Bokomo-brekfisbrief; 30/08/08: Yuri: oor Mickeys en Snorre

  • 0

 

Daar sê jy nou ʼn ding!

 

En wat my vervies van beroepsport: dis nie meer die kaptein se span nie - dis die "afrigter" se span. Dink nou terug so 10-15 jaar gelede: toe't jy nog ʼn span geken aan die naam van die kaptein. Wat ook reg is, want hy's die man wat speel en op sy voete moet dink, saam met spanmaats wat ook speel en op hul voete moet dink. En die roem kry en die blaam vat, want "aan die einde van die dag" was dit hulle wat alles gedoen het.

Maar nee, nou word die "dinkwerk" mos vooraf en agteraf gedoen deur die man daar bo in sy gerieflike losie. En hy hoef nie op sy voete te dink nie: hy word betaal om te dink hoe hy sy voete uit sy mond gaan hou. En die politici van sy faksmasjien af. (Ek wou jou iets vertel van ʼn vorige "afrigter", maar nou kan ek nie meer onthou watter een hy was nie).

En nog nooit tevore was daar die opvatting dat rugbytalent in ʼn gim aangeleer word nie. Daar laat dink jy my nou aan nog ʼn ding: die ou spul met die dik lywe en kaalkoppe wat deesdae speel. Ek verbyster my ammelee aan die spul 25-jarige ou vet bleskop-ooms wat internasionale rugby speel. Geen wonder die ou spul kry aanhoudend seer nie. (Hoekom dink ek nou skielik aan so ʼn lang, dun vleuel van toeka se tyd wat twee drieë met ʼn gebreekte sleutelbeen gaan druk het).

Maar laat ons rustig naweek hou.

Groetnis!

Swys

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top