Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
LitNet2008-08-02
Albert Einstein het in Julie 1905, toe 26 jaar oud, sy relatiwiteitsbeginsel geformuleer terwyl hy maar net ‘n graad 3-klerk in Switserland was, en dit toe aan die bekende tydskrif Annalen der Physik in Berlyn, Duitsland gestuur. Drude, self ...
LitNet2008-08-02
Melt, mag ek ook aansluit by die wellus clinic, asseblief! My oog het die advertensie op die brieweblad gevang en nou verstaan ek ook die voordele aan wellus verbonde. Ek hou veral van die: “Gesonde, volhoubare gewigsverlies met ons ...
LitNet2008-07-31
Gerhard lê so behaaglik terug in sy eetkamerstoel en stoot sy bord terug. Hy kan nie meer 'n hap ekstra eet nie. Sulke vars kabeljou doer van die kus af is darem maar lekker op sy tyd so tussen al die gevleisery deur hier in die binneland, ...
LitNet2008-07-30
Ek weet nie waarom daar nou so ophef gemaak word van die Quantas-vliegtuig se “insidentjie” nie. Is dit omdat dit ʼn eerstewêreldse lugredery is of nie? Die Amerikaanse lugvaartorganisasie stel elke jaar ʼn ...
LitNet2008-07-29
Die SABC se nuuskantoor sorg gereeld vir snaaksighede wat ʼn heel ander betekenis aan ʼn stelling gee. Mens kry die indruk dat daar nie meer nuusredakteurs oor is wat oplet na sinskonstruksie nie. Of gemengde metafore nie. Of selfs blote ...
LitNet2008-07-28
Na aanleiding van FB se lekker brief oor die gesoenery in die Afrikanerkultuur gee ek ook my twee vir 'n stuiwer. Ek haat die gesoenery onder die Afrikaners met 'n passie. Ek het op hoërskool al geweier om tannies wat kom kuier te soen en het ...
LitNet2008-07-25
Ek is persoonlik nie juis gaande daaroor om ieder en elk wat aanspraak daarop maak dat hulle 'n goeie vriend of vriendin, 'n familielid, 'n onderwyseres of 'n kollega is, op die mond te soen nie. Dit blyk egter dat hierdie praktyk ingewortel is in ...
LitNet2008-07-25
Ek is nie 'n kerkgaande mens nie. Want ek glo eenvoudig nie aan die kerk as 'n instelling nie. Die redes daarvoor is legio en nie iets wat ek hier wil bespreek nie en beslis ook nie 'n onderwerp wat oop is vir debat nie. Ek bid egter elke aand vir ...
LitNet2008-07-25
WIMPIE vertel hoe hy soos ʼn wafferse SWERWER of dapper AFRIKAAN in die Kaap kuier. Behalwe vir ʼn BBLONDIE sien hy daar ʼn Engelssprekende 46664-nommer wat soos ʼn ware TOMMIE aangaan. MAYA wil iewers in die NAMIB gaan vakansie ...
LitNet2008-07-24
Mense in Suid-Afrika vra dikwels vir ons wat ons in Nieu-Zeeland maak, wat dan nou eintlik so lekker is hier is en of dit dan nou lekkerder is as in Suid-Afrika. Baie van ons vriende word herhaaldelik dieselfde vraag gevra en almal weet mos dit ...
LitNet2008-07-23
Ek kan nie durf waag om sy regte naam te gebruik nie. Nie dat hy sal omgee nie, maar omdat ek sal. En jammer, Dana, maar soms is dit beter om dinge so half "weg te steek" ter wille van die onderwerp of dalk ter wille van die boodskapper. ...
LitNet2008-07-22
Die vloekwoord is ʼn normale en gesonde deel van enige taal. Om dit te ignoreer is om ʼn baie belangrike deel van ʼn taal te ontken. Dit is ʼn kragtige vorm van uitdrukking wat ʼn sekere deel van menslike emosie weerspieël ...
LitNet2008-07-21
Maandae is altyd blou, veral na ʼn naweek. Hoekom moes Maandag nou juis volg op Sondag? Kon dit nie eerder gevolg het op Dinsdag nie; dan was Dinsdae blou. Ons manne, Diklieg, Hannes en ek het Saterdagmiddag voor, tussen en na die rugby by ons ...
LitNet2008-07-18
Hier volg 'n bietjie bewonderaarspos. JC Kannemeyer se nuutste publikasie is omtrént 'n boek. Ek hoop dit bring vir hom baie tantième en akkolades in, want die werk verdien dit. Dis mooi uitgegee en hou lekker vas en dit lees soos 'n ...
LitNet2008-07-18
Daar is 'n nuwe virus, een wat elke mens se sentrale menswees affekteer, oorneem en permanente skade berokken. 'n Letsel van minderwaardigheid agterlaat. Suigsiekte. Die moderne siekte met ondertone van afgeleefde en verlore waardes. Die lewe is ...
LitNet2008-07-18
Jis, Benna!ʼn Paar jaar gelede toe die Springbokke maar gesukkel het, pleeg Niekie van den Berg hierdie klassieke gemengde metafoor: "Die Springbokke sal nog baie water in die see moet laat loop voor hulle die wa uit die drif kan sleep....
LitNet2008-07-17
Terwyl daar landwyd 'n Mandela-mania uitgebreek het oor Madiba se 90ste verjaarsdag wonder ek wie sou sy verhaal opreg kon vertel. Dié wat hom ken weet hy is plat op die aarde. Hy sou byvoorbeeld die eerste een wees wat sou weier dat Julie ...
LitNet2008-07-17
*Ek hoor nou net op RSG se 'Musiek sonder grense', na 'n Afrikaanse liedjie deur die /Africa Tenors/, die aanbiedster sê mens moet die feit waardeer dat hulle bereid is om in Afrikaans te sing. BEREID? Sal iemand ooit sê Dozi is BEREID ...
LitNet2008-07-16
"Big Ben" vertel vir my eendag hierdie storie wat dalk moontlik op ʼn ware gebeurtenis geskoei is. Soos dit enige getroue vriend betaam, staan Ben sy vriend Erik toe mos by op sy dag van nood (troudag)!Gelukkig is hy nie opgeroep om ...
LitNet2008-07-14
Daar’s, dink ek, ’n boek met allerlei snaaksighede wat oor die jare uit die monde van krieketkommentators gekom het. Dis natuurlik nie rêrig "blapse" nie – dis bloot (heel toevallig) ’n komiese samekoms van ...