Bokomo-brekfisbrief; 06/03/2011: Ken julle van warm kry?

  • 0

As 'n mens hier by ons warm kry, dan kry jy sommer rondom warm! In die Kaokoveld raak dinge mos sommer maklik oor die 50ºC en as die wind ook nog stilsaaan, dan ly jy. Genadiglik is dit 'n droë hitte en verdamp hy ook weer die sweet en kan jy hom vat, soort van. Tot laat in die mirrag as die westekant se windjie van die kus se kant kom oorstoot, dan's hy weer só lekker jy vergeet gou weer van die dag se brand.

Hierdie oom en antie het so 'n vet worshond gehad wat maar swaar gekry het in dié hitte en sy daaglikse taak in die somer was om van skadukol tot skadukol te trek. Dit was die nag toe volmaan en hulle mis die hond en beginne soek en daar kry hulle hom by die werf se groothek waar hy in die maan se skaduwee van die paal lê en skuil!

Namib

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top