*Ek hoor nou net op RSG se 'Musiek sonder grense', na 'n Afrikaanse liedjie deur die /Africa Tenors/, die aanbiedster sê mens moet die feit waardeer dat hulle bereid is om in Afrikaans te sing. BEREID? Sal iemand ooit sê Dozi is BEREID om in Zoeloe te sing?
Ons Afrikaners is darem so 'n dankbare nasie; kyk hoe bly was ons toe Jeremy-hulle die Highveldbaas uit sy kantoor uitgelok het sodat hulle 'n Afrikaanse liedjie kon speel. En dan is daar nog Afrikaners wat na Highveld luister. Lyk my die Francois Williams gatkruipsindroom vat al hoe wyer pos. Terloops, iemand kan gerus die /Africa Tenors/ 'n paar elokusielesse gee voor hulle weer bereid is om 'n Afrikaanse liedjie te sing; daardie Engelse aksent is darem net te erg.
Jan Rap


