Bokomo-brekfisbrief; 17/03/2011: Arm dae

  • 0

Die ou vertel vir my van die ou dae doer in die Kaokoveld toe almal mos maar vrek arm was en daar nie geld was vir luukses nie ... ook nie vir dinge wat dalk vandag as noodsaaklik beskou word nie.

So sit die twee ou broers, beide wewenaars, op die winkel se stoep en hulle het ’n lekker vetrug stuk biltong in die hande gekry. Nou sit die een man met sy Joseph Rogers en hy kerf netjiese skyfies en die gee hy aan vir sy broer want die het valstande in en hy kou behaaglik. So vyf skyfies later, dan ruil hulle die mes en die tanne om en kry die ander broer sy koubeurt ...

Namib

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top