Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
LitNet2011-03-15
Verlede week was ek in die Paradys … die Okavango-moeras. Dis een van die ongelooflikste plekke op aarde en ek dink enige mens wat dit beleef het, se siel is driedubbel verryk daardeur.
Ons eerste verblyf was op Duba Plains, waarheen ons ...
LitNet2011-03-14
Ek swoeg kreunend, as deel van my reeds-verlore en futiele stryd teen die vetsug, op die been-boudmasjien by die Virgin Active. Een van my mede-oefenaars, wat ek gereeld daar sien, sien dat ek ’n Vrystaat-hempie dra. My gespreksgenoot is ...
LitNet2011-03-14Ek swoeg kreunend, as deel van my reeds-verlore en futiele stryd teen die vetsug, op die been-boudmasjien by die Virgin Active. Een van my mede-oefenaars, wat ek gereeld daar sien, sien dat ek ’n Vrystaat-hempie dra. My gespreksgenoot is kort ...
LitNet2011-03-11
Vrydag vertel ’n man my dat ek sy planeet besoedel. Dit breek sy hart om “groen mense” te sien rook. Ek word daar en dan sommer gedruk om die tweede gebod te resiteer. Julle sien, om myself lief te he is waar my probleme begin. ...
LitNet2011-03-11
John Stuart Mill (1806-1873) was die oudste seun van die Skotse filosoof James Mill (1773-1836). Albei het Jeremy Bentham (1748-1832) se utilitarianisme uitgebou. Daarvolgens behoort ’n indiwidu altyd op so ’n manier te handel dat dit ...
LitNet2011-03-11
Die afgelope naweek toe die familie weer bymekaar was dink ek toe weer aan dié storie.
Op ’n stadium, so ’n paar jaar gelede, kom ek af op n pak briewe wat dateer uit 1970/71 uit.
Ek was in die army en twee van my broers op ...
LitNet2011-03-10
Dit was nou vir my interessant om van jou ervaring te lees. Ek het presies dieselfde ondervind so paar jaar terug in die einste Parys. My man was hopeloos verward met al die boulevards en kon glad nie wis of hy hom nou eintlik aan die ...
LitNet2011-03-09
Hier by ons langs praat die mense mos nie van Suid-Afrika nie, nee, dis die Republiek. Die teerpaaie wat deesdae so reguit deurloop, het ook nie vir altyd bestaan nie. Daar was tye wat die mense van Suidwes eerder hulle karre op die trein gelaai ...
LitNet2011-03-08
Haar naam is Afrikaans. ’n Mooie meisie. Sag op die oor en ... Sy is jonk nog. Haar Pa en Ma was Hollanders en sy is as ’n probleemkind beskou. Sy is dikwels ’n “kombuiskind” genoem. Haar familie is deesdae darem lief ...
LitNet2011-03-07
Op een van ons noordedorpe was daar die ou onderwyser wat baie lief was vir tuinmaak en sy vrugtebome wat sy werf volgestaan het, was sy trots. Hy het hulle reg en gereeld gesnoei en as die weer te straf vir hulle was, dan het hy net omgetrek om ...
LitNet2011-03-04
Ons sit en gesels oor Voete en soos ons gesels so kom die onthou weer terug. Want met die tyd saam vervaag dinge mos en sit mens soms, as jy na my Geliefde Blou Dam sit en kyk met ’n varse glimlag sonder om regtig te besef hoekom jy glimlag. ...
LitNet2011-03-04
As 'n mens hier by ons warm kry, dan kry jy sommer rondom warm! In die Kaokoveld raak dinge mos sommer maklik oor die 50ºC en as die wind ook nog stilsaaan, dan ly jy. Genadiglik is dit 'n droë hitte en verdamp hy ook weer die sweet en ...
LitNet2011-03-04
Beste Jan Rap
Ek hou nog vol: Afrikaans met ’n Engelse aksent is nie Afrikaans nie. ’n Persoon mag dalk grammatikaal korrek praat, maar enige aksent verbreek kommunikasie tot ’n sekere mate.
Engels het ’n verbasende ...
LitNet2011-03-03
Nou die dag reken ’n jongerige toeris met groot arms en ’n baie nou T-hemp vir my op Swakopmund by ’n diensstasie dat hy eintlik baie teleurgesteld is in die Van Zyl's-pas in die Kaokoveld en was dit maklik om die ding af te ry, ...
LitNet2011-03-02
… het op ‘n kol ‘n briljante voorstel gehad; hy het gesê Afrikaners moet Engels in die Skotse aksent leer. Voer Skotse onnies in of stuur van ons onderwysers in die vak Engels soontoe of so-iets sodat ons uiteindelik ...
LitNet2011-03-01
Vertel P vir my van die dag toe hy by sy voertuig kom, en ek weet regtig nie of hy besig was om net nog ’n stadslegende te begin nie:
Want P ry ’n voertuig wat gesog is waar dit die vervoer van massas mense aanbetref: Volkswagen Kombi....
LitNet2011-02-25
Oom S is ’n legende in sy geweste. Om verskeie redes waarop ons nie in detail gaan ingaan nie. Een van die redes egter is dat hy ken van die vroulike viagra: diamante. Hy het grootgeword as ’n delwerskind en ek het ’n vermoede ...
LitNet2011-02-25
... dis ‘n feit! Die feit dat daar elf amptelike tale is, is ‘n grap. Jare gelede, met ‘n politieke gestryery gedurende ‘n braai (wat is nuut?) op ‘n vriend se plaas, en waar ek weer die enigste sogenaamde verkrampte ...
LitNet2011-02-25
Ek het verlede week ’n wyle in die Kaap deurgebring. Ek was die meeste van die tyd by ’n paar kampusse en spesifiek die Universiteit van die Wes-Kaap gewees. Aangesien ons so rukkie gelede ’n indiepte gesprek oor Afrikaaps op ...
LitNet2011-02-24
sonner’m koddig, snaaks te wees,
t’leef, vitaliseer, t’probeer Leef,
‘s ’n groot Saak, Geskied’nis,
kort storie oor ’n lang Storie,
vrae, veel meer as antwoorde
Mens se rot-resies, toeg’wydheid,
...