Bokomo-brekfisbrief; 02/08/08: SureSlim die in-ding

  • 0

Melt, mag ek ook aansluit by die wellus clinic, asseblief! My oog het die advertensie op die brieweblad gevang en nou verstaan ek ook die voordele aan wellus verbonde. Ek hou veral van die: “Gesonde, volhoubare gewigsverlies met ons eetprogramme, spesiaal ontwerp vir elke individu.” Veral omdat ek ’n gesonde lus aan my het.

’n Aptytwekkertjie, veral as sy so tussen die slaaiblare lê, is net die regte lusmakertjie voor die groot maal. Ek sal eenvoudig nié ’n maaltyd mis nie. Dink net hoe vinnig én hoeveel gewig ek gaan verloor. Nes jy!

Al wat my regtig bekommer, op hierdie stadium, is die aanvangs-eetplan. Jy sal my moontlik kan help? Is dit waar dat wanneer jy aansluit hulle sulke dik oorgewig ou tannies kry wat jóú wil eet? Soos ek verstaan help julle mekaar dan. Jy kry oefening deur weg te hardloop en sy deur te jaag. Daarvoor is ek te vinde, al is dit net om tot die volgende stadium te vorder. Wat my egter ontstel: wat doen sy met jou indien sy jou vang – eet jou, soos ’n mielie?

Die ouens wat vir die ander span bat is glo ook nogal gewillige deelnemers by die wellus clinic. Iemand loop glo en vertel dit is vir hulle ’n raps-sodie om deur dié “ete” te werk. Ek kan nie onthou of dit Namib of Oom Daan was nie.

Ek dink ek verstaan ook die SureSlim-gedeelte; jy moet slim wees om weg te kom van hierdie tannies: dís vir sure.

Smaak my jy maak ’n vraat van jouself! Veral as ek na jou foto kyk en sien hoe maer jy geword het.

Psst, ek wil nie hê almal moet weet nie, so hou dit tussen ons. Ek verstaan Viagra, saam met hierdie wellus dieet, help om die kilogramme vinniger af te skud ... Is dit waar?

Swerwer

(Swerwer, ek lewer eerder geen kommentaar nie. – Melt Myburgh)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top