SêNet-briewe
Leopard's Leap-leesmedalje: Dana Snyman: flitse uit die pen van 'n stil man met wit kneukels
2007-10-02 Dana Snyman: Anderkant die scrap (Human & Rousseau, 2006) Die boek, ‘n samestelling van nege-en-veertig kort vertellinge, lees soos vinnige flitse van historiese en hedendaagse werklikhede in ons land en het ‘n dokumentêre tipe ...Leopard's Leap leesmedalje – Horrelpoot deur Eben Venter
2007-08-13 Daar is boeke wat jy wil lees, maar wat jy nie mag lees nie, soos byvoorbeeld André P Brink se Kennis van die Aand in die 70’s en DH Lawrence se Lady Chatterley's Lover, wat ek as tiener wou lees.Dan's daar boeke wat jy moet lees, maar ...Leopard’s Leap-Leesmedalje: Dad – Joan Hambidge
2007-05-10Hambidge se Dad word ‘n werklike belewenis in bekende eenvoudige woorde, ‘n woordbegeleiding na die verlede … Dad word gou ook jou Dad, jou grootouers, jou Ma en jou verlede. Dad word lewend in die plekke waar jy jou familie, met ...
Tekort aan Insig die rede
2007-05-02 Ek wil graag aansluit by Joan Hambidge se treffende doodsberig oor die besluit om Insig se nek om te draai. Die feit dat ‘n gehalte-tydskrif opgeoffer is terwyl die een poniekoerant en selebriteits-aanbiddingsblad oopgemaak word deur diegene ...Die dissonansie tussen Insig en Afrikaners
2007-05-02 Die tydskrif Insig is bloot net nog ‘n slagoffer van die toenemende dissonansie tussen die Afrikaanse intellektueel en die perswese (nie dat laasgenoemde noodwendig of selfs enigsins deel is van eersgenoemde nie) en die gewone Afrikaner aan ...Aan al julle tennis-fundi’s: Federer en die Australiese Ope
2007-01-26 Ek kyk hoe Fernando Gonzales met indrukwekkende kragtennis (wat Nadal altyd gebruik om sy opponente mee te klop) vir Nadal van die baan afvee. Ek geniet dit terdeë want ek hou al die jare niks van sy arrogante gesig nie. (Ek neem kennis dat ...Eben Venter kokhalsend na die Geliefde Land
2006-10-27 Eben Venter se Suid-Afrika van die toekoms is, met apologie aan Winston Churchill, ‘n nagmerrie binne in ‘n skrikbeeld, toegedraai in ‘n angsdroom. Uit sy nuutste boek Horrelpoot blyk egter dat sy apokaliptiese visies ...Engemi en Jan de Bruyn
2006-10-24 Engemi Ek loop al vir 'n paar dae met gedagtes oor jou herinnering aan Jan en die gebeure na die publikasie van jou "plagiaat pleging". Is dit nie ironies dat hierdie debat juis gaan rondom Jan nie, wat ook al na die ...Jan de Bruyn
2006-10-18 Engemi Ferreira se gedig "By afsterwe van die digter Jan de Bruyn" begin so: So baie baie herinneringe deur so baie jare Van my bestaan ...Oor Jan de Bruyn
2006-10-17 Ek het iewers gehoor dat Jan de Bruyn oorlede is, maar nie geweet of dit dieselfde Jan de Bruyn was wat ek geken het nie. Toe ek nou Engemi se gedig oor hom lees, is iets in my geraak en het ek ’n bietjie navorsing gedoen. Dit wás hy. ...Die aspirant-skrywer en dig-otomie
2003-04-30"Een saak waaroor Pieterse tereg opgewonde raak, is die herontdekking van 'orale' digkuns in sy verskillende vorme. In ’n sekere sin word ’n nuwe dig-otomie hier aan die orde gestel wat meer belowend is as die een tussen die digbundel en die manuskrip in die laai."
Julle raak regtig vervelig
2000-05-24"Ek merk ook op dat omtrent elke derde brief, soos ’n vasgehaakte plaat, dieselfde ou deuntjie oor en oor speel, naamlik dat die kerk en die broederbond te blame is — en in dieselfde asem die ou NP!"
Breek met die establishment?
2000-05-24"Uiteindelik is die vraag, lyk my, nie of ’n mens binne die stelsel gebly het of nie, maar of jy vir verandering gewerk het of nie."
Vat hulle, Boetman
2000-05-18"Ditsem, Boetman, vertel hulle! Vat hulle aan! Sodat die wat ore het om te hoor dit kan hoor. Buiten dat ek nou nie juis jou oom Willem vir wie jy so die moer in is se lewensverhaal met baie groot ywer gevolg het nie, is dit net so goed soos ekself wat die relletjie met hom aan het."
Die pot en die ketel
2000-05-17"Ek het dit natuurlik sien kom: hier is nou uiteindelik ’n lekker 'chip' om op jou skouer te dra, as jy ’n (middeljarige) wit man is. Waar Louw juis bedoel het om die beterweterige en skynheilige ou garde so ’n bietjie terug te bring aarde toe, het hy nou self die skyf van woede en frustrasie geword. Nie hy persoonlik nie, maar dit wat hy verteenwoordig: die generasie van wit mans tussen die ouderdom van so 30 tot 50."
Die Boetman-generasie kan ook uitbuit
2000-05-17"Beste Chris Louw. Jou brief word deur baie wit middeljarige mans gebruik (miskien, dink ek hoopvol, dalk ook misbruik)."
Boetman, gooi ’n serwituut-paartie
2000-05-12"Ek stel voor Faan van der Merwe en buurman Chris Louw gooi ’n moerse paartie daar in die serwituutpad teen die hang van die Magaliesberg … miskien is daar nog vleis aan die hondekarkasse vir so ’n klein braaivleisie. En nooi sommer vir Boetman ook ’n slag, mense … hy’s nog nie klaar gepraat nie!"
Boetman-brief: Nog ’n prys
2000-05-11"Elkeen wat my ope brief aan Willem de Klerk lees, behoort te besef ek dink nie hy en sy geslag het enige morele reg om aan Afrikaanssprekendes — en veral Afrikaners — voor te skryf hoe ons ons rol in die nuwe politiek moet uitspeel nie."
LitNet se eerste SêNet-brief (1999): Lekker gelees
1999-01-21"Dis in die moeilike ekonomiese en politieke tye nodig dat die Afrikaanse woord vertroetel word, dat daar met hom rondgespeel word, sodat hy nie net aan die lewe kan bly nie, maar kan groei en gedy."
