Ek kan nou vir jou ʼn paar verduidelikings vir jou droom gee en wat heel eerste in my gedagte kom is dat Kobus de Klerk vir jou sal verklaar dat dit ʼn teken van die eindtyd is.
“Mense sal drome droom en gesigte sien.” WHA!
My uitleg is egter dat jy op dié stadium in jou lewe besig is om na ander horisonne te kyk, maar nie ’n daadwerklike besluit kan neem nie. (Daarom dat die totempale heeltyd beweeg.)
Die digteres vir wie jy baie respek het, is iemand in jou lewe met wie jy ’n noue band het en wil jou besluite met haar bespreek, maar jy wonder of sy dit in ’n ernstige lig sal sien of dalk haar gat af sal lag.
Die knorrige klomp skrywers is waarmee jy jou op die oomblik besig hou en jy sien hulle omdat die klomp op hierdie stadium so ʼn werklike deel uitmaak van jou lewe.
Die glasware wat spat, dink ek, dui daarop dat jou besluit, wat ookal, meteens sal kom. Maw, jy sal een oggend opstaan en skielik ’n vaste besluit maak.
Terapie? Nee wat, jy klink nog heel okay!
Anneke Barnard


