Bokomo-brekfisbrief; 31/07/08: Pilote en vliegtuie wat in berge vas “reverse”

  • 0

Ek weet nie waarom daar nou so ophef gemaak word van die Quantas-vliegtuig se “insidentjie” nie. Is dit omdat dit ʼn eerstewêreldse lugredery is of nie? Die Amerikaanse lugvaartorganisasie stel elke jaar ʼn ongeluksverslag vry wat die insidente en ongelukke wêreldwyd aanhaal. Afrikalande is by verre die meeste skuldig aan ongelukke en ongerymdhede wat die lugvaartbedryf betref. (Insidente in die lug en op die grond) Wie kan onthou van die dom moer wat op ʼn vlug van Richardsbaai die deur oopgemaak het want sy vet gat het warm gekry in die vliegtuig? Dit was so vier vyf jaar gelede op ʼn SA Express-vliegtuig gewees. Die beste lugredery waarmee ek al gevlieg het was SAS, nie dat ek op veel ander al gevlieg het nie. Ek was ook al in ʼn vliegtuig waarvan die olie uit die enjin teen die vlerk afgeloop het. Die pilote het ook gekyk hoe hard hulle die vliegtuig kon neersit. (Die jewels is uit my watch uitgeskud.)

Ons SAA se dames was voorheen gekeur en goed opgelei. Deesdae weeg hulle die mense in. Die laaste keer wat ek my pote op ʼn SAA-vlug gesit het, het die dame my amper uit die stoel uitgestamp met haar heupe. Hulle het ook in die kombuis-area staan en klets en rumoer terwyl die passasiers se tonge aan hul verhemeltes vasgeklou het. Ek was soos ʼn herd in dorre streke, hunkerend na die genot van ʼn moutsappie. Ek is nie ʼn geruste makrostraler-passasier nie. Ek sit ook graag agter in die vliegtuig want niemand het al gehoor van ʼn vliegtuig wat in ʼn berg vas “reverse” nie.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top