Bokomo-brekfisbrief; 15/07/08: Komiese krieket-"blapse"

  • 0

Daar’s, dink ek, ’n boek met allerlei snaaksighede wat oor die jare uit die monde van krieketkommentators gekom het. Dis natuurlik nie rêrig "blapse" nie – dis bloot (heel toevallig) ’n komiese samekoms van vanne en krieketterminologie.

Saterdag, daar van Lords af, was die ouens ’n paar keer (heel onwetend!) op hul stukke. Dit kan ook nie anders nie, veral met ’n van soos "Sidebottom".

Die eerste keer dat ek gedink het hier kan dalk sports wees, was toe die dreigende reëntjie nie uitgesak het nie, en een kommentator opmerk: "The sun is shining and Cook’s under his helmet."

Toe begin Sidebottom boul, en dis natuurlik gereeld "Sidebottom over the wicket." Een van die kommentators vertel dat Sidebottom ’n "middle brother" het, en toe begin ek wonder oor die oorsprong van die van, en die relatiewe posisiëring van verskillende familielede se sitvlakke.

Ook nie lank nie of een van die ouens kom met hierdie een: "Sidebottom’s cut square on the offside." Dit hoort in die annale!

Dis jammer dat Sidebottom nie McKenzie se paaltjie in die eerste beurt gevat het nie, want die volgende kon ook meriete gehad het: "Sidebottom got him around the legs."

In elk geval, kom ons hoop die Proteas se tryd om gelykop te speel is suksesvol.

Groetnis,

Swys

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top