Bokomo-brekfisbrief; 30/06/08: Namib het reg, dis net ons wat so kan 'Namlish'

  • 0

Dat almal mekaar kan verstaan in hierdie land bly ’n wonder. Namlish kraai daagliks koning – Engels soos net ons Namibiërs dit kan praat.

Verlede week het ek een hogere staatsamptenaar uitgenooi om die kursusgangers toe te spreek. Een van die stadsklerke raak toe erg ontsteld oor wat die man te sê het en wil terstond in die middel van die aanbieding ’n antwoord hê. Onse staatsamptenaar moes toe afwyk van sy voorbereide Ingilse toespraak en laat hoor toe met die grootste selfvertroue: “Yes man, I will, eh ... verduidelik that netnou, OK nè?”

Namlish het sommer al doer in 1990 begin toe een van ons omroepers op ons nasionale nuus Queen Elisabeth II lees as “Queen Elisabet eleven”. Hy het ook na haar man verwys as “The Duck of Edinburk”.

Ons universiteit, ‘The University of Namibia’, staan bekend as UNAM. Reken ons “Vader van die Nasie”, Dr Sam Nuyoma mos toe in een van sy vurige toesprake: “The UNAM of Zambia did it, the UNAM of South Africa did it, the UNAM of Zimbabwe did it; why can’t we did it?”

In ’n ander toespraak van ’n politikus moes ons hoor: “The youth men dlink vely vely much; blandy, whisky, vodka, anything – even hot stuff. Also Windhoek Laga, Tafel Laga, Castel and even beer.”

In haar betoog vir slegs die gebruik van Engels op die kampus, het ʼn studenteraadslid maar eerder haar toespraak in Afrikaans gehou omdat, in haar eie woorde: “Ek kan my nou nie so baie lekker in English express nie”.

Ek was onlangs in gesprek met ’n bestuurder wat sy sekretaresse vir amper alles wat fout gaan blameer. Sy tipiese Namlish het min of meer soos volg geklink:

“Man, this girl is not serious, I tell you. Ag shame, I know she have problems but really the new struggle is big. When I asked her how is the morning, she cried tears and said she quickly must go to her sick child. She said she come back now-now. See how late is it now man and she is the person to sit at this computer. Man I really expect her to be quick-quick but she do not want to become serious. The problem is this: I become gatvol because the modern girls of today are not serious in this times.”

As die Yanks en die Aussies hulle eie vorme van Engels het, kan ons seker maar ook mal gaan met Namlish.

Terloops, ek was baie beïndruk met daai Leonardo di Caprio (spelling?) ou se Suid-Afrikaanse aksent in die fliek Blood Diamond, veral toe hy in ’n oomblik van frustrasie ’n verergde “doos!” laat hoor.

Dannyboy

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top