Die Clydesdale-gemeenskap, wat bekend staan as The Village in the City, is in rep en roer. Vir die wat weet, is dit die woonbuurt regoor Loftus. Jy kan van Loftus se eetplek ‘n been oor Kirkness-straat gooi en jou hond daarmee voer.
Die roeringe in Clydesdale gaan oor die Bulls se twee agtereenvolgende neerlae. Nou volgens mite en feite is die dun lugdruk van die Hoëveld klaarblyklik die Bulls se bondgenoot.
Maar daar is manne in lang jasse, donkerbrille en hoede wat in Clydesdale rondsluip. Hul opdrag: “Vind uit wat met die hoenders van Clydesdale gebeur.”
Hoenders is volop in die gebied. En dit is waaroor die ondersoek gaan. Die hoenders van Clydesdale het die afgelope drie weke maar skraps bemes. Dus was die lug nie gevul met die Bulls se werklike bondgenoot nie – daai hoenderstank.
En gepaard hiermee, het die henne op ‘n lê-staking gegaan. Eiers word baie skraps gelê. En volgens geheime gesprekke dreig die hoenders massa-aksie. Toi-toi, baniere, opmars – die hele lot. Nie dat die Bulls vrot speel nie. Die hoenders het DEMANDS.
Die manne met die donkerbrille het kers gaan opsteek by hulle kollegas van die KGB, die CIA, MI5, Mossad – bykans by alle intelligensie-netwerke wat jy kan opnoem.
En die antwoord bly dieselfde; eintlik al vyf antwoorde (nie die vaste vyf nie).
Die eise is:
- Bakkies moet geweld afsweer.
- Matfield moet vir ‘n slag skeer.
- Wynand en Zane moet hulle hare sny.
- Die span moet in pienk truie speel – Vlou Vulle as jy my vra.
- Chilliboy moet meer byt kry.
Die eise is aan die Bulle se bestuur oorhandig. En die hoenders is ewe kordaat hieroor – MEET OUR DEMANDS OR ELSE …
Dit is daardie or else wat inwoners afskrik. Hoe gouer daar ‘n ooreenkoms is, hoe gouer sal daar weer gas is wat die lug vul wat die Bulls kan laat wen.
En dan is daar minder opruim werk. Wie soek nou ‘n tuin vol ou hoendermis.
Die petalje toon egter dat: IF THE PEOPLE SHALL GOVERN, THE CHICKEN WILL RULE THE ROOST.
Hoendergroete
Yuri


