Bokomo-brekfisbrief; 27/07/08: Sunday's a comin'!

  • 0

Ek is nie 'n kerkgaande mens nie. Want ek glo eenvoudig nie aan die kerk as 'n instelling nie. Die redes daarvoor is legio en nie iets wat ek hier wil bespreek nie en beslis ook nie 'n onderwerp wat oop is vir debat nie. Ek bid egter elke aand vir die wysheid om die regte besluite te neem om my in staat te stel om die beste eggenoot, kind, broer en mens en vriend te wees as wat ek kan. (Ja, ek wag steeds geduldig ...) My voet sit ek egter nie binne 'n kerk nie. Geloof is 'n persoonlike ding en ek glo elkeen sal op die ou end salig raak op sy eie geloof. Niks grief my egter meer as gelowe wat mekaar in die openbaar afkraak en verwerp met aansprake dat slegs hulle die enigste ware woord van god verkondig nie ...

'n Hele paar jaar terug , ek dink ek was nog werksaam by Southern Life, het ek die voorreg gehad om 'n motiveringspraatjie van die Amerikaanse sosioloog/dominee/aktivis Dr Anthony Campolo by te woon. Die hoofboodskap die dag was een van hoop en 'n positiewe gesindheid. Dit gebeur gereeld dat ek selfs vandag nog myself kry dat ek 'n frase uit sy praatjie vir myself herhaal. "Its Friday, but Sunday is a coming" Vir dié wat dit nog nie gehoor het nie, hier is die betrokke uittreksel uit die praatjie. Dit is 'n verwysing na 'n preek wat hy iewers in die "South" gehoor het. Vir my hou die stuk 'n onskatbare metaforiese waarde van hoop.

It's Friday, but Sunday's a comin'!
It’s Friday, but Sunday’s a comin’. It was Friday, and my Jesus is dead on a tree. But that’s Friday, and Sunday’s a comin’. Friday, Mary’s crying her eyes out, the disciples are running in every direction like sheep without a shepherd. But that’s Friday, and Sunday’s a comin’. Friday, some are looking at the world and saying, “As things have been, so they shall be. You can’t change nothing in this world! You can’t change nothing in this world!” But they didn’t know that it was only Friday, and Sunday’s a comin’. Friday, them forces that oppress the poor and keep people down, them forces that destroy people, the forces in control now, them forces that are gonna rule, they don’t know it’s only Friday, but Sunday’s a comin’. Friday, people are saying, “Darkness is gonna rule the world, sadness is gonna be everywhere,” but they don’t know it’s only Friday, but Sunday’s a comin’. Even though this world is rotten, as it is right now, we know it’s only Friday. But Sunday’s a comin’.

Neil Kroese

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top