Bokomo-brekfisbrief; 23/07/08: Vloek

  • 0

Die vloekwoord is ʼn normale en gesonde deel van enige taal. Om dit te ignoreer is om ʼn baie belangrike deel van ʼn taal te ontken. Dit is ʼn kragtige vorm van uitdrukking wat ʼn sekere deel van menslike emosie weerspieël wat geen ander woord kan nadoen nie. Daai menslike emosie is deel van ons almal, dit is in ons genetika en ons primêre oorlewingsinstink vasgelê. Om dit te ontken is huigelagtig by uitstek. ʼn Taal is ʼn lewendige entiteit met ʼn siel van sy eie. Om dit volgens sekere bewegings of groepe se oortuigings en morele waardes aan bande te lê is om die Taal te verklein. Dis taal-moord.

Ek is geseën met ʼn besondere talent vir vloek en ek is trots daarop. Selfs in die laerskool by ʼn voortrekkerkamp kan ek onthou hoe ek voor die onderwyseres vir ʼn ander laaitie vertel het hoe ʼn groot doos hy is. Dit het natuurlik gekom en ek kon nie haar aggressiewe optrede teenoor my verstaan nie. In daai oomblik het dit vir my geheel en al sin gemaak en korrek geklink. As jy ʼn doos is dan is jy ʼn doos. Dis gestroop van enige etiek of moraliteit. Dis eenvoudig net ʼn doos-oomblik. Ek was ook al baie kere ʼn doos, dit gebeur met ons almal. ʼn Doos is egter nie dieselfde as ʼn ‘stoute kabouter’ of ʼn ‘ondeunde seun’ nie. ʼn Doos is ʼn doos.

Ek hoop almal wat dit lees het ʼn fokken lekker dag!

Chris Wait

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top