Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
LitNet2011-04-04
Die ou mense het mos geglo aan ’n stomp. Nee, nie die soort wat jy in die vuur gooi of voor wie jy in jou onnoselheid neerkniel nie. ’n Stomp, man. Een vir jou kies. Ene wat jy direk by jou "slams"-kontak gekry het. Hy moes hom self ...
LitNet2011-04-01
Mense, met enkele uitsonderings, is soos rekenaars met beperkte vermoëns wat slegs 'n enkele program kan hanteer, naamlik geloof.
Hulle kan daarmee hemel toe vlieg, maar nie na die maan toe nie.
CM
LitNet2011-04-01
As daar nou een ryding in Afrika is wat 'n standbeeld verdien, dan is dit die donkiekar. Mense wat gerieflik lewe het nie 'n idee hóé belangrik so 'n donkiekar is vir 'n man en sy familie wat ver weg in die veld op 'n ...
LitNet2011-04-01
Hier in ons geweste is daar twee tipes bruinbrood. Soms, so sê die mense, was sommige manne liewer vir die bruin- as die witbrood. Loop steeds rond, in hierdie eeu van kwasi-verdraagsaamheid met die stigma wat aan hul kleef. Oor die brood....
LitNet2011-03-31
Daar het jy nou jou susplek gekry. Een volmaakte handbreedte buite begrip. ’n Komma naas die repeterende res. Apart. Nie die kalbas waarin die sorghumbier hande wissel nie maar Afrikaans se heilige graal. ’n Reliek vir stof.
...
LitNet2011-03-30
Sit ek hier en onthou. Ek is geneig om sekere datums te onthou. Die bulhonde lê om my voete en gee nie om nie. Ek is stadig maar verseker besig om gekletter te raak. Dit is waarvoor hulle nie omgee nie. Honde doen dit. Hulle aanvaar jou. ...
LitNet2011-03-29
Hier bokant toe, so net so doer duskant Twyfelfontein se wêreld daar in Damaraland, op 'n Saterdagmiddag, ry die manne met hulle Cruiser op pad na êrens en kom by 'n toe plaashek aan en voor die hek staan 'n donkiekar met donkies en ...
LitNet2011-03-28
As jy ooit iets met Oesterland of hierdie geweste te doen gehad het sal jy weet van Rob. Rob van Rooyen. As jy jou lewe of jou vrou s’n wou verseker het jy mos maar na Rob toe gekom. Hy het jou geken van jou eerste voorsaat af en het genoeg ...
LitNet2011-03-25
Ou Willem kon sy dop gooi en hy kon hom vat ook. So haak hy daar by Welwitschia die dag vas en gaan aan't suie tot dit toemaakuur is en toe is hy in sy bakkie daar weg plaas toe ... maar hy ry omtrent alles raak en op die ou end trap die sersant ...
LitNet2011-03-25
Ek sit aan tafel by die skool-reünie. Almal om my spog met hul grade en avonture van ’n leeftyd, man van die soort wat jy net van lees in daai adventure magazines op die CAN-rakkie. Dit voel asof my keel toetrek en die wynfontein lyk ...
LitNet2011-03-25
Zero het soggens met haar Tata werk toe gegaan. In die biblioteek het sy agter die skerms verdwyn. As jy in ’n biblioteek werk, so is gesê, moet jy lief vir mense wees. Sy was nie. Sy was lief vir boeke.
By die werk het masjiene al ...
LitNet2011-03-24
Wie van julle ken van treinry in ou Suidwesterland? Dis nou in die jare vóór die mensdom vir mekaar kwaad geword het en die goeie GE-diesels geruil is vir Sjinese drek wat meer staan as loop? Die treindienste was mos maar fyn ...
LitNet2011-03-23
Tyd se gang het van jou ’n winkelhaak gemaak. Jou agterkleindogter Neleha was net te laat vir jou slaaptydstories. Deur die geslagte heen het ons jou oë verloor. Jou agterkleinseun Armandt se oë kan amper praat as sy wenkbroue ...
LitNet2011-03-22
Die Clydesdale-gemeenskap, wat bekend staan as The Village in the City, is in rep en roer. Vir die wat weet, is dit die woonbuurt regoor Loftus. Jy kan van Loftus se eetplek ‘n been oor Kirkness-straat gooi en jou hond daarmee voer.
...
LitNet2011-03-18
Beste Jan
My skoonpa het altyd gesê die Transvaal is tweekeer binnegeval; die eerste keer deur die Engelse en die tweede keer deur die Kaap (laasgenoemde nou verwysende na die koerantwese). Ek stem saam met hom, ek sou dit net meer ...
LitNet2011-03-18
Beste Wouter
Waarom verskil Australiese Engels van Nieu-Seelandse Engels? Waarom verskil dit van die Engels (of is dit al Amerikaans?) wat in die VSA gepraat word? En dit verskil weer van Suid-Afrikaanse Engels. Daar bestaan so iets soos ...
LitNet2011-03-18
Karin se Brekfisbrief oor haar motorfietsrit deur Afrika, laat my nostalgies terugdink aan my sentraal-Afrika-dae veel langer gelede.
Dit was Mau-Mautyd (1954 -6), 6000 Afrikaners, drie NG-gemeentes, Van Riebeeck-skool in Thomson's Falls (nou ...
LitNet2011-03-18
Ek het ook die RSG-program geluister waar die een dame so Engels tussen die Afrikaans gepraat het. Dit klink vir my aaklig wanneer mense so oor die radio praat. En tog meng ek self my taal en kan nie ’n rede gee waarom ek dit doen nie, ...
LitNet2011-03-17
Op ouderdom 40 was ek Oppikoppi toe (vir die eerste keer) ... nou, op 45 saal ek toe weer ’n wilde perd op ... ’n wilde ysterperd om presies te wees (BMW 650 GS ... nou al ’n paar duike ryker en een flikker en spieëltjie ...
LitNet2011-03-16
Die ou vertel vir my van die ou dae doer in die Kaokoveld toe almal mos maar vrek arm was en daar nie geld was vir luukses nie ... ook nie vir dinge wat dalk vandag as noodsaaklik beskou word nie.
So sit die twee ou broers, beide wewenaars, op ...