Ai Melt,
Was Saterdag op Ellispark. Die laaste toets wat ek daar gekyk het in 92 het ons ‘die vlag’ gewaai en die stem gesing. Louis Luyt was in groot kak. Ons het teen die All Blacks verloor, Naas was daai dag nie baas nie!
Die voorskou tot die toets was nice, die jeugdige poppies het roeringe bewerkstellig waarvan ek al vergeet het. Die sing van die volkslied was ʼn openbaring. Na 14 jaar ken meeste rugbykykers nog nie die woorde van Nkosi nie. Die woorde was op die groot skerm vertoon, wat niks gehelp het nie. Die stem is natuurlik gesing dat Ponte antwoord gegee het.
Vragie …
Sukkel ons met die uitspraak, kan ons die woorde nie lees nie of is ons nog te besig om met onsselwers te speel??? Die werklikhede van die lewe gaan ons blykbaar verby.
Big Joe se 50 en Monty se 99 was mylpale, gaan ons ooit ons eie Rubicons oorsteek?
Manne, sterkte vir Saterdag, daai donners uit die Suidsee is op ʼn mission.
Nkosi spooktrap
bblondie


