Bokomo-brekfisbrief; 20/03/2011: Motorfiets deur Afrika

  • 0

Karin se Brekfisbrief oor haar motorfietsrit deur Afrika, laat my nostalgies terugdink aan my sentraal-Afrika-dae veel langer gelede.

Dit was Mau-Mautyd (1954 -6), 6000 Afrikaners, drie NG-gemeentes, Van Riebeeck-skool in Thomson's Falls (nou Kwa-Uhuru) en Arusha (toe Tanganyika).

Ek het vir Thomson's Falls (Die Valle) se 1ste rugbyspan gespeel (daar was net een span!).

Jaarliks het Thomson's Falls teen Arusha gespeel.

Een jaar pak Die Valle se mense Vrydagmiddag op en ry al wat leef en beef na Arusha. Saterdagmiddag is die rugby-wedstryd. Die aand word tot kwart voor twaalf gedans, Sondag word teruggery na Thomson's Falls en volgende jaar kom Arusha weer net so Thomson' Falls toe!

Wie van die SêNetters was toe daar? Wil om weet of kollega Barry (RB) de Vos nog leef!?

Jan Maarschalk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top