Bokomo-brekfisbrief; 12/05/08: Nuusflits aan almal met oogklappe aan

  • 0

Onlangs het ek so bietjie navorsing gedoen oor die aantal moorde per populasie. En omdat ek ʼn statisties-gedrewe persoon is, het ek dit nogal interessant gevind.

Top 10 lande – Aantal moorde in 2007 (vanaf hoogste):

Indië (37,170), Rusland (28,904), Colombië (26,539), Suid-Afrika (21,995), Mexico (13,829), VSA (12,658), Venezuela (8,022), Thailand (5,140), Oekraïne (4,418), Indonesië (2,204).

Top 10 lande – Persentasie vermoor van totale bevolking in 2007, net die top 10 lande hierbo in ag geneem (vanaf hoogste):

Colombië (0.0005749%), Suid-Afrika (0.0004527%), Venezuela (0.0002901%), Rusland (0.0002028%), Mexico (0.0001298%), Oekraïne (0.0000956%), Thailand (0.0000804%), VSA (0.0000413%), Indië (0.0000317%), Indonesië (0.0000095%)

** Bronne: http://unstats.un.org en http://www.nationmaster.com.

Ek wil rêrig nie die geweld-en-misdaad-perd holrug ry nie, maar ek voel dat iemand net “feitlike bewyse” moet publiseer en kan staaf – soos hierbo gedoen.

Soos ek aangedui het in die statistieke hierbo, is Suid-Afrika nommer vier. Die skrikwekkende ding is dat ons ook tweede is as dit kom by persentasie moorde per bevolking: 0.0004527% (tweede na Colombië).

Daar moet redes wees vir die lande in die top tien, nie waar nie? Onvoldoende polisiëring, depressie, etniese vrees, dwelms, korrupte staatslui, armoede, afguns op jou medemens, en dies meer. Die feit bly staan: Ons in Suid-Afrika het ʼn probleem. Al die bogenoemde redes is almal van toepassing op Suid-Afrika; veral etniese wrywing en afguns. Die media is besig om rassegroepe teen mekaar op te sweep (Reitz-voorval, Skierlik-moorde, David Bullard, Jon Qwelane en die FBJ-fiasko, kwotas by die werk en sport). Verlede week is ook bekend gemaak dat wit werknemers 450% meer as hul swart eweknieë verdien. Kyk, as dit nie haat vir die ander ras aanblaas nie, weet ek regtig nie.

Die media is besig om stadig maar seker die spreekwoordelike “Pandora’s box” oop te maak. Ongekende haat is besig om na vore te kom van alle kante af (swart, wit, gekleurd). Dis net ʼn kwessie van tyd ...

Groete,

Benna

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top