Bokomo-brekfisbrief; 30/07/08: SABC-nuusplegings

  • 0

Die SABC se nuuskantoor sorg gereeld vir snaaksighede wat ʼn heel ander betekenis aan ʼn stelling gee. Mens kry die indruk dat daar nie meer nuusredakteurs oor is wat oplet na sinskonstruksie nie. Of gemengde metafore nie. Of selfs blote logika nie.

Gisteraand se laatbulletin maak twee keer melding van "samesprekings oor Zimbabwe se politieke krisis in Suid-Afrika ..." (Maar dalk het die nuusredakteur bloot ʼn humoristiese insig in gebeure!)

Dit laat my sommer dink aan ʼn paar ander wat ek van tyd tot tyd neergeskryf het:

"Waaiende sinkplate besorg die inwoners hoofbrekens ..."

"Ruimtewetenskaplikes op die grond was in die wolke ..." (oor die sukses van ʼn proefneming).

"... enkele buie oor die Karoo wat suidwaarts uitbrei."

"Hy is gevonnis vir ʼn plaasaanval deur die hoërhof op Tzaneen."

"Vermoedelik het hy sy gesin geskiet voor hy homself doodgeskiet het."

"Hy is dood nadat hy selfmoord gepleeg het."

"Die oorledenes kan nie uitgeken word voordat hulle naasbestaandes nie in kennis gestel is nie."

Ek het nog ʼn klomp ander ook – sal weer ʼn bietjie hier rondkrap.

Groetnuus!

Swys

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top