kom, kan ek simpatiseer dat dit vir jou moeilik is om uit te breek. Die ironie is dat niemand (selfs nie Thomas) ooit van jou verwag het om uit te breek nie. Ons het vrede met jou oortuigings.

Dit is my ervaring dat selfs die vaagste gerug van advies jou laat terugtrek in jou skulp van eiegeregtigheid, maar net 'n gedagte: Jy is lief daarvoor om mense aan te spoor om weer jou briewe te lees. Mag ek voorstel dat jy self sommige van jou laaste briewe, veral dié aan en oor Krokodil, weer gaan lees.

Vra jouself dan af: Hoe weerspieël hierdie brief die krag van my God in my lewe?

En hou maar aan om daardie vraag te vra.

Chigurh

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top