Bokomo-brekfisbrief; 11/03/2011: Rigtingbedonderde Lafras

  • 0

Dit was nou vir my interessant om van jou ervaring te lees. Ek het presies dieselfde ondervind so paar jaar terug in die einste Parys. My man was hopeloos verward met al die boulevards en kon glad nie wis of hy hom nou eintlik aan die linker-of-regterkant van die Seine bevind nie! Hier plaaslik weet hy gewoonlik instinktief waar hy moet heen. Sal nou nie my eie sin vir rigting hopeloos noem hier ter plaatse nie, maar dit was voorwaar ook asof iets net ingeskop het in die Noordelike halfrond wat my ’n super ekstra woema-rigtingsin gegee het! Ons het die plek met ’n padkaart platgeloop en ek het heeltyd geweet waar ons is en nooit verdwaal nie. Om die waarheid te sê, my man was so deurmekaar dat ek later gevoel het hy breek my spoed. Het met soveel selfvertroue die vreemde stad verken en my remskoen van ’n man

het maar probeer byhou. Dieselfde het in Londen gebeur en ek is sedertdien oortuig ek hoort eintlik ook in die Noordelike halfrond. Wonder deesdae baie of my voorgeslagte nie maar in Europa moes gebly het nie!

Kan nie heeltemal met jou saamstem oor die GPS nie … mans vroetel gedurig met die simpel toestelletjie terwyl hulle eerder op die pad moet konsentreer …

Adieu

Lynt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top