Bokomo-brekfisbrief; 05/08/08: Waarskuwing: gevaarlike virus

  • 0

Ek het pas ʼn nuwe anti-virusprogram wat ek gekoop het op my rekenaar geïnstalleer toe dit my tref – ek het die antwoord gevind!! Soms heerlik om te sien hoe mense ernstig van mekaar verskil, maar op sinvolle wyse kan argumenteer en uiteenlopende standpunte kan stel.

Maar ek kon egter nooit verstaan hoe enige regdenkende en intelligente mens die vlak van redevoering kan bedryf soos verpersoonlik in die skrywes van Francois Williams nie (om beskrywende terminologie te gebruik uit Deon Knobel se brief: “snert en gif”, “kwylers en gifspuite”, “daagliks ....... tirades in talle briewe uit te braak” en dan is die stryd van die leser “om nie deur die gifbriefskrywers vertoorn te word nie”).

Nou weet ek wat aan die gang is: dit is eintlik ʼn virus waarmee jou rekenaar via LitNet aangetas word – die “Francois Williams variant” – dit besoedel die webblad, vertoorn jou as jy dit lees, en is deurtrek met onlogiese denke, ʼn riool-mentaliteit, en is sommer gewoonweg snert. Die enigste raad hierteen is skynbaar om soos dikwels aan die hand gedoen deur die outoriteite: moet dit tog in hemelsnaam nie oopmaak nie – dan kontamineer jy alles – insluitend jou vermoë om helder en rasioneel te dink en te argumenteer, en lok dit jou uit om die program te sluit en nie verder die debatvoering op SêNet te volg nie. Wees gewaarsku.

Bloemben

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top