Graag wil ek langs hierdie weg vir prof Hambidge bedank vir haar skrywe in By. Haar monduitspoel is vir ons soos purgasie. Ons sal ons egter daarvan weerhou om die uitskot van die purgasie hier ten toon te stel.
Ek dink oom Izak en Breyten et al kan nou maar kom saampraat – daar is mos nou nie meer hoë of lae holle op Sê nie. Ek verstout my om te voorspel dat ons met min medaljes ʼn nuwe woord-olimpiade betree. Die stratum waarin elkeen in sy hoekie gemurmereer het, word deur kuberwerklikheid verbreek. Tereg noem Krok dat die akademie en teorieë nie meer die elite domein van sekere mense is nie. Hoe anders kan ons ontwikkel en groei as ons nie tonge vleg nie?!
The peepol’s must speek.
Die tafel is gedek, ʼn fees is op hande!!!
Bon apetit.
bblondie


