Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
LitNet2008-07-11
Beste Koos, Verwysende na jou resensie van Alles mooi weer, net 'n paar opmerkinge. Vir die rekord was die vorige Genugtig!-boek wat jy in Rapport afgeskiet het Heita Kiewietan. Jy het toe tot by bl 61 gevorder en is genoop om jou lesery te staak ...
LitNet2008-07-11
Beste Kobus,In die paar maande wat ons hier gedagtes uitruil het ek 'n ietwat teensinnige deernis met jou ontwikkel. Jou onlangse briewe dui al meer op 'n man wat wanhopig aan idees/gedagtes/tye vasklou wat finaal in die niet verdwyn het.Deur die ...
LitNet2008-07-11
Julie, soos seker baie mense weet, is vernoem na daardie grootse Romein, Gaius Julius Caesar. Julie is nie net die maand waarin Caesar gebore (12 of 13 Julie) is nie, maar ook Nelson Rolihlahla Mandela se verjaarsdagmaand (18 Julie).Caesar en ...
LitNet2008-07-10
Armenië is 'n klein landjie aan die oostekant van Turkye. 'n Duitse vriend vertel my hy het daar getoer, en dis een van die bes bewaarde geheime. 'n Wonderlike land met baie om te sien en 'n ryk kultuur. Nou het ek 'n bietjie ge-Google, en ek ...
LitNet2008-07-08
In die 1980’s het ek vir ʼn paar jaar skoolgehou by ʼn Kleurlingskool in die Vrystaat. Dit was ʼn nuwe skool met pragtige skoolgeboue, maar niks anders nie. Dit was in ʼn baie arm woongebied en daar was geen ...
LitNet2008-07-07
So aan my oorvertel en nie gesien. Hoorsê-getuienis. Daar doer op Garies het oom Groot Willem net duskant die hoenderstellasie, wat Garies genoem word, geboer. Hy was Groot Willem genoem vanweë sy klein figuur, maar leeuhart. ’n ...
LitNet2008-07-03
Namib, ou pel , ou maat, mý landgenoot. Jy laat my vandag verlang na vergange se dae. Die dae van egte Oosweer, dik mis en ’n dosyn 5kg kabeljoue voor ontbyt. Ek onthou Swakopmund met snotgladde soutpaaie, Bonusmark en sy ...
LitNet2008-07-01
Die vrou staan oorkant SARS, by die robot. Die robot word groen vir voetgangers en sy stap so semi-uitlokkend en met lang treë op haar hoë boots, amper asof sy net vyf treë hoef te gee om oor die pad te kom. Lang, lang bene wat ...
LitNet2008-06-30
Ek was al in die vyftigs toe ek vir die eerste keer ʼn rekenaar leer ken het. Vroeg uitgetree weens gesondheid, het ek bedags by die huis gesit en tob oor my omstandighede: ʼn minder as wonderlike pensioen, my ma wat die huishouding ...
LitNet2008-06-27
Dat almal mekaar kan verstaan in hierdie land bly ’n wonder. Namlish kraai daagliks koning – Engels soos net ons Namibiërs dit kan praat. Verlede week het ek een hogere staatsamptenaar uitgenooi om die kursusgangers toe te spreek. ...
LitNet2008-06-27
ʼn Gelowige ou Tannie gaan staan elke dag soos klokslag op haar voorstoep, bid hardop en bedank die Here vir alles wat sy uit Sy hand ontvang. Die ongelowige man wat langs haar bly luister na haar gebede en telkens as sy klaar gebid het, snou ...
LitNet2008-06-27
Ek het Namib se brief oor rugby in die woestynland geniet. Dit bring vir my nostalgie van die rugbywedstryde wat ek in die toe nog Suidwes gespeel het. Soos die Amerikaners kan spog met Nam, was ek ook in Nam op ʼn stadium van my lewe. Ons het ...
LitNet2008-06-26
Meeste van julle sal weet dat Namibië nie eintlik baie mense het vir die grootte van die land nie. Veel erger nog so 'n klompie jare in die verlede en om toe rugby in so 'n groot land te probeer speel het, was nie 'n ding wat sommer so gebeur ...
LitNet2008-06-25
Oom Kobus de Klerk van die Oos-Transvaal besit sy plasie nou al vir donkiejare. Skuins agter die bloekoms het hy destyds vir sy kinders die plaasdam in 'n swembad omskep en goed ingerig met piekniektafels, braaigeriewe en vrugtebome. Een aand, so ...
LitNet2008-06-24
In my loopbaan in die staatsdiens het ek hoofsaaklik met syfers gewerk, maar hier in die ouderdom moet ek nou my hand waag aan die taalkunde. Ek sukkel nog om presies te verstaan wat bedoel word met die kreolisering van Afrikaans. Dit gaan ...
LitNet2008-06-23
Daar is min dinge wat so sag op die oor is as ʼn mooi stem. Ek onthou "die man in die Winston-fliekadvertensies" se stem. Oorverdowend in Sterland1. Hoe het hy nou weer gesê? Iets soos: "Winston, taste the adventure!" ...
LitNet2008-06-20
Verlede week se absolute wrede en moorddadige berigte in Beeld het my ontstel, bloot omdat die geweld sommer net so rondom my gebeur het. Sommer net so klinies, koud, afskuwelik en vir geen rede dan gewoon sielloos en dood nie. Van die slagoffers ...
LitNet2008-06-20
Namib,Ek lees nou al baie lank die briefwisseling op SêNet. Jou brief oor Henties dryf my om vir die eerste keer deel te neem.1971, my dienspligjaar, Walvisbaai, sand, verlange na Oesterland waar ek grootgeword het en vandag nog ʼn lewe ...
LitNet2008-06-20
ʼn Ryk sakeman hou ʼn wegbrekertjie-verlof op ʼn afgesonderde plekkie in Sentraal-Afrika. Die plekkie is baie rustig en die "kothuis" waarin hy tuisgaan is sommer ʼn paar treë van die meer se oewer af. Een oggend ...
LitNet2008-06-19
Yuri se brief oor die simpel APK-predikant van Kathu en sy skandelike optrede, het my ver en diep terug laat dink. Ek was ʼn tjokker in die laerskool op Olifantshoek toe Pierre Fourie en Bob Foster destyds slaags was. Ou Popo, ons meneer, het ...