Bokomo-brekfisbrief; 31/08/08: Krugersdorp

  • 0

agter die masker 'n grootoog seun
heavy metal wat in sy bewussyn dreun
'n swaardlem klief deur die oggendlug
en die donker een gee 'n tevrede sug

in die hof is haar oë op haar kind vasgenael
dit was die dier, dis hy, hy't my seun weggehaal
en nou bly net wanhoop, bitterheid en haat
en sensasie wat maar altoos by alles sal baat.

Dementor

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top