Bokomo-brekfisbrief; 14/05/08: The Dating Game: 'n middeljarige perspektief

  • 0

Nes geen mens by hul volle positiewe sou kies om homoseksueel of 'n Dopper te wees nie, sal niemand willens en wetend-wat-op-hulle-wag in hul middeljare skei en die 'dating scene' betree nie.

So. Jy is geskei, met of sonder skrapnelwonde, met of sonder aanhangsels (die soort wat veeartseny- en/of skoolfondsrekeninge behels). Dis 'n gegewe dat jou bankbalans, of jy nou die klaer of die respondent was in jou saak, tot die droesem geledig is.

Jy is derhalwe nou algeheel 'broke' en ook relatief brokenhearted, het die helfte van jou vriendekring en heelwat van jou selfvertroue verloor, en begin jou familie irriteer omdat jy nie kan rigting kry nie.

Jy het óf te maer óf te vet geword, en lei aan allerlei voorheen ongediagnoseerde en ondiagnoseerbare gemoedsteurnisse.

Ideaal geposisioneer, dus, om jouself op die vrye mark as vrymateriaal aan te bied.

Welcome! You are about to embark on the most hideously self-destructive adventure of your life!

You are entering the Dating Game ... Soos Playstation, maar met meer wonde, en geen oordraagbare lewens nie.

Dis soos om donkerkamertjie te speel, met ... OK, I'll leave that up to your imagination.

HIV looms in the background, it always does ...

(As jy jouself in 'n vrye radikale posisie bevind vanweë afstanding aan die dood, vra ek by voorbaat om verskoning. Die lewe is wreed, ja, maar niks so wreed as die middeljarige dating game nie.)

Stap een. Jy is ooglopend eensaam en seksueel gefrustreerd maar andersins relatief stabiel.

Enter die Blind Date, overgesetsynde: Hell is other people.

Die eerste 'blind date' of twee, of selfs méér indien jy nie al in jou vroeë twintigs jou donnerse les geleer het nie, sal die notorious 'friendly look – see blind date' wees, gereël deur toekomstige eks-vriende. (Onnodige verdere parentese – daar is geen vinniger wyse om vriende te vervreem as om nie met hul keuse van jou beste volgende kans oor die weg te kom nie. Been there, done that, booted out of the book club.)

Les Een: Niemand is ooit desperaat genoeg vir 'n glas wyn en 'n aand se lustelose kniedruk om ooit, ooit op 'n blind date te gaan nie. Nie as jy 19, 29, 49 of 109 is nie. Just say NO. Fabriseer 'n breinbloeding as jy moet. Jou hond s'n, joune, jou buurvrou s'n, al bly jy op 'n plaas. Just say NO.

Volgende op jou rollercoaster liefdesreis is die Random Party Factor.

Jy en jou lolpartner vir die aand loop mekaar raak by 'n geleentheid, en eindig na heelwat te veel van die gasheer se baie goeie drank in etlike compromising positions in lokale wat selfs die troeteldiere en karwagte skrikmaak, en die ervaring veroorsaak dat julle mekaar daarna in openbare plekke soos hysers en parkeerareas vermy/gryp en woes bloos by nagedagte aan die insident.

Les Twee: moet nooit, ooit oorvertel wat gebeur het nie, nie eens aan 'n priester of jou sielkundige nie. Delete jou Facebook-profiel summier, en wees verseker dat foto's van jul indiskresie êrens gaan opdoem op die Internet wanneer jy dit die minste verwag of kan verteer.

Daarna kom bes moontlik die kortstondige en ill-advised, headlong rush of blood to the head and elsewhere passievolle liefdesverhouding. Die eerste keer wat jy in jare werklik verlief is en versink in 'n ander wese.

Get fucking real.

Give it two or three weeks, six at the most.

Hierdie soort verhoudings vat gewoonlik vonk rondom vakansietye, high days and holidays.

Hy of sy mag dalk eendag 'n goeie vriend/in word, kanse is eintlik dat hy of sy wel voorheen 'n baie goeie vriend/in was. Dit gaan intens wees, een of albei van julle gaan onophoudelik en ontoepaslik praat oor vorige verhoudings.

It inevitably ends badly, met heeltemal te veel teksboodskappe, verhoogde adrenalien, onvervulde verwagtinge en gewoonlik die verlies aan 'n baie goeie gespreksgenoot wanneer jy dit die meeste benodig.

Daarna volg 'n lang wyle in die wildernis. Dis hier waar jy begin eksperimenteer met drank, seksspeelgoed, Internet dating sites, die begeerte om alles wat jy tot dusver gedoen het om 'n bestaan te maak na die wind te gooi, compulsive shopping, nuwe hobbies, geloof, en allerlei kak te besoek teen jou beterwete in.

Jy ervaar soms die drang om jou naam te verander en na 'n ander land te trek. Van al jou verantwoordelikhede ontslae te raak. Jouself te vind, diep te delf of af te duik en heeltemal veranderd na die oppervlak terug te keer met 'n boodskap vir die mensdom.

Maar daar is nooit 'n boodskap nie, nie op jou selfoon nie, nie per e-pos nie, en nie aan jouself nie. Nie een wat tot jou gaan deurdring nie, ten minste.

Min of meer aan die einde van hierdie fase gaan jy tien teen een weer verstrengel raak met een of meer van jou voormalige lovers, wat nou reeds in 'n verhouding is, maar na bewering nie jou allure kan weerstaan nie.

Hotelkamers, kredietkaart-abuse, leuens, hartseer en verlies gaan groot figureer hier, sowel as die gebruiklike ekstase. Weereens styg jou selfoonrekening eksponensieel.

Dit mag lank of kort duur. Dit gaan pynlik wees en lelik eindig, met jou selfrespek in 'n emmer.

Maar daar gaan 'n dag kom wanneer jy besef: jy is nou alleen.

Hulle ook, jou dating game maatjies.

Ekstatiese seks, eensaamheid, drank, leuens, begeerte, verlies, hotelkamers, die Internet, woede, vergifnis, speletjies, skelm vakansies, hoop en teleurgesteldheid, dit als som min of meer die middeljarige dating game in 'n neutedop op.

En dis alles die Here se manier om vir jou te probeer vertel dat Hy tienderjarigheid vir 'n rede geskep het, en jy hoort tot jou sinne te kom voor die Grim Reaper op jou drumpel vir jou kom lag. Want daar is BAIE om oor te lag.

Skryf ek dit alles, ja, wetend dat daar 'n Karmelietiese Orde êrens is wat my binnekort kan verwag.

Groete

Katryn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top