Bokomo-brekfisbrief; 14/07/08: Ope brief aan André le Roux du Toit

  • 0

Beste Koos,

Verwysende na jou resensie van Alles mooi weer, net 'n paar opmerkinge. Vir die rekord was die vorige Genugtig!-boek wat jy in Rapport afgeskiet het Heita Kiewietan. Jy het toe tot by bl 61 gevorder en is genoop om jou lesery te staak vanweë “slordige taal en sloppy editing”. Die volgende Genugtig!-boek wat jy resenseer stop jy op bl 96, want die boek is te "literêr" en dat dit "eise aan jou verstand stel." In jou eie woorde is “my verstand eenvoudig te dom of te lui” om die werk aan te gryp. Jy het waarderring vir Genugtig! wat “een van jou gunsteling uitgewers is.” Het jy al gewonder hoe dit moontlik is dat 'n uitgewer so kan skommel tussen uiterstes – of was daar 'n oorname?

Volgens jou webblad is jy die outeur van 10 boeke en 10 cd’s, wat op sigself 'n groot prestasie is. Nou wonder ek, as 'n boek kak is, lees jy dit nie klaar nie (te verstane); as hy goed is, ook nie. Is jy dalk ‘in between’ die werklikheid waar jy die goddelike insig het om boeke ongelees te resenseer?

Jy was en is 'n ikoon vir 'n sekere groep Afrikaanse bewonderaars. Franz Grillparzer het geskryf:

“If we notice a few errors in the work of a proven master, we may and even will often be correct; if we believe, however, that he is completely and utterly mistaken, we are in danger of missing his entire concept.”

Wat is jou concept, Koos?

Jeanne Goosen het voorgestel ek stuur my tweede roman Willemien word groot aan jou vir indrukke. Ongelukkig dink ek jy is dalk te “dom of te lui” om die boek klaar te lees.

Willem Abrham Nel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top