Bokomo-brekfisbrief; 11/05/08: Spesiaal vir Fransie van China

  • 0

Ek was vandag skoon pootuit gewees;
moes so baie van Fransie se briewe lees.

Is die outjie dan nou so verveeld
met sy Chinese dames, uhm, effe onderbedeeld?

Duidelik is die werksure heel kort in daardie land.
Miskien moet hy bietjie verder blaai in die koerant
en loer onder die kolom ... VAKANT.

As ek die dag oopslaan en ek sien sy naam,
dan hoes en proes ek en kan nie verstaan

dat ʼn man met so baie tyd op hande,
en nog koerante deursoek met sy tande,

vir ons kom staan en mooitjies vertel,
waar hy bly is dit hemel
en hier by ons is dit hel!

En Francois, moet nou net nie
die panty verloor nie.

Dis nou nie asof ons regtig dink
jy is heeltemal goor nie.

En los tog maar vir CP uit;
hy sal jou deur jou eie ribbes smyt.

En hou op om Blou Makou uit te lag;
hy is een van die ouens wat vir jou wag

Oe, en Oester moet jy liewer paai.
Hy wag hoeka met sy verkyker daar op die kaai.

Los tog ook vir ou Kosie de Klerk;
hy dink maar net dit is sy werk.

Rig minder skrywe en begin te spaar
vir ʼn mediese fonds, want met jou is dit klaar.

Jou stokkies en mooipraat gaan min help, ou maat;
jy maak net te veel mense kwaad.

Observer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top