Bokomo-brekfisbrief; 27/08/08: Kont op 'n fiets en 'n vragie aan vrouens

  • 0

 

Vanoggend moes ek ver met die fiets ry. Hier by my in die buurt het die reën saggies geval en ek het my voorberei op 'n nat 8km oppad na die afspraak toe. Ek het my reën-pak oor my klere aangetrek, my besigheidstassie veilig in my rugsakkie gesit en die fiets met die mooi vlaggie op die modderskerm bestyg.

 

Om uit die sentrum van Amsterdam te kom is redelik maklik, die fietspad is druk met fietse wat inkom stad toe en ek het 'n redelike oop ryvlak voor my gehad. Ek het 'n maklike vinnige roete gekies agv die reën. Reguit by Centraal Station verby met Prins Hendrikkade, dan Haarlemmerdijk af, suid van die Westerpark, vat ek dan Haarlemmerweg en dit neem my reguit tot in Geuzenveld. Aan die een kant van die fietspad is dit pragtige waterkanale en huise; aan die ander kant 'n besige dubbelpad.

Na my afspraak was die reën weg en kon ek 'n meer scenic roete terugneem huis toe. Ek het net een blok tot in die buurt gery langs die dubbelpad en so in die algemene rigting van die middestad gefiets. 'n Mens kan seker nie te ver afdwaal in net 8km nie, het ek by myself gedink.

Om te oorleef in Amsterdam moet jy die padreëls nakom, of jy nou 'n voetganger of 'n karbestuurder is. En die paaie is vol. Dit begin met voetgangers: jaywalkers en diegene wat die reëls redelik goed volg. By die voetoorgange in die sentrum van die stad wys die rooi lig hoeveel sekondes jy nog moet wag voor dit jou beurt is om met groen te loop. Meeste mense volg die reël van wag vir die groen mannetjie. Dieselfde geld vir fietse. Jy het jou eie klein verkeersliggie onder op die verkeersligpaal. As jy wag, behoort jy nooit eers links of regs te kyk wanneer daardie groen fietsie op die paal wys jy kan maar trap nie. Almal wag dan vir jou: lorries, karre, tot die trems. Maar soms moet jy lank wag, en dan sien jy die ongeduldiges wat kanse vat en die klokkies van die trems wat hulle waarsku om uit die pad te kom.

In die middel van baie van die paaie is daar tremspore. As jy dus 'n pad wil kruis as 'n jaywalking voetganger, moet jy eers kyk vir fietse op die fietspad. Dié kan van links of regs kom, maar gewoonlik van links. Dan is dit die gewone karre se baan, van links. Dan die tremspoor, van links. Pasop! As jy nie 'n trem sien nie, moenie dink jy kan sommer loop nie. Sommige taxi's het 'n 'vergunning' om op die tremspore langs te ry! Nou kom die tremspoor van regs. Geen klokkies of taxi's, oukei, proceed with care, tot by die gewone karbaan. Kyk regs. Proceed with care again ... tot by die fietspad! Geen klokkies of 'n Hollander wat kliphard Hallo! skree nie? Stap dan maar oor tot op die sypaadjie. Jy het nou een straat oorgesteek in Amsterdam. Baie geluk. Volgende keer wag vir die groen mannetjie en stap rustig oor.

Op die fietspad kom jy ook nie net fietse teë nie. Invalide-karretjies mag ook daar ry, en dit is nie die oop scooter-tipe van karretjie nie, maar mooi, toe, klein miniatuurkarretjies. Ook bromfietse en bromponies maak gebruik van die fietslaan of -pad, dié met blou en dié met geel nommerplate. Ja, dis ook weer 'n ander storie. Maar jy is redelik veilig, minder as tien fietsers sterf jaarliks op Amsterdam se paaie. Maar nou ja, net 25 mense het in 2007 in Amsterdam se verkeer gesterf, so as fietser is die persentasie hoog.

Toe ek in die Bos en Lommer-buurt by 'n verkeerslig in Admiraal de Ruijterweg stop, kom daar so 'n jong, mooi meisie en stop voor my. Toe die groen fietslig aangaan, ry sy net voor my in die fietslaan. Haar gebreide bloesie trek 'n bietjie op en ek sien die deurtrekker waarvoor die meisies, en sommige ouer dames, so lief is, bo haar broek se rand uitsteek. Bloedrooi. Daar kom fietse van voor, ek kan nie verby nie en bly maar agter die meisie, ek kyk mos hoeka na al die mooi argitektuur en is glad nie haastig nie. Nou raak sy ongemaklik en begin haar bloes aftrek terwyl sy so half oor haar skouer na my kyk. Maar die bloes bly nie onder nie. 'n Paar sekondes later steek die bloedrooi stuk onderklere weer duidelik uit tussen die boude en die bloes. In die ry probeer sy nou om die deurtrekker terug in haar broek te trek, een hand op die fiets se handvatsel, en een al drukkende agter in haar broek in. Sy is redelik suksesvol en ek kan die rooi slang nie meer sien nie. Sy ry vinniger, ek ry vinniger, sy ry stadiger, ek ry stadiger. Fok die argitektuur, ek wag vir die onvermydelike. En dan gebeur dit. Die rooi slang skiet uit en is so duidelik soos 'n rooi verkeerslig tussen haar bloes en boude. Ek stop amper. Nou probeer sy plan twee, die bloes moet af. Sy rek aan die ding en probeer om dit tussen haar boude en die saal in te kry. Sukses! Ek kan niks sien nie .... tot sy die eerste speed wobble kry, dan spring die bloes weer halfpad haar rug op. By die volgende verkeerslig trek ek so half langs haar in, ek hoor haar iets mompel van "kont". Eers wil ek kwaad raak dat die vrou my so wil slegsê, toe onthou ek kont is maar net Nederlands vir boude. Nou ja, dit was die einde van my kontkykery vir die dag. Ek wou haar nou nie verder ontstel nie. Ek het die res van die pad huistoe my bepaal by rondkykery.

Wat ek nou nie verstaan nie, as vrouens nou nie wil hê mans moet na hulle boude met 'n uitsteekdeurtrekker kyk nie, waarom dra hulle dit?

Miskien het die meisie net gedink ek is 'n dirty old man ...

Afrikaan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top